Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 59

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die ware aanbidding van God

59 Toe die mense klaar was met die oggendmaaltyd, stap die Griek wat die vorige aand die meeste aan die woord was, na buite na Lasarus en RafaEl toe en wou dadelik iets sê; maar hy was egter so verras deur die skoonheid van die engel dat hy stokstyf bly staan het en geen woord oor sy lippe kon kry nie.

[2] Na `n oomblik van groot verbasing sê hy (die Griek) soos aan homself: “Ja, ja, dit is werklik `n Olimpus waarop die gode woon! As julle my gister nie vertel het dat daar maar één enige ware God is nie, dan sou ek jou, wondermooie jong man, sonder enige twyfel as ons god Apollo beskou het; maar omdat daar volgens julle ongetwyfeld korrekte uitspraak maar één God is, wie se kinders julle blykbaar is, is jy, lieftallige jong man, beslis `n baie liewe seun van Hom. En omdat julle dus ongetwyfeld kinders van God is en dus onsterflik, netsoos ons dit van gode aanneem, staan ons sterflike mense dan toe om julle te aanbid en neem barmhartig `n offer van ons aan!”

[3] Hierop tas die Grieke in hulle beurse, haal daar Romeinse goudstukke uit en wil die as offer aan die voete van die engel lê.

[4] Maar die engel sê: “Beste vriende, stop julle jul goud maar gou weer op die plek waar julle dit vandaan gehaal het! Want sien en hoor wat ek julle nou sal sê! Egte gode laat hulle nie deur mense aanbid nie, ook neem hulle van niemand enige stoflike offer aan nie. Die wyse en liefdevolle wens van die gode vir julle mense bestaan daarin, dat julle maar in één, enig ware, ewige en almagtige God sal glo en Hom met al julle lewenskrag bo alles sal liefhê en julle naaste netsoos elkeen van julle homself liefhet, wat soveel wil sê as: wat jy redelikerwys verwag dat jou naaste vir jou sal doen, doen dit ook vir hom!

[5] As julle dit ter harte neem, glo en handel daarvolgens, dan aanbid julle daardeur die een ware God op waardige en passende wyse, en bring julle Hom op die manier die enigste offer wat werklik vir Hom welgevallig is. En as julle, wêreldse mense, dit sal doen, sal die een, ware God julle, netsoos ons, as Sy onsterflike kinders aanneem, en die mag en die heerskappy van die dood sal van julle siele wyk.

[6] Die aanbidding met die lippe en alle soorte offers is maar net deur die slegte, heerssugtige priesters en konings bedink. Hulle laat hulle hemelhoog vereer en eis groot offers van die mense, wat hulle voortdurend toeroep dat hulle erge sondaars is en daarom die gode groot offers moet bring, omdat die hulle anders met groot en swaar plae sal besoek. Maar dit doen die slegte priesters nie vanweë die gode nie, maar slegs terwille van hulleself, om ryk en magtig te word, sodat hulle die arme, blinde mense nog meer kan verkneg.

[7] Die egte God wil maar net dat alle mense mekaar as broers liefhet en vry en ongekneg op aarde sal wandel en deur die barmhartigheid van die enigste en alleen ware God in alle dinge voortdurend wyser sal word. Omdat julle nou uit my mond eerlik, getrou en volgens waarheid gehoor het wat die enige ware God van die mense wil, neem daarom julle goud terug, want hierdie aardse slyk het die egte mense en die ware God ewiglik nie nodig nie!”

[8] Toe raap die Grieke hulle goud weer op en stop dit in hulle beurse.

[9] Maar die woordvoerder sê met `n baie vriendelike gesig: “O, godmens, u is my hoogste liefde waardig, u woorde was waaragtig, sag, mild en soet soos heuningstroop, en ons sal dit ook opvolg! Maar omdat u dus glad geen offer van ons wil aanneem nie, begryp ek tog nie waarom u vir u oorheerlike spyse en drank wel geld van ons, mense, aangeneem het nie! Waarvoor het u geld nodig?”

[10] Die engel sê glimlaggend: “Selfs vir `n God is dit moeilik om uit julle mense sin te maak. Het julle gister dan al geweet dat ons hier kinders van God is? Nee, dit het julle nie geweet nie en julle het ons aangesien vir baie gewone mense wat hulle vir hulle spyse en drank en vir die bediening laat betaal. Omdat ons dit geweet het, het ons dan ook opgetree netsoos wat die mense dit doen, en daar was gisteraand baie woorde en bewyse nodig gewees, vóórdat julle `n ander mening oor ons gekry het.

[11] Maar omdat julle nou weet met wie julle hier te make het, het julle nou dan ook geëet en gedrink sonder dat iemand geld daarvoor gevra het, en dit sal niemand nou ook van julle verlang nie.

[12] Kyk, so staan die sake hier! By ons betaal maar net vreemdelinge tol, die ingesetenes is volgens ons ou wette vrygestel daarvan. `n Vreemdeling is egter elkeen wat ons God en Sy wette nie ken nie en `n dienaar van die afgode is. Wie egter in ons een en enige ware God glo, Sy wette ken en glo en daarvolgens leef en handel, is `n ingesetene en betaal by ons Judeërs geen tol en geen vertering nie.

[13] Tog vind jy nou by ons al vele wat weliswaar ook Judeërs is, maar tog nie meer in `n God glo en wat nie Sy wette hou nie, maar wat slegs volgens hulle begeertes lewe en handel. Hulle vra tol- en verteringsgeld, sowel van die ingesetenes as van die vreemdelinge, maar hulle word ook nie meer deur ons as inheemse nie, maar as vreemdelinge gesien en behandel. Is dit nou vir jou duidelik?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205