|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 118
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die taak van die Messias. Die oorleg van die towenaars
118 Ek sê: “Daar was reeds dertig jaar gelede by die geboorte van die Middelaar wyse manne uit julle land hier gewees, wat Hom goud, wierook en mirre geskenk het. Het julle dan niks van hulle gehoor nie?”
[2] Die towenaar sê: “Ja, ja, U het heeltemal gelyk. Ons was toentertyd nog jonk en was nog leerlinge wat hulle weinig oor dergelike dinge bekommer het. Bowendien het die wyses slegs enkele ander hooggeplaastes daarvan in kennis gestel, maar dit het kennelik nie soveel indruk gemaak as wat die drie vooraanstaande wyses waarskynlik gehoop het nie, en ons kon ook maar baie weinig daaroor te wete kom. By ons het die mense slegs vertel dat `n nuwe koning by die eens so groot en magtige volk in die weste gebore was, wie se arm die vyande en onderdrukkers van die volk sou oorweldig en verdryf; maar oor die feit dat die pasgebore koning tewens die beloofde Middelaar sou wees, het ons weinig of niks gehoor nie.
[3] Dat die drie wyses `n aantal jare later weer êrens heen op reis gegaan het, weet ons; maar sedertdien het ons niks meer van hulle verneem nie, nie waarheen hulle gegaan het en niks oor die resultaat van hulle nuwe reis nie. Slegs dit weet ons verseker, dat hulle uiterlik gesien netsoos ons gereis het en as towenaars baie bekwaam moet wees.
[4] Wat ek U, beste wyse Man, hier vertel, is die volle en suiwer waarheid, en U sal daarin `n verontskuldiging vind vir die feit, dat ons onsself vanweë die beloofde Middelaar nou tot U gerig het. As U vir ons iets meer daaroor wil sê, sal ons in ons harte baie dankbaar daarvoor wees.”
[5] Ek sê: “Wel, luister dan! Die deur julle bedoelde pasgebore koning was die beloofde Middelaar, wat in die wêreld gekom het om nie net die Judeërs nie, maar aan alle mense van die aarde wat goed van gees is, die ware lewenslig uit God te bring.
[6] Deur Hom sal alle volkere verbly word en sê: “Heil aan Hom, wat kom in die kleed van die ewige Liefde, Waarheid en Geregtigheid; want Hy het Hom oor ons gebreke ontferm en ons verlos van die harde juk van die oordeel en die dood!”
[7] Wie na Hom sal luister en Sy leer sal navolg, sal in homself die ewige lewe ontvang! Sien, hier is ons, en vir ons lê die groot belofte onthul! Die son van die hemel en die ewige lewe het vir die volkere opgegaan, en baie duisende verwarm hulle reeds aan haar lewendmakende strale, en julle het gekom uit die verre môreland, omdat julle in julleself ook `n skynsel opgemerk het wat van hierdie son uitgaan.
[8] Maar omdat julle harte nog blind is, soek julle nog na die lewensson en is julle nie in staat om te bepaal waar julle staan nie; maar julle swak skynsel het julle tog al nader na haar gebring, open dus die oog van julle hart en vra julle sterre om julle die plek van die son te wys!”
[9] Die towenaar sê aan sy metgeselle: “Luister, die Man spreek wonderbaarlik! Hy moet weet hoe die sake staan. Hy kan en sal ons nog iets naders kan vertel oor wat Hy met die bepaalde lewensson bedoel het, wat naby ons staan. Dit skyn alles te behels![10] Ons moet die sterre vra om ons die stand van die son aan te gee, wat ons blykbaar genader het, maar waarvan ons tog niks kan sien deur die blindheid van ons harte nie. Wat sal die swyende sterre vir ons sê? Ons kan hulle altyd deur vrae stel en sal tog geen antwoord van hulle kry nie! Ek glo dat ons vroeër van die wonderbaarlik wyse Man iets naders oor die stand van die deur hom omskryfde lewensson te wete kan kom, as van die sterre, wat ons nog nooit iets meegedeel het nie, hoewel die mense ons tydens ons voorstellings gereeld oor dinge en omstandighede vra, wat al lankal aan ons bekend was en waaroor ons dan met ernstige, wyse gesigte aan die volk sê, dat ons dit uit die sterre gelees het. Ja, die blinde volk glo dit wel, net ons self nie, en hierdie mense hier sou dit nog veel minder glo, omdat hulle hulleself in die volle lig van die waarheid bevind.
