|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 3
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die bygelowige slawehandelaars
3 Toe Ons nog daar sit om te eet en te drink, kom uit die helder en volkome wolklose hemel `n geweldige bliksemflits, waarop `n donder volg wat alles laat dreun. Almal skrik ontsettend en vra My wat dit nou kon beteken.
[2] Ek sê: “Dit sal julle weldra sien! Die verskynsel het vir ons slawehandelaars al begin; want terwyl Ons hier eet en drink, arriveer hulle onder by die berg, en al hulle waens en karre staan al daar. Hulle sou dadelik met die verkoop van hulle ware begin het, as hierdie bliksem hulle nie gewaarsku het nie.
[3] Die volkere in die gebied ten noorde van die Pontus het ook `n soort geloofsleer, maar dit is natuurlik uitermate gebrekkig; en hierdie is heeltemal in die hande van bepaalde waarsêers wat volkome afgesonder van die res van die volk lewe, hulle eie grond en talryke kuddes het, en merendeels in die berge in moeilik toeganklike hooggeleë dale woon. Hierdie waarsêers stam merendeels van die Indiërs af en besit derhalwe kennis van allerlei toorkunste en towery, maar hulle gaan ewenwel nooit of slegs hoogs selde na die groot volkere wat in die uitgestrekte laagvlaktes woon; die is egter wyd en syd met hulle bekend en gaan vir aangeleenthede wat vir hulle belangrik is, na die genoemde waarsêers toe om die toekoms deur hulle te laat voorspel, natuurlik teen nie geringe offers nie. By die geleenthede vertel hierdie wyses uit die berge die vraers so nou en dan ook van hoër en magtige onsigbare wesens, wat hulle en alle elemente beheer, en dat juis hulle, die wyses van die berge, hulle naaste dienare is en oor die laer natuurmagte heers. Dit verbaas die domme pelgrims natuurlik altyd in `n hoë mate, veral as so `n waarsêer ook nog `n toorkunsie vir hulle daarby gee.
[4] Ons slawehandelaars het met hulle ware uit hierdie streke gekom, en dit nou al vir die sewende keer, hoewel nou vir die eerste keer na Jerusalem, omdat hulle gewoonlik hulle ware hetsy in Lidië, Kapadocië, ook wel in Tirus en Sidon, of ook in Damaskus verkoop het. Hierdie keer het hulle dit na Jerusalem gewaag en ook nou sou hulle nie hierheen gekom het as My wil hulle nie daartoe aangesit het nie.
[5] Voordat hulle egter met hulle koopware uit hulle land vertrek het, het hulle ook `n waarsêer geraadpleeg of hulle sou slaag met hulle handel. En hy sê met `n baie ernstige gesig: “As julle geen bliksem sal sien en geen donder sal hoor nie, sal julle jul ware goed verkoop.” Dit was al wat die waarsêer aan hulle gesê het. Die slawehandelaars het dit as `n goeie voorspelling beskou, omdat hulle gedink het dat daar so laat in die jaar wel geen onweer meer sou kom nie. Maar hierdie geweldige bliksem, met die hewige donderslag, het hulle nou uit die droom gehelp, en nou staan hulle radeloos onder die berg. Maar voor Ons na benede gaan, sal daar nog `n paar van die bliksems volg, waardeur ons slawehandelaars nog meer verskrik sal word, en Ons makliker met hulle sal kan praat!”
[6] Toe sê een van my eerste leerlinge : “Wie weet watter taal hulle praat?”
[7] Ek sê: “Dit gaan jou voorlopig niks aan nie; vir My is geen enkele taal ter wêreld vreemd nie! Maar hierdie mense praat merendeels die taal van Indië, wat ooreenkom met oer-Hebreeus.”
[8] Daarop sê die leerling niks meer nie, en ook die tweede bliksem word gevolg deur `n baie heftige donderslag, en vinnig daarop die derde; maar hulle slaan almal in die grond en rig geen skade aan nie.
[9] Na die derde bliksem kom daar `n besonder mooi jong man egter vinnig die kamer binne, buig diep voor My en sê met `n lieflike maar tog manlik aansienlikee stem: “Heer, U roep my, hier is ek om U heilige wil uit te voer!”
[10] Ek sê: “Jy kom van Cyrenius en van Jarah af?”
[11] Die jong man sê: “Ja, Heer, volgens U heilige wil!”
[12] Toe herken die eerste leerlinge vir RafaEl, gaan na hom toe en groet hom.
[13] Maar die jong man sê aan hulle: “O, julle gelukkiges, wat steeds by die Heer kan wees wat hier in Sy hoogste wese aanwesig is! - Gee my, voordat Ons oorgaan tot `n groot en belangrike werk, ook iets te ete en te drinke!”
[14] Toe wedywer almal met mekaar om die jong man te ete en te drinke te gee. Die Romeine nooi hom uit en ook alle ander doen alles om die jong man van diens te wees; want almal was diep onder die indruk van die grasie van die jong man. Hulle sien hom aan as een buitengewoon mooi seun van `n aardse moeder, aan wie Ek gevra het om My agterna te reis. Slegs die eerste leerlinge wis wie die jong man was. Hy eet en drink asof hy uitgehonger was, en almal verbaas hulle dat die jongman soveel na binne kon werk.
[15] Maar RafaEl glimlag en sê: “Beste vriende! Wie baie werk verrig, moet ook baie eet en drink! Is dit nie?”
[16] Agricola sê: “O, ongetwyfeld, waaragtig hemels mooie jong seun! Maar vertel my eers wie jou vader en wie jou moeder is, en uit welke land jy afkomstig is!”
[17] RafaEl sê: “Wees maar geduldig! Ek sal nou `n paar dae hier bly en in die tyd sal jy my nog wel van naderby leer ken. Ons het nou `n groot werk te verrig en daarvoor, beste vriend, moet ons goed konsentreer!”
[18] Agricola sê: “Maar, my allerliefste en mooi jong vriend, wat kan jy dan wel doen met jou deur en deur meisiesagtige tere hande? Jy het nog nooit swaar werk verrig nie, en wil jy dan nou dadelik met groot en swaar werk begin?”
[19] RafaEl sê: “Ek het egter nog nooit swaar werk verrig nie omdat elke werk, ook al kom dit jou nog so swaar voor, vir my baie lig is. Die komende sal jou wel daarvan oortuig!”
[20] Toe sê Ek: “Dit is nou tyd om die gevangenes daar benede te verlos en vry te maak; laat Ons dus gaan! Maar wie hier wil bly, laat hulle hier bly!”
[21] Almal vra My egter of hulle mag saamgaan, en Ek staan hulle dit toe. En so gaan Ons vlug die berg af en was baie gou by ons slawehandelaars, waaromheen baie van die volk hulle versamel het om die arme slawe en hulle verkopers aan te gaap.
[22] Ek gee RafaEl `n teken om die nuttelose volk weg te jaag, en hy laat die volk soos kaf uitmekaar stuif. Elkeen hardloop so al hy maar kon om nie deur `n paar woeste leeus, wat hulle in hulle midde waargeneem het, verskeur te word nie.
|
|
|
|
|