Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 80

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die versoek van die man uit Bethlehem aan die skrifgeleerde

80 (Die herbergier): Toe hierdie seergeleerde meester die groot redenaarsgestoelte beklim, begin hy met `n baie ernstige gesig en ernstige stem as volg te spreek: “God het maar net met Moses en Aäron gespreek. Nêrens staan geskryf dat God ooit direk tot die volk gespreek het nie, want die volk was altyd te onheilig voor Hom, en hulle het, toe hulle nog deur die wonderstaf van Moses gelei was, dit bewys deur vir hulleself uit die saam­geneemde goud `n goue kalf te giet en dit te aanbid. Daarom het God dan ook nie meer met die volk gespreek, wat hulle voor Hom onheilig gemaak het nie, maar slegs deur middel van die profete wat deur Hom gewek is en deur ons priesters. Hou dus goed rekening daarmee dat die stem van die volk nooit `n soort goddelike stem kan wees nie; en as julle dit nou van julleself beweer, begaan julle daarmee `n groot en uiters vloekwaardige sonde voor God en voor ons, Sy ware priesters. Ons priesters het egter begrip vir julle groot domheid en swakheid, en vergewe julle die sonde; maar of dit egter ook deur God vergewe sal word, is `n ander vraag.”

[2] Hierdie toespraak was vir die volk al voldoende, en `n groot forse man, naamlik iemand uit Bethlehem, stap na vore en sê in naam van die volk aan die skrifgeleerde: “Dat God met Moses en Aäron gespreek het, weet ons net so goed soos jy, ingebeelde skrifgeleerde; maar ons weet ook dat God in die begin maar net met die volk gespreek het. Omdat die volk egter baie bang geword het vir die al te donderende stem van God, het hulle gevra of God nie Sy allerheiligste wil slegs aan Moses wou meedeel nie, dan sou hulle dit opvolg, ook al hoor hulle nie self Sy geweldige stem nie. Toe gaan die volk ver weg na die ander kant van die dal van die Sinai. En eers daarna het Moses alleen die wette van God gekry. Maar laat ons daaroor ophou, want ek wil jou, ingebeelde skrifgeleerde nou dadelik op iets anders opmerksaam maak!

[3] Jy sê dat God nie met die onheilige volk nie, maar slegs met Moses, Aäron en later met die profete en ook met julle priesters gespreek het. Dit bestry ons ook nie heeltemal nie; maar lê ons eers uit waarom julle so goed as heeltemal afgewyk het van die wette van Moses en in plek daarvan julle eie selfsugtige en heerssugtige wette ingestel het. En waarom het juis die priesters bykans die meeste profete gedood, en in die laaste tyd selfs Sagaria en Johannes? En waarom probeer julle ook nog die profeet uit Nasaret te dood, wat tog die grootste tekens doen wat ooit deur `n profeet gedoen is, en wat aan die mense die ware woord van God predik?

[4] As ons nie self al meermale Sy waaragtig goddelike woord gehoor het en van Hom geen teken gesien het wat niemand buite God kan doen nie, dan sou ons niks gesê het nie; maar daar is duisende netsoos ons, wat dieselfde met Hom beleef het, en ons kan dus nou, waar God se toorn oor ons so duidelik word soos die son op `n klaarligte dag, ook sonder terughoudendheid en sonder enige vrees aan julle sê wat ons presies weet, voel en insien. Ek het aan jou vrae gestel, en jy, as ingebeelde skrifgeleerde, sal hulle baie duidelik moet beantwoord, anders sal jy die krag van die vuiste van jou onheilige volk as eerste verwesenliking van die nagtelike tweede teken leer ken, sodat jy en nog vele van jou ellendige soortgenote ons onheiligheid en vervloektheid aan die lywe kan ondervind.”

[5] Toe die genoemde forse man uit Bethlehem die woorde uitgespreek het, staan die vroeër so grimmig en ernstig op die spreekgestoelte staande skrifgeleerde daar baie angstig, bleek en bibberend by en het nouliks nog die moed om hom te verontskuldig dat hy `n ou man was wat skielik onwel voel, en dat hy nou nie sterk genoeg voel om die volk te antwoord op die gestelde vraag nie.

[6] Maar die spreker sê: “Gaan weg, ou lasteraar in die heiligdom van God, want ons weet al lankal wat se gespuis julle skepsels is – anders seën ons jou met ons vuiste!”

[7] Toe die skrifgeleerde daardie bevel uit die mond van die man uit Bethlehem hoor, verlaat hy in groot haas die gestoelte en verberg hom êrens in die newesale van die tempel.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205