[11] Met daardie vraag aan die sterre word dit dus niks, omdat ons maar al te goed weet hoe dit met die sterre gestel is; maar vrae stel aan hierdie wyses kan die moeite werd wees, - ons moet dit slegs baie verstandig inklee, anders kry ons van hulle net so veel te hore as van die sterre!”
[12] `n Tweede towenaar sê: “Verstandig inklee sou korrek wees, as ons dit ook maar kon! Wat wil ons dan met al ons blinde verstand? Lank voordat ons iets verstandig kan bedink, weet hierdie wyses al daarvan. Ek vind egter dat dit vir ons nou die verstandigste sou wees, as ons genoeë neem met wat ons tot nou toe te hore gekom het, en dit verder aan hulle welwillendheid oorlaat; want met dwang sal ons nie so veel van hulle te hore kry nie. En bowendien sien ek nou self al baie duidelik in dat ons nog lank nie ryp is vir hoër en dieper waarhede oor die enigste en enig ware Goddelike Wese en oor die innerlike geestelike lewe van die mens nie.
[13] Maar ons kan hulle wel vra of hulle ons die kortste moontlike weg wil wys om die innerlike waarheids- en lewenslig te kan verkry. Want ons weet immers uit eie ervaring dat `n mens deur eie dink en soek ook groot bekwaamhede kan verwerf; maar met die hulp van `n wyse en baie ervare leier sal hy sekerder en vroeër allerlei kennis en bekwaamhede verkry. Daarom dink ek ook dat `n kort, maar grondige aanwysing hier sinvoller is as `n aantal onnodige vrae, waarop die antwoord, al is dit hoe goed en waar, ons weinig sal kan help, omdat ons dit nie begryp nie. Ons kan selfs nie vra wat ons nodig het nie, omdat ons onsself nie ken en dus ook nie weet wat ons werklik ontbreek nie. Hierdie wyses weet dit beslis beter as ons, en daarom is ek van mening dat ons dit aan hulle veel wyser insig moet oorlaat.”
[14] Die hooftowenaar sê: “In jou eenvoud, wat ek al so lank van jou ken, is jy werklik wyser as ek met al my kennis en kundigheid! Aan jou insig en mening sal ons onsself dan ook hou; want deur vrae kom jy altyd verder as deur eise te stel. Maar nou moet ons nog iets vasstel, en dit is of ons hier nog langer sal bly of na die stad sal afdaal.”
[15] Die vroeër sprekende towenaar sê: “Volgens wat die wyse jong man as sy mening gegee het, moet ons eintlik bly, omdat ons mense al weet dat ons vir vandag onderdak het; maar jy is ons leier en het die reg om te bepaal wat ons in die geval sal doen.”
[16] Die hooftowenaar sê: “Dan moet alleen ons verstand beslis wat ons moet doen! As ons mense versorg is, kan ons ondanks die taamlike gevoelige koue hier bly - en dit in elk geval so lank, tot hierdie wyses hulle ter ruste sal begeef, - dan kan ons in die tyd nog veel van hulle leer.”
[17] Die ander twee sê: “Dit sien ons ook; ons moet egter niks meer vra nie, maar by `n geskikte geleentheid versoek of hulle ons wil aangee wat ons moet doen om die suiwer waarheid te leer ken!”
[18] Daarmee was al drie dit volledig eens, en hou hulle verder rustig.
|
|
|
|
|