|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 76
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die bevryding van die materiële
76 Agricola sê: “Kyk, nou is dit vir my al weer aanmerklik duideliker, en ek herinner my nou `n paar sinne van die ou wyse Plato. Hy het vir `n lang tyd die geestelike wese van God ondersoek en kry ten slotte `n visioen soos in `n helder droom. Vir hom word te kenne gegee dat hy God se geestelike wese sou sien. Toe kom dit vir hom voor asof alles om hom heen vuur en lig word. Dit lyk asof hyself heeltemal oplos, sonder om egter sy volle bewussyn as gevolg daarvan te verloor. Maar in die vuur voel hy geen brandende hitte nie, net `n magtige, hoogs verruklike, wel-dadige liefdes- en lewenswarmte, en `n stem soos die suiwerste harmonie van `n welluidende eoluslier spreek uit die vuur- en ligsee met hom: “Kyk en voel die geestelike wese van God, en voel en sien jouself in Hom en deur Hom!” En Plato sien toe sy gedaante as mens, en sien om hom heen nog tallose gedaantes netsoos hyself. In die gedaantes ontdek hy nog minuskule klein figuurtjies, wat almal leef, ontelbaar vele ander vorms het, en wat in geheel egter één enkele menslike vorm uitmaak. En kyk, jou uitleg is baie soos die droomgesig van die groot wysgeer, wat oral in ontwikkelde kringe baie bekend is!
[2] Wel, die vuur en lig wat Plato gesien het, het hy beslis nie met sy liggaamlike, maar met sy geestelike oë gesien, en daarom dink ek nou: as ek self eenmaal geesteliker geword het, sal ook ek, netsoos Plato, in my gees dieselfde vuur en lig sien, wat hy gesien en gevoel het. - Het ek dit korrek gesien?”
[3] RafaEl sê: “Ja, dit het jy baie korrek en goed gesien, en ek kan jou niks anders daarop sê nie as: so steek dit in mekaar! Maar Plato was `n heiden en kon nie so helder sien en waarneem as wat iemand dit sou kon volgens die leer van God, die Heer nie. Maar om jou hier nog `n paar aanskoulike bewyse van die enig ware en mees werklike iets van die suiwer gees te gee, sal ek nog enkele eksperimente ten beste gee van die suiwer geestelike; slaan nou dus opnuut baie goed ag op alles wat ek jou, met die allerbarmhartigste toestemming van die Heer, nog sal laat sien!
[4] Kyk, wat ons hier nou omgeef, is suiwer, goed deursigtige lug, en hoe seer jy nou jou sintuie ookal inspan, jy sal in die lug niks anders ontdek as hoogstens `n aantal muggies en allerlei vlieë wat deurmekaar swerm nie, en hier en daar `n groter kewer of selfs `n voël! Ek sal nou baie kort die innerlike gesig van jou siel open, dan sal jy verbaas wees wat jy in hierdie atmosferiese lug alles te siene sal kry.”
[5] Agricola sê: “Hemelse vriend, doen dit en wat my van nut is, sal binnekort vele duisende van nut wees!”
[6] RafaEl sê: “Baie goed, ek hoef dit immers maar te wil en dan is jy al waar ek jou wil hê. - Wat sien jy nou alles in die lug?”
[7] Agricola sê: “O, maar dit is onbeskryflik! Wat `n oneindige hoeveelheid wesens, plante, diere, landskappe en selfs menslike gedaantes! En ek sien ook ontelbare baie klein liggewende wurmpies langs mekaar heen skiet en heen swewe, en nou eers hier en dan weer daar vorm daar `n bundel en in `n oogwenk ontstaan `n volledige vorm daaruit; maar dit bly nie lank bestaan nie en gaan dadelik weer oor in `n ander vorm. Oral is lig, die dinge het net weinig duursaamheid en verander baie gou weer; slegs `n paar vorms hou nou die aangenome vorm ietwat langer aan. Nee, by hierdie aanblik sou selfs die sterkste hoof heeltemal duiselig word!
[8] Wel, wat is hierdie miriades maal miriades ligwurmpies en hierdie ontelbare vorms en gestaltes van alle moontlike aard en soort, wat hulle steeds maar opnuut ontwikkel? En as ek daarna gryp en so `n vorm of gestalte wil vashou, dan het ek heeltemal niks in my hand nie! A, dit is tog wel `n egte lewensfoppery!”
