Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 212

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

In die paleis van Cyrenius

212 (Die Heer): “Die Griek Anastocles verontskuldig hom dat hy stellig nie met ons kon saamgaan na Cyrenius nie, omdat hy in die herberg nog die een en ander in orde moes kry.

[2] Maar Ek sê aan hom: “Laat die herberg maar die herberg herberg, - die sal self wel weet wat daar gedoen moet word; maar wat jou by ons ten deel val, sal jou meer tot voordeel strek as jou herberg, en jou huis - want jy weet nou wel met wie jy in My te doen het – want ons sal môre nog vroeër klaar wees as wat Ons van hier by jou huis terug sal wees.

[3] Tydens die nag sal in jou huis die verandering so gebeur, dat niemand van jou mense dit sal merk nie! Maar môre sal hulle van verbasing groot oë opslaan, wanneer hulle hulle in `n baie nuwe huis bevind, wat egter tog heeltemal dieselfde is as die oue, dit sal slegs in alles groter en geriefliker wees, - netsoos dit ook met die stal die geval sal wees. As jy dit nou uit My mond weet, kan jy nou heeltemal gerus wees en met Ons saamgaan na Cyrenius, waar dit vir Ons almal goed sal wees om te vertoef.”

[4] Daarop sê Anastocles: “Ja, as dit so is, laat ek die herberg natuurlik herberg en gaan ek saam met julle na Cyrenius! Miskien herinner hy hom ook nog aan my van Ostrasine!”

[5] Ek sê: “Laat dit maar gerus aan My oor, daarvoor sal Ek wel sorg; want Ek kan alles wat Ek wil!”

[6] Daarmee was Ons Anastocles heeltemal tevrede gestel en hy gaan met Ons na die pragtige paleis van Cyrenius en sy hoë raadshere, ministers en veldhere, wat almal in die groot paleis woon.

[7] Toe Ons in die vertrek van Cyrenius kom, was die Griek werklik buite homself van pure verbasing; want so `n prag en `n dergelike rykdom het sy oë nog nooit êrens gesien nie.

[8] Saggies sê hy (Anastocles) aan My: “Maar Heer vol goddelike krag, dit is gewoon onmenslik watter skatte en onuitspreeklike rykdom hier is! Hoe baie besit één mens nie en hoe uiters weinig daarenteen vele honderd duisende!”

[9] Ek sê: “Maar so is dit beter; want as alle mense sulke en sovele skatte sou gehad het, sou dit ten eerste geen waarde gehad het nie en ten tweede sou die mense baie gou hulle drang om aktief te wees, verloor het en ten slotte netsoos die diere, in volledige traagheid voortlewe. Slegs honger en dors sou hulle dan tot die vereiste aktiwiteit aanspoor; al die ander sou vir hulle geen prikkel en stimulans wees nie. Maar wanneer sulke skitterende skatte en rykdomme hulle maar net in hande van enkele verstandige mense bevind, het hulle vir alle ander mense, vanweë hulle groot seldsaamheid, ook `n nouliks te skatte waarde, en die mense word daarby aktief en werklustig om by sulke ryk liede ook `n klein deel van die kosbare skatte te verdien. En sien, dit is immers goed!

[10] Jy sien hier wel groot hoeveelhede goud en silwer en `n onnoemlike hoeveelheid uiters kosbare edelstene en pêrels; wanneer Cyrenius jou slegs een van die pragtige pêrels sou gee, as jy `n bepaalde werk vir hom sou verrig, dan sou jy seker dadelik al jou kragte aanwend om slegs één so `n pêrel te verdien. Maar as jy van jouself al `n groot hoeveelheid sulke pêrels sou gehad het, dan sou jy terwille van die een pêrel seker nie al jou kragte aangewend het nie, maar aan jouself sê: “O, wie dit wil, moet maar vir die een pêrel werk! Ek het tog al genoeg daarvan en kan goed daarvan neem!” Daaraan kan jy al sien dat dit in die wêreld vir die mense baie goed is wanneer dergelike groot skatte en rykdomme hulle altyd slegs in hande van enkeles bevind. - Sien jy dit in?”

[11] Die Griek sê: “Wie sou dit insien as U dit nie vir hom uitlê nie? Cyrenius is weliswaar `n streng, maar daarby tog ook `n regverdige en goeie regeerder. Hy dink altyd aan die werklike armes, ofskoon hy elkeen vooraf altyd goed kontroleer, of hy werklik arm is en of hy nie, wat gereeld die geval is, lui is en nie van werk hou nie. En omdat hy so `n man is, is dit ook goed en redelik dat hy sulke groot skatte en rykdomme besit.”

[12] En so word Ons Griek nou dan ook rustiger en kon die prag van die paleis makliker en kalmer verdra.

[13] Terwyl Ek so met die Griek besig was, spreek Cyrenius met groot belangstelling met Josef oor My en wat Ek in die tussentyd alles gedoen het, wat Josef en Jakobus ook alles waarheidsgetrou in kort aan hom meedeel, wat hom groot vreugde verskaf. Die vrae en vertelling duur ruim twee uur; ook die meeste hoë raadshere en ministers neem daaraan deel en aan hulle verbasing oor My kom geen einde nie.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205