|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 222
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die skynbare waarde van uiterlike kultuurontwikkeling
222 (Die Heer): “Ons eet en drink nou weer verder, maar natuurlik met mate. Cyrenius spreek daarby met ons oor allerlei praktiese dinge, en oor dinge wat betrekking het op die boukunde en die ander gaste luister na Ons en gee My en Josef in alles gelyk.
[2] Ten slotte meen `n veldheer, wat tot nog toe geen enkele woord gespreek het nie: “Dit sou met betrekking tot die boukuns ook veral bekyk moet word of die seeskepe nie sodanig gekonstrueer kan word dat mens ten eerste beter weerstand sou kan bied teen storms as wat tot nou toe die geval was. En ten tweede lyk dit vir my goed as daar by groter skepe geen rieme nodig sou wees nie; want as die rieme te hoog bo die boord aangebring is, is `n te lang steel daarvoor nodig, wat moeilik te bedien is. Daarvoor is `n groot aantal kragtige roeiers nodig, terwyl die rieme tog maar weinig krag uitoefen in die water en maklik breek wanneer dit storm. En as die rieme netsoos dit by kleiner skepe die geval is, laer bevestig is, dring die water by slegs ietwat hoër golwe deur die roei-openinge die skip binne en kan mens niks anders as om aaneen stuk deur water te skep om nie onder te gaan nie. En derdens het ons groot skepe ten slotte nog die fout, dat hulle vanweë die vele roeiers te weinig ruimte het om `n aansienlike aantal ander reisigers saam te neem, terwyl mens ondanks die vele roeiers, by ook maar `n bietjie teenwind, tog nie van sy plek af kom nie.
[3] Kyk, my beste, jong, uiters wyse en wonderbaarlik magtige Man, u sou ons, Romeine, ook wat dit betref `n goeie en ware advies kan gee! Die ou Fenisiërs skyn vaartuie te gehad het, waarmee hulle selfs vinnig en veilig en tot aan die einde van die groot oseaan kon vaar. Ons Romeine moet ons altyd beperk tot die vaar langs die oewer en durf maar net op rustige dae en tye op volle see vaar. Wat dink U daaroor?”
[4] Ek sê: “Ja, My vriend, dit is nie so maklik om die egte goeie advies te gee nie! Want wat sou jy daaraan hê wanneer jy dit ten slotte tog nie ten uitvoer sou kan bring nie?
[5] Vir `n goeie en veilige seevaart is veral noukeurige kennis van die sterre aan die hemel nodig, verdere kennis van die aarde en spesiaal van die ligging van die see, die grootte en die diepte. Maar die kennis het julle nog lank nie en julle kan dit ook nie hê nie, omdat julle dom priesters dit met alle geweld sou teenwerk; daarom sou julle ook niks hê aan beter gekonstrueerde skepe nie, omdat julle hulle tog nie sou kan gebruik nie.
[6] Die skepe van die Fenisiërs was wel iets bruikbaarder, maar nie baie nie. By gunstige wind kan hulle wel beter omgaan met hulle seile as julle; maar hulle vermy ook die volle see en vaar ook slegs langs die oewers.
[7] Maar as julle jul skeepvaart wil verbeter, moet julle dit van die Indiërs leer, wat aan die see woon; want hulle kan met seile omgaan, ook al is dit nog lank nie perfek nie.
[8] Sorg julle maar daarvoor dat julle dit sover bring dat julle siel spoedig één word met die goddelike gees, dan sal die gees julle goed laat sien hoe julle die seevaart sterk kan verbeter!
[9] Origens is julle skepe vir hierdie tyd baie goed en baie bruikbaar. Julle nakomelinge sal later nog baie wonderbaarlik vernuftige skepe bou, waarmee hulle so vinnig soos voëls in alle rigtings oor die seë sal kan vaar; maar dit sal die geluk van die mense nog fisiek, maar gladnie geestelik verhoog nie, maar juis enorm verminder. Bly daarom nog maar `n lang tyd by daardie een wat julle nou het; want `n te groot verbetering in aardse dinge is altyd `n ware en blywende verslegting wat die geestelike betref, wat tog die enigste is wat die mens moet kultiveer met al sy lewenskrag.
[10] Watter sin het dit as die mens alle skatte van die wêreld vir homself sou kan verkry, maar daardeur groot skade sou ly aan sy siel?! Ken julle nog nie die kort lewensduur van al die vlees op hierdie aarde en die uiteindelike lot van die vlees nie? Of jy nou as keiser sterf of as bedelaar, aan die anderkant maak dit nie saak nie! Wie hier baie het, sal aan die anderkant baie moet ontbeer, maar wie hier weinig of niks het nie, sal aan die anderkant ook weinig of niks te ontbeer hê en sal des te makliker en vroeër die innerlike en enigste ware lewende skatte van die gees verwerf.
[11] Daarom was die oervaders van hierdie aarde sulke gelukkige mense, omdat hulle so eenvoudig moontlik voorsien het in hulle aardse lewensbehoeftes. Maar toe, veral die mense wat in die laer geleë dale stede begin te bou het, het daarmee ook die hovaardigheid in hulle gevaar. Hulle verwelk, word traag en verval spoedig in allerlei boosheid en daardeur in allerlei ellende. Wat se goed het hulle daaraan? Hulle verloor God uit die oog van hulle siel en alle innerlike lewenskrag van hulle gees verlaat hulle, sodat hulle, netsoos vele van julle, nie meer kan glo aan `n lewe na die dood van die liggaam nie.
[12] Was dit nie `n vreeslike ruil, om vir `n groter luuksheid van die materiële lewe die geestelike so goed as heeltemal te verloor?
[13] Wie van julle derhalwe wys is, probeer nou weer die onnodig, oordrewe goeie en gerieflike materiële lewe te ruil vir die suiwer, ware, geestelike; dan sal hy oneindig baie beter daaraan doen as wanneer hy sou uitvind hoe mens veilig en so vinnig soos `n voël oor alle seë kan vaar. Eendag sal hy tog moet sterf! Watter nut sal sy groot uitvindings dan vir sy siel hê?!
[14] Bly daarom by wat julle het! Heg geen belang daaraan nie en kyk veral hoe jy meer en meer op die weg van die gees kan wandel, dan sal julle daarmee die grootste en beste uitvinding gedoen het vir die groot skeepvaart, vanuit die aardse na die ander ryk, aan die anderkant, die geestelike!
[15] Wend al julle kragte en middele ten volle aan om daardie een te bereik wat ewig duur; maar sorg slegs in so verre vir die aardse, vir jou liggaam, as wat redelikerwys nodig is! Dat `n mens moet eet en drink en sy liggaam moet beskerm teen koue en groot hitte, is baie natuurlik; maar wie vir die liggaam meer doen as vir die siel en ten slotte alleen nog maar vir die liggaam sorg, is werklik `n blinde en dom dwaas.
[16] Ja, wanneer iemand sy liggaam teen God se wil in `n ewige lewe kan voorsien - wat onmoontlik is, - dan moet hy slegs vir die welsyn van sy liggaam sorg; maar anders moet hy slegs sorg dra vir wat ewig sal en moet duur, omdat God dit so bepaal het!
[17] Wanneer julle dit nou goed begryp het, vra julle My nie meer hoe jy nuttelose, aardse dinge baie kan verbeter nie; want Ek het maar net na hierdie wêreld gekom om julle die weë te wys na die ewige lewe en om dit goed te baan, sodat julle veilig en maklik daarop vooruit kan kom!"
|
|
|
|
|