|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 115
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die nut van die giftige bome in Indië. Die ontwikkeling van die aarde. Die verplasing van die seë
115 Toe sê die towenaar: “Dit begin my te roep netsoos vroeg in die oggend voor sonsopkoms; maar dit is sake wat eers goed wortel moet skiet, voordat hulle volledig my eie sal wees. Maar dat dit so is netsoos jy my nou laat sien het, daaraan twyfel ek geen oomblik meer nie. Slegs `n klein vraag sou ek jou nog wil stel. As jou groot geduld met my nog nie heeltemal op is nie, sou ek jou wil vra om ook nog hierdie klein vraag te wil beantwoord, om my insig te vergroot.”
[2] RafaEl sê: “Laat ook daardie versoek nog maar hoor! Wat is dit? Spreek!”
[3] Die towenaar sê: “Kyk, lieftallige en buitengewoon wyse jong man! By ons in Indië, en wel op `n groot eiland en ook in sommige dale aan die kus, wat eintlik baie weelderig begroeid is, groei `n spesiale struik, `n ware skrik vir die land. Dié struikgewas is so kwaadaardig en giftig, dat dit deur sy uitwaseming tot in die verre omtrek alles dood wat maar in die omgewing kom. Dit is veel gevaarliker as die eerder genoemde meer en kan nie uitgeroei word nie. Onwetende mense kom tog so nou en dan in die omgewing van die gewasse en moet vervolgens `n jammerlike dood sterf.
[4] Wel, waartoe dien so `n ware helse gewas?”
[5] RafaEl sê: “Ja, my beste vriend, so `n gewas het `n groot en vir die mense belangrike betekenis in die land waar die Heer van hemel en aarde dit laat groei het; want dit is aan die mense van daardie land gegee as `n troue wagter, wat hulle daarvoor waarsku om dergelike stukke land op aarde nie te bewoon nie, omdat God die Heer hierdie, vir die behoud van die aarde, vir iets baie anders bestem het.
[6] Aan julle stamvaders was reeds getrou geopenbaar dat hulle die dale moes vermy en nie moes bewoon nie, omdat dit nog lank nie ryp was vir bewoning nie, omdat daar onder die aarde nog ruwe elementêre kragte geheers het. Ook was hulle bekend dat die genoemde struike daar was om die uitgewasemde gif uit die dieptes van die aarde in hulleself op te neem, sodat dit geen ander verder geleë landstreke sou vergiftig en onbewoonbaar sou maak nie.
[7] As die mens eenmaal hiervan in kennis gestel is en dit deur lerare duisend jaar lank aan hom voorgehou is, dan kan niemand hom tog meer daaroor opwen wanneer hy hom ondanks die waarskuwing, tog na plekke op aarde begeef waarvan hy sou moes geweet het dat dit nog lank nie geskik was vir die koms van mense en diere nie. - Begryp jy dit ook?”
[8] Die towenaar sê: “Ja, ook dit begryp ek nou! Maar hoe gebeur dit dan dat sommige streke op aarde beter geskik is as ander?”
[9] RafaEl sê: “Jy is egter nog heeltemal blind! Het jy wel `n mens gesien by wie al sy liggaamsdele opeens heeltemal volwasse word? Hoe lank duur dit nie vir `n mens om liggaamlik heeltemal volwasse word, en hoe lank tot sy siel volledig deur die lewe ryp is! Dink jy dan dat God, wat die wysheid Self is, êrens teen Sy ewige orde sou verbygaan? O, absoluut nie! God is die volmaaktste orde Self en weet baie presies wat Hy, hoe Hy en waarom Hy dit so doen!
[10] Kyk na die hoë berge om ons heen! Hulle was vele duisende jare gelede nog meer as twee keer so hoog en die dale was nog meer as twee keer so diep as wat hulle nou is, gemeet vanaf die top van die berge; maar toe was sulke diepe dale nog heeltemal onbewoond, dit was uitsluitend mere met allerlei reusagtige waterdiere daarin.
