|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 79
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die volk onthul die gruweldade van die fariseërs
79 (Die herbergier): “Toe sê die priester dat hy en sy medepriesters nog nooit `n profeet gedood het nie.
[2] Daarop begin die volk weer te protesteer en sê: “Jy is al veertig jaar priester en sou jy nie daarby gewees het toe die vrome Sagaria, ongeveer vyf-en-twintig jaar gelede tussen die groot offeraltaar en die allerheiligste, deur in woede ontstoke hande gewurg was nie?
[3] Dit is nog maar nouliks een jaar gelede dat in die woeste omgewing aan die Jordaan, Johannes, `n seun van die deur julle gewurgde Sagaria, deur julle bemoeienis en julle omkopery deur die geregsdienaars van Herodus gegryp was. Maar Herodus, wat baie gou gemerk het dat Johannes `n wyse man was en dat God se Gees uit sy woorde spreek, het hom meer as `n vriend behandel en het die leerlinge van die profeet vry en ongehinderd in en uit laat loop. Maar die Satan het julle baie gou laat weet dat dit met Johannes so goed gaan, en toe julle dag en nag beplan hoe julle Herodus sover kon kry dat hy die vrome profeet sou laat dood. Na veel kommer en beraadslaging vind julle in die slegte moeder van die mooi Herodias, waarvan Herodus baie gehou het, `n baie geskikte middel om die profeet uit die weg te ruim. En sodoende het julle ook hierdie profeet gedood omdat hy, in die teenwoordigheid van die hele volk, te veel op julle gewete gewerk het.
[4] Maar daar is nog `n groot profeet wat nou leef en leer, wat uit Galilea hierheen gekom het, en waarvan Johannes selfs gesê het dat hy nie waardig was om Sy skoenrieme los te maak nie; want hyself was slegs `n stem van `n roepende in die woestyn om die weg te berei vir die groot Profeet van wie mense, vanweë Sy leringe en Sy dade, algemeen sê dat Hy die beloofde Messias is.
[5] Maar wat sê julle? Julle sê dat daar geskryf staan dat daar uit Galilea geen profeet sal opstaan en dat elkeen wat in Hom glo, vervloek is.
[6] Maar ons sê: Al staan daar dan geskryf dat daar uit Galilea geen profeet sal opstaan nie, dan staan daar na ons wete tog nêrens geskryf dat die Messias nie uit Galilea sal opstaan nie!
[7] En hierdie groot profeet het nog onlangs op die fees in die tempel geleer, en op so `n wyse manier dat selfs die boosaardige knegte, wat Hom moes gryp en voor julle moes sleep, ten slotte oor Hom getuig het dat daar nog nooit `n mens was wat so gespreek het soos Hy nie. Maar julle woede het steeds groter en groter geword. En toe Hy julle met waarlik goddelike krag die waarheid in die gesig slinger, word julle so kwaad dat julle Hom dadelik in die tempel wou stenig. Maar Hy het onsigbaar geword sodat julle die opgeraapte klippe vol ergernis weer moes neerlê.
[8] Lasarus, die meester van Betánië, sit in julle raad en gee, as een van die rykste manne van die hele Judese land, groot offers aan die tempel. Toe al sy groot offers nog steeds nie vir julle genoeg was nie en julle hom dag en nag daaroor lastig geval het, word dit vir hom tog te bar, veral omdat julle hom in alle erns gesê het dat dit beter en nuttiger vir hom sou wees om alles aan die tempel te gee in plaas van aan die armes, want die arme gepeupel moes maar werk, dan sou hulle goed te ete kry. Want dit was nie welgevallig aan God dat `n ryk mens deur sy domme barmhartigheid die armes tot nuttelose luiaards maak nie. Dit het julle aan hom gesê, netsoos ons van homself gehoor het.
[9] Wel, Lasarus laat dit ook nog gedeeltelik vir hom welgeval; maar in oorleg met sy twee susters neem hy `n besluit en sê: “Ons besit nog baie onontginde grond. Ek sal terwille van die tempel ophou met die somaar gee van aalmoese; in plaas daarvan sal ek, uitgesonder by gebrekkige mense, alle armes wat na ons toe kom, vra of hulle nie na kragte vir `n goeie loon by ons wil kom werk nie”. Dit doen Lasarus, hy neem baie arbeiders aan en laat sy uitgestrekte en verafgeleë grondbesit deur hulle bewerk. Aan die tempel skenk hy nog steeds groot offers, wat ons maar al te goed weet. Julle het dit weldra te wete gekom; weliswaar kon julle die goeie man vir niks wesenlik verwyt nie, omdat hy hoofsaaklik gedoen het wat julle wou, maar heimlik was al die arbeiders van hom alweer `n doring in julle bose oë, en julle het baie gou alle moeite gedoen om met alle middele wat tot julle beskikking was, sy arbeiders van hom af te rokkel.
[10] So laat julle jul troue dienare dan weer hier en dan weer daarheen gaan om te vra: “Hoe kan julle nou hier werk? Weet julle dan nie dat dit `n vervloekte stuk land is en dat die vroeëre goddelose eienaar in sy oormoed die tempel tien maal die wetlike tiende geweier het nie?!”