[9] Toe sê RafaEl: “Wel, wag dan nog maar netso, dan sal jy dadelik iets meer bestendig kry!”
[10] Toe kom daar allerlei voëls en selfs ook visse wat lyk of hulle in die lug vlieg of swem, in die omgewing van die Romein, en hy vang `n voël en `n baie seldsame vis, wat hy in sy hande hou.
[11] Toe hy hierdie vangs gedoen het, sê hy (Agricola) aan die engel: “Luister, my hemelse vriend, ek het my vangs nou gedoen! Maak noudat ek die lug weer op natuurlike wyse sien, dan wil ek my daarvan oortuig of ek die voël en die vis nog in my hande sal hê!”
[12] Die engel sê: “O, daardie versoek sal ek dadelik inwillig! Kyk, nou is jy weer heeltemal in die natuurlike lug en kan jy jou vangs op jou gemak bekyk!”
[13] Agricola was nou weer in sy natuurlike toestand en wou dadelik sy voël en sy vis van naderby beskou; maar daar is nóg `n voël nóg `n vis meer in sy hande nie.
[14] Daardeur verras, vra hy (Agricola) aan die engel: “Ja, wat is daar nou met die voël en met die vis? Waar is dit nou? Alles wat ek sien was dus tog meer `n droom as volledige werklikheid!”
[15] Die engel sê: “Of juis omgekeerd! Jy was netnou juis nader aan die egte "werklikheid” as wat jy nou is! Die voël en die vis het jy nog, maar nie in jou liggaamlike hand nie, maar in die hande van jou siel, en ek sê vir jou dat jy hierdie diere, wat baie ooreenkomste met jou het, nie so vinnig sal verlaat en hulle jou ook nie, want sien, jy het tuis in Rome as patrisiër van `n ou geslag, `n skild, waarop aan die buitekant net so `n voël met `n aar in die snawel en net so `n vis met `n wurm in sy bek in goud afgebeeld is, en omdat jy nog veel waarde heg aan sulke wêreldse eretekens, sal jy nog nie so gou daarvan afkom nie.
[16] In die eintlike lug het jy weliswaar met die oë van jou siel baie gestaltes en vorms gesien - dit was verskynsels wat ooreengekom het met jou nuwe ervarings - maar jy kon hulle nog nie vashou nie. En netsoos jou eie gedagtes steeds verander en in allerlei vorms oorgaan en ontaard, so was hulle ook sigbaar vir jou siel; maar die voël en die vis van jou ereskild, waaraan jy nog `n groot welgevalle het, het nog vas en onveranderd in die hand van jou siel gebly - wat gelykstaan met die lus en die begeerte van jou siel na buite - en as jy hulle ook in hulle natuurlike staat wil sien, kan ek dit ook nog vir jou bewerkstellig.”
[17] Agricola sê: “As dit vir jou werklik moontlik is, doen dit dan! Ek sou tog graag wil sien of dit my voël en my vis is! Miskien sou ek dan makliker van so `n suiwer wêreldse domheid kan afkom.”
[18] Die engel sê: “Kyk na albei jou hande, dan sal jy jou wêreldse eretekens sien!”
[19] Toe kyk Agricola na sy hande en sien in sy regterhand die voël, `n soort phoenix, en in sy linkerhand `n soort klein dolfyn. Hy staan verbaas en kyk na die verskynsel en vra dadelik aan die engel hoe hy hierdie twee hinderlike diere so vinnig moontlik ontslae kon raak.
[20] Die engel sê: “Hierdie twee diere, wat heeltemal geen nut vir jou het nie, kan jy baie maklik van ontslae raak deur jou hart heeltemal van hulle af te keer en jou hart volkome op die Heer te rig. As jy dit kan, sal hierdie twee diere jou spoedig verlaat; in jou liggaamlike hande kan hulle slegs solank bly bestaan as wat ek hulle daar vir jou wil hou. En kyk, ek wil dat hulle verdwyn! En sien, jou hande is al weer vry! Ek het jou nou alles laat sien wat jou die innerlike waarheid verder kan verduidelik; die res moet jy van nou af aan in jouself soek en vind.”
|
|
|
|
|