Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 92

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Oor die goed doen. Leiding van die mense deur die goddelike voorsiening

92 Toe Ons Onsself nou so baie genoeglik in ons mooie olyfbos goed gedoen het, sê een van die groep van sewentig mense, waaronder die genoemde egbreekster haar bevind: “O, hoe goed het ons dit tog hier! Ons kry die hoogste geestelike voeding vir ons siele en die beste kos vir ons liggaam! Hoe gelukkig is ons nie! O, mag almal wat netsoos ons buite hulle skuld in groot ellende sit, tog ook in so `n gelukkige toestand kom! Ek sou wil dat alle mense wat nood ly, geestelik en liggaamlik gehelp sou word, as dit moontlik was!”

[2] Ek sê: “My vriend, alles is moontlik, maar om baie wyse redes nie doenlik of toelaatbaar nie. Daar is baie behoeftige en onder allerlei kwale lydende mense wat jy, volgens jou hart, wat My baie welgevallig is, seker graag sou wou help; maar kyk, as jy hulle volgens jou beste wete en gewete sou gehelp het, sou hulle in werklikheid glad nie geholpe wees nie, maar jy sou juis die teendeel met hulle bereik het!

[3] Dit is daarom wel baie te prys in jou dat jy, noudat jy dit goed het, aan die noodlydendes en ellendiges dink, en die begeerte het om hulle te help; maar helaas, elkeen sou nie geholpe wees wat jy gehelp het nie.

[4] Sien, niemand ken die nood en die ellende van die mense beter as Ek nie, en niemand is barmhartiger en liefdevoller as Ek nie; maar alle mense sou net weinig met My liefde en ontferming geholpe gewees het as My hoogste wysheid nie daarmee saamgegaan het nie.

[5] Ja, met `n arme familie gaan dit sleg! Hulle het geen werk, geen onderdak, geen brood en ly honger en dors. Hulle bedel van huis tot huis, van plek na plek en bedel op `n dag gereeld nouliks genoeg bymekaar om die ergste honger te stil, terwyl ander in groot oorvloed lewe en swelg en so `n arme familie die deur wys as hulle om hulp na hulle toe kom.

[6] Dit is van die rykes wat so `n familie met harde harte tegemoet tree, onteenseglik sleg, en jy sou, as jy so `n harde bejeëning sien, sekerlik mag sê: “Maar, groot, algoeie en almagtige God, kan U so `n ten hemel skreiende onbarmhartigheid wel ongestraf toelaat? Vernietig sulke mense met donder en bliksem uit U hemel!” En sien, tog sou God nie die smeekbede van jou verhoor nie! Ja, maar waarom dan nie?

[7] “Moet die liefdeloosheid van die mense dan steeds maar deurwoeker op hierdie aarde?” Nee, sê Ek jou, dit sekerlik nie! Maar kyk, volgens die wyse raadsbesluit van God moet alles sy tyd op aarde hê, om die mense te laat rypword vir die ware kindskap van God! Daarom het die rykes hulle tyd om ryk te wees en om met hulle oorvloed barmhartig te wees vir die armes, en die arme het hulle tyd om hulle te oefen in geduld en selfverloëning en hulle nood en ellende te offer aan God, en dan sal God die arme baie gou op die wyse wat vir sy sieleheil die beste sal help en ook die harde rykes op die regte tyd tugtig. Want sowel die rykes as die armes is geroep tot die kindskap van God.

[8] Onse arme familie was ook eens welgesteld, en was hard teenoor ander armes, en tot heil van hulle siele moes hulle geluk ook noodsaaklikerwys een keer draai. As jy hulle nou dadelik sou help, dan sou hulle baie gou weer oormoedig word en hulle op diegene wreek wat hulle hard bejeën het. As hulle egter eenmaal goeie geduld leer beoefen het, sal hulle langsaam maar seker, en wel so onmerkbaar moontlik, gehelp word, en daarin sal hulle die sorg van God beter en duideliker herken as wanneer mens hulle van vandag en môre in `n baie gelukkige welstand sou verhef.

[9] Maar die harde rykes sal ook langsaam, maar seker stap vir stap in `n slegter toestand tereg kom. Hy sal dan hier dan daar by sy vooruitskattings foute maak, `n slegte oes hê, skade aan sy kudde ly, self siek word of sy vrou of een van sy liefste kinders, kortom, hy sal slag na slag verduur.

[10] As hy tot inkeer kom en sy onreg besef, sal hy ook weer gehelp word; as hy egter nie tot inkeer kom nie en sy onreg nie erken nie, dan sal hy alles verloor en dan ook tot die bedelstaf geraak, of volgens omstandighede nog iets erger moet verduur,

[11] Wie hom dan in sy armoede sal troos en steun, sal ook deur God getroos en beloon word; maar niemand sal hom heeltemal kan help voordat God dit wil nie. Vriend, wees dus nou maar rustig en bly; want Ek weet wel wie ryp is om gehelp te word!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205