Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 33

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die sewende gebod

33 (Die Heer): “Wat vind jy wat daar aan die sewende gebod ontbreek of in elk geval vir jou onbegryplik is? Sê dit maar ronduit, want jou kritiek en jou twyfel is ook nog onvolkomenhede en twyfel in die hart van baie wat hier aanwesig is. Hoe lui die sewende basisgebod van Moses?”

[2] Helias sê: “O Heer, by die gebod vind ek nou, nadat ek die regte lig van U gekry het, heeltemal geen gebreke en leemtes meer nie! Daar staan: “Jy sal nie steel nie!” Daar moet jy immers weer in die eerste plek die ware naasteliefde volledig by betrek! Want wat ek redelikerwys beslis nie kan wens dat dit met my gebeur nie, dit mag ek ook nie my naaste aandoen nie en dus sien ek nou opnuut dat die hele wet van Moses en seker ook alle profete vervat is in U twee gebooie van die liefde. Ek merk nou ook dat die gebod van die naasteliefde suiwer voortvloei uit die barmhartigheid as uit die magtigste sewende gees van God in die hart van die mens en dat hy alle voorgaande ses geeste deurdring en lewend maak en die hele mens eers goed en waarlik wys maak. Wie egter goed en wys is, sal hom beslis nooit vergryp aan dit wat van sy naaste is nie. En dus is ook die sewende gebod heeltemal in orde en ek vind niks wat daaraan ontbreek nie.”

[3] Ek sê: “Goed, Helias, jy word nou al veel liewer vir My. Hierdie kritiek wat jy nou geuiter het op die Mosaïese suiwer goddelike en dus ook onberispelik hoogs wyse gebod vir die ware welsyn van die mense, is nou ongelooflik veel meer werd vir My as al jou vroeëre kritiek. Maar dit moet Ons nie daarvan weerhou om die drie gebooie, wat nog oorbly, aan baie skerp kritiek te onderwerp nie, dus gaan Ons dan ook dadelik oor na die agtste gebod! Hoe lui dit dan wel? Spreek nou maar baie vrymoedig netsoos dit jou in die mond kom, dan doen jy daarmee `n groot genoeë aan My!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205