[11] Maar die arbeiders het hulle nie daaraan gesteur nie en antwoord julle tempelbodes: “Dit kan wel waar wees, hoewel dit nêrens vermeld staan nie; maar nou is die eienaar van die land `n man wat die tempel nog nooit `n tiende geweier het en dit ook nie sal weier om te betaal vir hierdie grond as hy vrugbaar geword het nie. Laat ons dus werk en dan sal ons goed sien of JaHWeH sal weier om hierdie grond te seën!”
[12] Toe julle bodes op die manier geen sukses gehad het nie, gaan hulle na `n ander stuk grond van die goeie man en probeer om met ander middele sy arbeiders af te rokkel. Julle spreek selfs `n vloek uit oor sy Olyfberg omdat hy dit nie aan julle wil skenk nie, - waarna julle hom dan vir baie geld aan `n ryk Griek of Romein sou verkoop het.
[13] Was dit alles handelinge volgens die wil van God, wat deur Moses gesê is: “Jy sal dit wat van u naaste is, nie begeer nie!” Ten slotte, toe die goeie man baie nadruklik genoeg van julle manier van doen gehad het, wil julle hom laat sien welke mag julle oor hom het. Maar die goeie man was slimmer as julle; hy word vinnig met al sy besittings volledig `n Romeinse onderdaan en Romeinse burger, staan nou volledig onder Romeinse beskerming en betaal aan hulle `n veel geringer belasting. Aan julle bodes en knegte is die toegang tot sy grondbesit deur Romeinse wagte belet, en sedert onlangs word dit selfs deur groot, kwaadaardige honde gedoen. Slegs so nou en dan mag `n ou en ietwat eerliker fariseër en skrifgeleerde hom besoek.
[14] En sê nou eens, moeë en swak prediker, wat het julle daarmee bereik? Het julle dalk julle reg by `n Romeinse regbank afgedwing? Daarom het God julle in hierdie nag laat sien wat Hy met Jerusalem en julle tempel waarskynlik al binnekort sal doen. Spreek ons nou maar eers aan as jy kan en wil! Hoeveel skatte, geld en goedere van arme weduwees en wese het julle nie al buitgemaak met die belofte dat julle dan vir hulle met tydelike en ewige welsyn sou sorg nie. Maar sodra julle hulle eenmaal in julle kloue het, word hulle baie gou vir ewig deur julle versorg. Op watter manier, dit weet ons merendeels reeds, en julle sal dit in julle slegte gewete seker nog beter weet!
[15] As julle wis dat daar êrens `n arm jong meisie of `n jong vrou was, laat julle `n verklede tempeldienaar daarheen gaan om die jong meisie vir julle slegte luste mee te lok of om die jong vrou tot egbreek te verlei, sodat sy dan onder bedreiging om gestenig te word, vir altyd julle minnares moet bly. O, wat `n groot skande en ontsettende gruweldade van die tempel!
[16] Julle glo natuurlik al lankal in geen God meer nie en daarom het julle jul brutaal die reg toegeëien om die plek in te neem van God, in Wie die volk nog steeds glo, en het in JaHWeH se Naam allerlei wette gegee wat julle onversadigbare heerssug en oormatige vraatsug moet dien, waarvan uiteindelik selfs die heidene `n afkeer van moes kry. Maar in hierdie nag het die ou God weer opgeduik en het julle en die volk met indrukwekkende en duidelike tekens laat sien, dat Hy nog heeltemal dieselfde is as wat Hy was ten tyde van Abraham, Isak en Jakob.
[17] En nou het ons, die volk, voor God en voor julle die volste reg om julle openlik in julle gesig te sê dat nie ons nie, maar alleen julle, die aanstigters van alle sonde was wat in die loop van die tyd waar julle goddelose wette by ons gebruiklik geword het; want julle spoor ons immers gewoonweg tot sonde aan, sodat ons dan vir ons begane sonde meer moes offer om dit deur julle korrupte brandoffers en deur julle volkome waardelose magspreuke kwyt te raak. Daarom is slegs julle die skuld van alles, netsoos dit uit die tweede verskriklike teken ook baie duidelik af te lei was. Nou, omdat julle jul voor God en voor die volk so magtig waan, reël dit dan vir ons by God en sê wat God met julle en met ons sal doen!”
[18] Kyk, Majesteit en Heer, so spreek die volk woordeliks met die prediker wat al baie bang en verleë geword het, wat alles soos `n gegote kalf, stom en bewegingloos aangehoor het en aan die volk ten slotte niks anders kon sê nie as: “Vir die volk is ek te swak, hier moet `n skrifgeleerde kom!”
[19] En die volk sê: “Laat hom maar kom, dan sal ons ook aan hom toon dat die stem van het volk verreweg meer God se stem is as die domme en niksseggende en alle reg miskende woord van `n heers- en hebsugtige tempeldienaar!”
[20] Toe verdwyn die spreker en ons moes daarna byna `n halfuur wag voordat die aangekondigde skrifgeleerde verskyn.”
|
|
|
|
|