|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 63
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die volk en die tempeldienaars
63 Toe Ek dit gesê het, staan almal van tafel af op en volg My na buite, na die plek waar Ons al vóór die oggendmaaltyd was. Daar kyk mense in die rigting van Emmaus, `n gehuggie in die omgewing van Jerusalem. Vanaf Jerusalem lei meerder weë na Emmaus, maar slegs vir voetgangers. `n Ryweg loop daar egter nie heen nie, behalwe langs `n groot omweg, sodat mens veel sneller te voet by die gehuggie kon kom as met `n wa. Die mense trek op hierdie dag, omdat dit Donderdag was, massaal na die gehuggie, want op hierdie dag was daar in die plek `n broodmark, en die mense het netsoos gewoonlik daarheen uitgegaan om hulle vir `n week van brood te voorsien. Vanweë die verskynsels was daar nou in hierdie gehuggie bykans geen brood gedurende die afgelope nag gebak nie, terwyl al die mense juis vanweë die brood daarheen gegaan het.
[2] Toe ons Nikodemus dit van My gehoor het, sê hy: “O Majesteit en Heer, dit sal daar nie goed uitsien nie, want in die plekkie staan immers die bakkery van die tempel en die verdien elke week so `n duisend silwerstukke aan Romeinse geld. En as daar vandag geen brood is nie, sal die volk met geweld brood eis! O, daar sal opstootjies daarvan kom, wat nouliks te vermy sal wees! Wat moet ons daaraan doen? En `n uiters vervelende omstandigheid daarby is, dat juis ek die oppertoesig oor die bakkery van die tempel in Emmaus moet hou en daarvoor verantwoordelik is dat daar voldoende brood op tyd beskikbaar is. O wee, o wee, dit sien werklik gladnie goed daaruit nie! O Majesteit en Heer, wat kan nou daaraan gedoen word? Waar moet die brood vir soveel mense nou vandaan kom? U, o Heer, sou my wel kan help as dit U heilige wil sou wees!”
[3] Ek sê: “Jy sal ook gehelp word, maar Ek sê aan jou en aan julle almal: as julle nie aan één stuk deur tekens en wonders sien nie, dan sal julle nie glo nie, ook al lê die waarheid wat aan julle voorgehou word, duidelik voor die hand! Die volk sal egter vanweë die broodgebrek geen al te domme dinge doen nie, omdat hulle ook vannag die verskynsels gesien het. Daar is byna niemand in die stad, of in die wye omtrek, wat nie vandag en nog vele dae lank vol angs sal lewe nie, vanweë die waargeneemde verskynsels, en daarom sal die oproer wat ook deur jou in Emmaus gevrees word, beslis nie plaasvind nie, ook al sou die volk glad geen brood kry nie. Maar hulle sal wel voldoende voorraad brood aantref.
[4] Maar Ek wil julle nou op iets anders opmerksaam maak, waardeur `n groter verleentheid vir die tempel vandag en ook môre sal ontstaan as deur die moontlike broodtekort in Emmaus. Kyk net hoeveel van die volk daar toegestroom kom oor alle weë wat na Jerusalem lei! Die volk kom van die land en wil in die tempel raad kry en uit die mond van die priesters hoor hoe die vurk in die hef steek met hierdie verskynsels. En daarmee sal dit met die tempeldienaars sleg gaan! Wel sal hulle vir die volk die een boeteprediking na die ander hou en spreek oor die toorn van God, en hoe God voortaan maar net deur swaar boetedoenings en groot offers weer versoen kan word.
[5] Maar die volk sal sê: “Waarom sê julle dit nou eers vir ons, terwyl julle tog al lankal van God kan en moet hoor hoe dit in Sy oë met ons gestel is? Want ons weet van vroeër af dat God Sy volk, as hulle Hom ligsinnig vergeet het, altyd jare vooraf deur profete en sieners laat sê het wat daar met hulle sou gebeur as hulle nie weer na God toe sou terugkeer nie. Maar hierdie keer het daar geen profete gekom wat ons betyds kon verkondig hoe ons daar met God gesteld is nie! En wanneer daar gedurende die afgelope tyd profete opgestaan het wat ons vermaan het om boete te doen en ons lewens egter te verbeter, dan verklaar julle hulle as valse profete en vervolg hulle en ook diegene wat na hulle luister en hulle wil bekeer. En noudat julle netsoos ons die verskriklike teken gesien het, waaruit maklik opgemaak kan word dat God se toorn in hoë mate oor ons gekom het, nou wil julle die skuld heeltemal by ons lê; maar dit sal ons nie aanvaar nie, en ons sal ons sonder julle gebed, self tot God wend en Hom smeek om ons sondes te vergewe, en dit sal ons doen omdat julle ons nie reeds lank vooraf gesê het hoe ons voor die aangesig van JaHWeH staan nie.”
