Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 142

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Vorm en gees van die skepsele

142 Die goed toebereide spyse word op die tafels gesit. Almal gaan in goeie orde sit en eet en drink. Die sewe manne uit Opper-Egipte sit ooreenkomstig My wens aan My tafel en eet ook saam. Ons kry weereens vis, en wel van die edelste soort uit die die Jordaanrivier, wat besonder goed en smaaklik voorberei was en wat vir alle gaste goed smaak. Die sewe Egiptenare was vol lof oor die manier waarop die vis toeberei was en eet dit met ware lus, hoewel hulle al `n bietjie brood en wyn genuttig het.

[2] Toe Ons so `n rukkie geëet en gedrink het, kom Lasarus met RafaEl ook aan My tafel sit en beide eet en drink lustig saam; want hulle het die jong mense versorg en het eers daarna by Ons aangekom.

[3] Die leier van die Egiptenare skep baie behae in RafaEl. Hy bekyk hom van kop tot toon en sê toe aan My: “Majesteit en Heer van ewigheid! Toe hierdie dienaar van U vier duisend aardse jare gelede nog liggaamlik op aarde geleef het, was sy gestalte nie so onbegryplik mooi as nou in sy suiwer geestelike toestand nie. As ook ek eendag waardig bevind sou word om in U ryk te kom, sal ek dan ook `n edeler gedaante kry? Ek moet toegee dat my verskyning vergeleke met die van hierdie dienaar wel onnoemlik lelik is; vir ons klimaat is dit weliswaar geskik, maar mooi en edel is dit nie. Ek weet ook dat dit in hierdie wêreld nie gaan om die uiterlike nie, maar alleen om die volmaaktheid van die siel; maar in U ryk moet tog ook die gedaante en die uiterlike vorm baie belangrik wees, anders sou die suiwer geeste nie in sulke edel en mooi vorms te siene gewees het nie! Op hierdie wêreld het die kleur van die huid en die uiterlike gedaante van `n mens vir sy innerlike waarde weliswaar geen betekenis nie; maar in U hemelryk sal dit baie te beteken hê. Dit sou ek nou ook graag wil weet. Ek het wel enigsins `n vermoede daarvan, maar in die opsig het ek tog nog geen duidelikheid nie.

[4] Ek sien wel altyd in my siel die hele aarde, haar skepsele en hulle omstandighede, ek ken die nuttelose doen en late van die mense en sien alles tot in die middelpunt van die aarde; die miriades geeste in alle elemente is my nie onbekend nie, netsoos die instroming van U ewige Gees in alle wesens; Maar die rede vir al die verskillende vorms in U stoflike en veral in U suiwer geestelike skeppingsfeer het ek tot nou toe nog nie kon ontdek nie. As U, o Majesteit en Heer, ons ook iets daaroor sou kan vertel, dan sou dit ons siele baie gerusstel.”

[5] Ek sê: “My beste vriende, die soek en vind van die waarheid het julle veel moeite en werk gekos; maar moedig strydend het julle, ondanks alle probleme waarmee julle te kampe gehad het, die gesoekte doel vir die grootste deel gelukkig bereik, en dit is eintlik die hoofsaak van die lewe.

[6] Wat betref die ander dinge, veral dit waaroor jy so pas gevra het, die heil van die siel is nie daarvan afhanklik nie en dit sal alles vir die siel duidelik gemaak word, wanneer sy volledig in haar gees uit My wedergebore word en daarmee één sal wees. Maar Ek sal julle tog nog iets daaroor sê; die res sal dan vir julle wel vanself duidelik word.

[7] Kyk, die mense het al sedert oeroue tye bepaalde instrumente gemaak, wat tone kan voortbring, - netsoos by ons die harp, die herdersfluit (skalmei), die basuin en die simbaal, by die Grieke die lier, die fluit en die eolusharp! As hierdie en nog ander sulke geluidsinstrumente goed en suiwer gestem is, gee hulle ook by die gebruik `n suiwer melodie en bowendien `n baie welluidende harmonie; as hierdie instrumente egter nie ingestem is nie, dit wil sê, as die tone onderling nie goed tot mekaar in verhouding staan nie, dan kan mens geen melodie daarop voortbring en nog minder `n suiwer harmonie bereik nie.

[8] Stel jou nou die menslike siel eers voor! As sy in die goeie en ware verhouding tot haar liggaam staan, bevind sy haarself ook in die korrekte lewensharmonie, en die harmonie gee aan die siel haar skoonheid, wat natuurlik eers volledig sigbaar word, wanneer die siel haarself buite die liggaam in My ryk sal bevind. Wie egter reeds in die liggaam op hierdie wêreld sy aandag rig op goeie en daarnaas ook op slegte mense, sal baie gou gewaar word dat `n goeie mens ook altyd uiterlik `n lieflike en vriendelike vorm laat sien, terwyl `n slegte mens al van verre aan iemand wat hom ontmoet iets afstotend, onvriendelik en dus ook iets lelik laat sien, wat hy nie maklik kan verberg nie. Die oorsaak daarvan lê in die innerlike sieleharmonie of - by slegte mense – innerlike siele disharmonie.

[9] Sulke verskille kan jy ook al in die diereryk en selfs in die planteryk vind. Natuurlik kom al hierdie gedaante- en vormverskille eers in die geestesryk op die duidelikste wyse aan die lig, terwyl hulle in die liggaamlike wêreld slegs vaag aanwesig is. Wanneer julle dit by geleentheid eers goed in julleself sal ondersoek, dan sal julle al die verdere maklik vanself vind. Julle is wyse mense, wat baie vertroud is met die kragte van die natuurwêreld en haar elemente en julle sou ook in die sfeer van die innerlike siele-intelligensie, die oorsake en gevolge maklik kan vind, as julle jul daarmee sou besig hou. Maar elke mens sal dit, en eindeloos veel ander dinge, eers insien wanneer die Gees uit My volledig in sy siel wedergebore sal wees.

[10] En daarom sal Ons dan nou ook geen woord meer sê nie; maar nou eet en drink Ons nog en na die maaltyd sal dan blyk wat Ons verder gaan doen!”

[11] Na hierdie lering was die sewe baie tevrede, en die leier sê: “O Majesteit en Heer, ons dank U vir U woorde; hulle stel ons volkome tevrede en ons weet nou baie goed hoe ons ook in die opsig daaraan toe is, en hoe ons hierdie saak moet bekyk en ondersoek.”

[12] Daarna eet en drink Ons nog die res van Ons maaltyd, staan toe van tafel op en Ek seën almal hier aanwesig.


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205