Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 136

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die Heer spreek met Nikodemus oor die armes

136 Nou ontdek Nikodemus en sy vriend Josef van Arimatea Ons ook en hulle kom ons vinnig tegemoet.

[2] By My gekom, begroet hulle My baie hartlik, en Nikodemus sê: “O Heer, wat `n seën vir hierdie plek, dat U haar besoek! Ek het reeds so `n vermoede gehad dat U vandag hierheen sou kom, - en kyk, my vermoede het uitgekom! O Heer, mag ek U na my huis uitnooi om die middagmaal by my te gebruik?”

[3] Ek sê: “Vriend, Ons is saam met vele en sou nouliks voldoende ruimte in jou huis hê; bowendien sal jy vanmiddag weer `n paar fariseërs op besoek kry wat Ek met graagte wil ontmoet, en daarom sal Ek in die groot herberg, wat ook van jou is, My intrek neem. Daarheen kan jy ook gaan saam met jou vriend Josef van Arimatea en met die ou opregte rabbi, en ook met jou vrou en kinders, sodat ook hulle die Heil van die wêreld kan sien. Die twee Romeine woon tog al in hulle eie huis vlak langs jou herberg, en hulle sal beslis ook na My toe kom, omdat Ek vernaamlik terwille van hulle hierheen gekom het.”

[4] Nikodemus sê: “O Heer, U het heeltemal gelyk; maar ek sou tog graag sien dat U ook die huis waar ek woon met U heilige voete betree, sodat dit deur U voetstappe geseën word!”

[5] Ek sê: “Daardeur word jou huis nie meer geseën nie, - en as jy dit glo, dan sou dit `n nikswerd bygeloof wees. Maar tog sal Ek ook na jou huis toe kom, maar eers nadat die fariseërs vanmiddag weer vertrek het. Nou moet Ons eers wag op diegene wat nog sal kom, sodat hulle sal weet waar Ek vandag sal vertoef.”

[6] Nikodemus vra, wie daar dan nog almal moet kom.

[7] Ek sê: “Behalwe die tollenaars, wat eergister ook op die Olyfberg was, almal wat jy daar gesien het! Ook Lasarus en RafaEl met alle slawekinders sal baie gou hier wees, net langs `n ander weg! En dus sal daar binne `n uur `n paar honderd mense hulleself hier in Emmaus bevind, wat in jou huis nie maklik versorg sou kan word nie, maar wel in jou herberg, wat rojaal ruimte het vir `n paar duisend mense; daarom laat Ons dit maar daarby!”

[8] Daarna informeer Nikodemus die gesin wat hulle by ons bevind, en Ek sê aan Nikodemus: “Vriend, die gesin sou die reg hê om hulle lot bitter oor julle mense van Emmaus, te bekla; want omdat dit julle nie kon ontgaan het dat daar seker al meermale naakte en van honger huilende kinders hier in en om die stad vir die mense om brood gesmeek het, wat julle goed kon nagegaan het waar die kinders vandaan kom, en waarom hierdie kinders so heeltemal alleen ronddwaal. Maar dit het julle nie gedoen nie en dit strek julle teenoor My nie besonder tot eer en lof nie! Jy is weliswaar minder skuldig daaraan, omdat jy nou meestal in die stad woon, netsoos jou vriend Josef van Arimatea, maar hier is nog genoeg burgers wat ook nie arm is nie, en wat `n arm gesin baie maklik kan versorg. Maar dit het hulle nie gedoen nie en daarom sal Ek ook niks vir hulle doen nie, hoewel daar vele hier is wat My hulp baie goed sou kan gebruik.

[9] Jy ken wel die ou vervalle skaapshut daarbuite van `n sekere Barabe, wat in Jerusalem woon. Wel, in die hut het Ek hierdie gesin werklik in die grootste ellende aangetref! Man en vrou het siek van die jig op die vogtige grond gesit en kon natuurlik niks meer verdien nie; slegs die sewe kinders bedel naak by die onbarmhartige mense in Emmaus om brood. In die laaste twee dae het hulle ook geen brood meer gekry nie en vandag het die ryk Barabe hulle bowendien nog laat weet dat hulle ook uit die ou hut moes gaan. As Ek nie hierheen gekom het en hulle `n bietjie gehelp het nie, vertel my dan eers wat hierdie mense, omdat julle so hardvogtig is, dan moes gedoen het. Nou is hulle natuurlik vir altyd uit die nood; maar die onbarmhartige mense in Emmaus sal daarom nie gehelp word nie. - Nou weet jy wat daar met die gesin aan die gang is!”

[10] Nikodemus word baie verdrietig daarvan en sê: “O Heer, as ek maar `n vermoede daarvan gehad het, sou ek immers graag oombliklik vir die gesin gesorg het! Maar ek is nou in elk geval bereid om alles vir hulle te doen om die fout enigermate weer goed te maak!”

[11] Ek sê: “Jy hoef geen fout goed te maak nie, omdat jy feitlik geen fout begaan het nie! En vir hierdie mense is reeds gesorg en hulle sal nooit meer iemand uit Emmaus lastig val nie; maar as jy opdrag sal gee om daarna te laat soek, dan sal jy hier in die omgewing en ook by Jerusalem nog baie families vind wat jou hulp beslis baie goed sal kan gebruik. - Maar nou iets baie anders!

[12] Hoe gaan dit met die twee Romeine wat hier woon? As jy geleentheid het om hulle te berig dat die Romein Agricola hier is, en dat sy metgeselle ook baie gou sal arriveer, doen dit dan! En sê ook vir hulle dat die man uit Bo-Egipte waarmee hulle al eens in sy woonplekke mee te make gehad het, ook oor `n uur sal arriveer! Maar sê hulle voorlopig nog niks oor My en My persoon nie; want daarvoor het Ek My geheime rede, wat later vanself vir jou wel duidelik sal word! Sorg nou dat die twee Romeine vinnig hierheen kom; want Ek wil eers nog iets baie openlik met hulle bespreek!

[13] Die dag van vandag sal nog `n dag van groot, deur julle nooit vermoede onthullings gekenmerk word; gaan daarom nou en kry alles in orde!”

[12] Nikodemus begeef hom nou vinnig na die Romeine toe om hulle op hoogte te bring van alles wat Ek vir hom gesê het en beide Romeine kon nie gou genoeg met Nikodemus na Ons toe kom nie.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205