[6] Die woorde van die volk sal die priesters in groot verleentheid bring, en sommige sal aan die volk sê: “God is maar net so vertoornd op julle, omdat julle nie na ons wil luister en ons nie wil glo nie, en omdat julle jul tot bepaalde valse profete gewend het wat teen ons is en wat hulle beste doen om julle afvallig te maak.”
[7] Dan sal die volk egter sê: “Daarin vergis julle julleself, want ons het nog nooit die stem van `n valse profeet en `n woord van `n waarsêer gehoor nie. Wat ons hoor, was geen valse profete nie, want hulle leer openlik en verklaar hardop vir elkeen dat die ryk van God naby gekom het. Maar julle vervolg hulle, netsoos julle dit altyd met sulke mense gedoen het, en dit sal ook wel die rede wees waarom God ons Sy groot toorn aangekondig het, sodat Hy ons in die hande van ons vyande kan oorlewer om swaar getugtig te word. Dat julle priesters egter geen profete is nie, sien ons duidelik aan die feit dat julle tot op dié uur nie weet hoe ons voor God se aangesig staan nie.”
[8] Dan sal `n priester weer sê: “As julle egter dink dat ons niks weet en vir die volk heeltemal niks meer beteken nie, - waarom kom julle dan hier na die tempel toe? Dan kon julle immers tuis gebly het!”
[9] Dan sal die volk sê: “Vir julle het ons egter ook nie gekom nie, maar slegs vir die tempel en vir God, wat ons uit die diepte van ons hart wil smeek om ons sondes te vergewe. Julle kan saam met ons bid, as julle dit wil, maar ons sal julle geen offer daarvoor gee nie, maar wat ons sal offer, dit sal ons aan die armes en die noodlydendes offer.”
[10] Daarop sal die priesters hulle terugtrek, en die volk sal baie rumoer maak in die tempel en in die voorhof. Maar jy, vriend Nikodemus, kan nou, as jy dit wil, na benede na die tempel gaan en jouself oortuig van alles wat Ek nou aan jou en aan almal gesê het, en by die geleentheid kan jy die volk ook enkele ware woorde van troos toespreek; maar sê in elk geval niks aan die volk oor My aanwesigheid hier nie!”
[11] Nadat Ek dit aan Nikodemus gesê het, bedank hy My daarvoor en sê ook nog: “Dit sal ek alles presies so doen, en ek sal ook probeer om die volk moontlik tot bedaring te bring. Maar wat sal ek aan die hoëpriester, die fariseërs en die oudstes antwoord gee as hulle my vra waar ek hierdie verskriklike nag deurgebring het, omdat ek - wat hulle almal nou wel seker sal weet - nóg in die tempel nóg by my familie tuis te bereik was? As ek dan die waarheid moet sê, verraai ek myself en vir U!”
[12] Ek sê: “Gaan maar rustig na benede en wees nie bang nie, geen mens sal jou dit vra nie, en wat jy sal moet sê, sal jou in die mond gelê word! Vanaand kan jy, as jy wil, wel weer hierheen kom, want Ek sal nog die hele dag hier bly.”
[13] Toe gaan Nikodemus na benede, maar hy kyk onderweg meer as eenkeer om, om te sien of daar dalk `n egte Judeër was wat hom gesien het. Maar Ek stuur RafaEl agter hom aan en laat hom tot by die stadspoort begelei, sodat niemand Nikodemus kon sien nie. By die poort egter verdwyn die engel dadelik en was op dieselfde oomblik weer in ons midde.
[14] Daarop sê Ek aan `n paar leerlinge, dat ook hulle, as hulle wil, tot die middag na die tempel kon gaan om getuie te wees van wat hom daar sou afspeel. Toe gaan die leerlinge ook na benede en bly in die tempel tot na die middaguur, waarna hulle weer na Ons toe kom en vertel wat hulle beleef het.
|
|
|
|
|