|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 130
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die vertrek na Emmaus
130 Nou kom ook Ons Lasarus in geselskap van RafaEl die huis uit. Hy kom dadelik na Ons toe en wil iets sê; maar RafaEl gee hom `n teken en sê dat Ek nog wil rus. Toe hou Lasarus hom in en wag totdat dit vir My geleë was. Maar My rus duur nog slegs enkele oomblikke; Ek roep Lasarus self na My toe en vra hom of hy nou eers vir `n goeie en suiwer oggendmaaltyd sal sorg. Dit doen hy dadelik en hy sit al sy mense aan die werk. Dit duur natuurlik nog geen uur nie voordat die oggendmaal gereed was.
[2] RafaEl bied hom by hierdie geleentheid veel hulp, maar die keer op `n veel natuurliker manier as anders en daarom skep Lasarus ook vinniger op as anders, wanneer hy op natuurlike wyse so `n groot maaltyd klaarmaak.
[3] Heeltemal langs bonatuurlike weg mag dit nou nie vanweë die towenaars gebeur nie, wat alles skerp in die oog hou waarvan hulle dink dat Ek daar op die agtergrond iets mee te make kon hê.
[4] Toe die oggendmaaltyd goed versorg op die tafels staan, kom die herbergier van Lasarus, om hom `n teken te gee dat die oggendmaal reeds opgedien was.
[5] Lasarus gee my toe `n wenk; maar Ek sê aan hom: “Broer, dit het Ek ook goed sonder jou wenk geweet; maar vanweë die vreemdelinge was jou wenk tog wel goed, laat Ons dus opstaan en na binne gaan om die oggendmaal te gebruik!”
[6] Nadat Ek dit gesê het, staan Ek ook dadelik met die drie voornoemde leerlinge op en gaan die groot eetsaal binne, en alle aanwesiges volg op uitnodiging van Lasarus My voorbeeld.
[7] Sommige van My leerlinge vra hulle af wat Ek vandag wel van plan mag wees, omdat alles ietwat haastig gebeur. Maar hulle kry op die onnodige vraag glad geen antwoord van My nie, - kortom, Ek sit aan tafel, eet en drink en gee niemand antwoord op watter vraag ookal nie.
[8] Toe Ek baie gou met die maaltyd klaar was, vra Agricola My dan ook: “Maar, Majesteit en Heer, ek begryp U vandag glad nie! Andersins is U steeds so kalm en geduldig, maar vandag gaan alles so gehaas, dat U Uself nie eens die tyd gun om U maaltyd rustig te gebruik nie, soos wat ek dit van U gewoond is. Wat is U vandag eintlik van plan?”
[9] Ek sê: “Ek het julle immers gister al gesê dat Ek vandag by Nikodemus in Emmaus wil wees en om redes wat slegs aan My bekend is, ook moet wees. Maar die weg daarheen is vir Ons groot geselskap ietwat onvanpas; dit sal verstandig wees om langs verskillende weë in groepe van hoogstens tien persone daarheen te gaan. As Ons almal tegelyk in `n groot stoet op reis gaan, sal dit baie gou aan die tempeldienaars oorgebring word en dan word Ek vandag verhinder om te doen wat Ek moet doen. Ek sal daarom met My leerlinge, egter slegs met hierdie drie, vooruitgaan, en wel langs `n baie ongebruikte weg, om beslis nie deur die tempeldienaars opgemerk te word nie; verdeel julle jul in groepe netsoos Ek gesê het en gaan langs verskillende weë daarheen; na verloop van twee uur sal Ons almal in die huis van Nikodemus wees.
[10] Ek herhaal dit nog één keer vir julle almal en sê: Wees slim soos slange, maar in julle harte tog sag soos duiwe; want daar benede is `n ware slange- en addergebroedsel, en hulle moet met soortgelyke middele in toom gehou word! Verstaan en begryp dit almal goed en hou rekening daarmee, dan beleef julle vandag `n seënryke dag tot groot seën vir julle siele! Ek vertrek nou egter dadelik. Petrus, Jakobus en Johannes gaan saam met My. My dienaar RafaEl en Lasarus sal ons slawekinders begelei. As julle drie Indiërs nou ook tegelyk saam met My wil gaan, dan kan julle nou vertrek!”
[11] Toe die drietal dit hoor, staan hulle baie verheug van hulle sitplekke op en begewe hulle direk met My op weg
[12] Toe Agricola dit sien, vra hy My of daar beswaar sou wees dat ook hy tegelyk met My na Emmaus gaan; die ander Romeine sou dan afsonderlik langs `n ander weg gaan.
[13] Ek sê: “Netsoos jy wil; maar dan is Ons aantal egter groot genoeg.”
[14] Dit gee Agricola baie genoeë.
[15] Ons vertrek nou dadelik, daal die Olyfberg af en bevind Ons weldra op die groot weg wat na Emmaus lei en waar dit vandag, omdat dit Vrydag was, baie stil was.
|
|
|
|
|