|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 36
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Hoe belangrik dit is om die gedagtes te bewaak
36 Ek sê: “Jy is wel iemand met `n ontsettende skerp verstand en jy het die laaste gebod van Moses baie fel gekritiseer! Ja, ja, soms is die kinders van die wêreld verstandiger as die kinders van die lig; hulle sien gereeld eerder die skerp kant van `n leer as die kinders van die lig. Maar ook by die laaste gebod sit jy daar, ongeag die groot skerpte van jou verstand, net so naby as by die vorige.
[2] Jy kan dink wat jy wil, en nie sondig daardeur nie, solank jou hart maar geen welgevalle het aan `n onbehoorlike gedagte nie. Het jy egter welgevalle aan `n slegte gedagte, dan verbind jy outomaties jou wil aan die slegte gedagte, wat sonder enige naasteliefde is, en dan is jy nie ver daarvan af dat so `n gedagte, wat alreeds deur jou welgevalle en jou wil lewend geword het, in die daad om te sit wanneer die omstandighede gunstig lyk en die daad dit sonder uiterlike gevaar toelaat. Daarom is dit immers van die grootste belang om die gedagtes wat in die hart van die mens opkom, deur die gelouterde lig van die suiwer verstand wys te bewaak, omdat die gedagte die saad vir die daad is. Die noodsaaklike en wyse bewaking van die gedagtes kon egter nie meer treffend uitgedruk geword het as juis deur dit wat Moses gesê het: “Jy moet geen begeerte na dit of dat hê nie!” Want as jy eenmaal sterk begin te begeer, is jou gedagte al tot lewe gebring deur jou welgevalle en deur jou wil, en dan sal dit jou moeite kos om so `n tot lewe gekome gedagte volledig in jouself te verdring. Die gedagte en die idee is immers, netsoos eerder gesê, die saad vir die daad, wat die vrug van die saad is. Netsoos die saad egter is, so is dan ook die vrug!
[3] Jy kan dus dink wat jy wil, maar laat geen gedagte en geen idee vroeër tot `n lewende vrug word, voordat jy dit behoorlik voor die regterstoel van jou verstand en van jou insig ondersoek het nie! Eers wanneer die gedagte daar die lig- en vuurproef deurstaan het, kan jy hom tot `n lewende vrug of daad laat word en dan kan jy wel iets goeds en waar begeer; maar jy mag geen begeerte hê na iets wat verkeerd is en wat duidelik teen die naasteliefde ingaan nie! En dit is wat Moses in sy laaste gebod tot uitdrukking gebring het, en dit is werklik nooit en nêrens in teenspraak met die innerlike lewensfunksies wat jy met hulp van jou rabbi gedink het om te vind nie. Wat moet, ja wat kan daar van `n mens teregkom as hy nie vroegtydig leer om sy gedagtes te ondersoek, te orden en al die onreine, kwade en verkeerde daaruit te verwyder nie? Ek sê vir jou, so iemand sou slegter en kwaadaardiger geword het as die mees verskeurende en wilde dier!
[4] In `n goeie en wyse ordening van die gedagtes lê immers die hele lewenswaarde van `n mens. As Moses nou ter reëling van die gedagtes, wense en begeertes ook `n gebod gegee het, kan `n rabbi, wat baie wys wil of moet wees, hom dan verdag gaan maak asof hy so `n gebod, waarmee mens die meeste rekening moet hou, nie van die ware gees sou ontvang het nie? Kyk nou tog eens, My liewe dogter, hoe jou rabbi hom vergis het!”
|
|
|
|
|