[11] Toe laat die groot Majesteit en Heer van ewigheid verskriklike storms met bliksems en donderslae en groot aardbewings losbars. Dit vermorsel die hoë berge en met die puin daarvan word die diep dale gevul. In die plek van die groot mere stroom baie gou groot, magtige riviere oor die opgevulde vlaktes van die dale en rol met hulle krag die kleiner brokke klip op die bodem steeds maar in die rondte, waardeur hulle nog meer vermorsel en sodoende veel kleiner word; want al die sand in die strome, riviere, stroompies en seë het ontstaan deur die fynste moontlike verkleining van die eens in die oertyd so reusagtig hoë berge. Toe die dale op die wyse gevul was, laat die Heer die riviere ook langsaam maar seker verdroog en kleiner word en so word hulle oewers geleidelik aan vrugbare land.
[12] En wat in die oertye van die aarde gebeur het, gebeur ook vandag nog, al is dit op kleiner skaal. En so sien jy dat God die Heer in Hom die ewige orde Self is en egter geen behoefte daaraan het om Hom hoe dan ook te oorhaas nie; want dit is juis Sy eie hoogste saligheid om te sien hoe in die hele ewige oneindigheid alles in die grootste orde, die een uit die ander, voorkom en moet voortkom. Daarom was jou vraag, waarom die streke op die vaste aarde nie ineens bewoonbaar gemaak word nie, werklik oorbodig!
[13] Kyk, ek sal jou nog iets sê! Die groot see sal ongeveer om die 14000 jaar van die suide van die aarde na die noorde of van die noorde van die aarde na die suide verplaas word! Vanaf nou binne ongeveer 8000 tot 9000 jaar sal die groot oseaan hoog bo hierdie berg staan waarop ons nou staan en hieroor praat. Daarenteen sal groot landstreke weer in die suide droog gelê word, en mense en diere sal voldoende voedsel daar vind. By die geleentheid sal dan ook weer `n aantal nou nog onryp en onbewoonbare plekke op die noordelike helfte van die aarde ryp word en bewoonbaar vir toekomstige geslagte van mense, dit wil sê, sodra die noordelike helfte van die aarde weer vry kom van die see.
[14] Nou dink ek dat ek jou as natuurgeleerde tog meer as genoeg vertel het, en ek kon jou dit ook vertel omdat ek weet dat julle, wyses uit die môreland, die vorm en die wese van die hele aarde self goed ken, hoewel julle dit vir die ander mense steeds verborge hou. - Het jy nou nog `n vraag?”
[15] Die towenaar sê: “Nee, jong, vir my volkome onbegryplik wyse vriend! Jy spreek oor die hele aarde asof jy vanaf die oerbegin by haar skepping aanwesig was en alles gesien het wat daar met haar gebeur het! En die allermerkwaardigste is dat ons jou, na eer en gewete, gladnie kan teenspreek nie! Want volgens ons vele ervarings in die groot wêreld is dit inderdaad presies, netsoos jy dit nou gesê het en die bestaan van `n ware, ewige God is vir ons meer as sonneklaar bewys en meer het ons nou nie nodig nie, omdat ons nou deur jou ook weet wat ons moet doen om God self waaragtig te vind.
[16] Hoe graag sou ons jou vir hierdie groot goedheid meer as koninklik wil beloon, as jy `n beloning van ons sou aanneem; maar daarteen het jy jou reeds uitdruklik verset en dus bly vir ons niks anders oor as om jou uit die diepte van ons hart te bedank en jou nogmaals te vra om aan ons te dink, wanneer jy by God die ewige Heer sal wees.
[17] Maar nou sou ek nog enkele woorde wil spreek met die Man tot wie ek my by die aandete so aangetrokke gevoel het; daarna sal ons graag bly en baie getroos hierdie berg verlaat en na benede na ons mense gaan, en hulle ook vertel en bewys dat ons eindelik geheel en al gevind het waarna ons so lank tevergeefs gesoek het. Mag ek dan `n paar woorde met die Man spreek?”
|
|
|
|
|