Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 93

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die kwade en die oordeel

93 Met hierdie woorde van My word die man heeltemal bly en hy eet en drink, en sy metgeselle volg vol ywer sy voorbeeld.

[2] Die vrou, wat haar met haar man onder hulle bevind, sê egter diep getref: “O, hoe goed en regverdig is die Heer tog! Wie Hom waaragtig herken het, moet Hom tog bo alles liefhê! O, as die tempeldienaars daar benede sou besef wie Hy was, dan sou hulle Hom seker ook bo alles liefhê en Sy wyse gebooie opvolg! Maar die duiwel in eie persoon sal dit nooit by hulle toelaat nie, omdat hulle sy trouste dienare en knegte is en daarom geen barmhartigheid meer van die Heer werd is nie. O, eenmaal in die hel sal hulle seker ewig spyt daaroor hê en sê: “O, waarom het ons onsself so deur die duiwel laat verblind!” Maar daar sal daardie berou hulle seker nie meer help nie! O Heer, ons dank U, dat U aan ons arme, onmondige mense die ryk van U barmhartigheid geopenbaar het en dit aan die wyses van hierdie wêreld weerhou het!”

[3] Ek sê: “Jy het wel goed gespreek volgens jou eie insig; maar besef goed daarby dat daar in die hel geen berou bestaan ter verbetering van `n helgees, wat gebaseer is op die feit dat hy wesenlik berou het oor die kwaad wat hy op aarde gedoen het nie. Want as `n gees in die hel werklik tot so `n berou sou kom, dan sou daar vir hom ook verbetering en verlossing moontlik gewees het; maar `n kwade gees - dus `n duiwel - kan nooit in die goeie sin berou in hom laat opkom nie, maar slegs berou wat netsoos hyself van oorsprong boos is, en dit berou hom maar net dat hy nie nog onuitspreeklik veel meer van die ergste kwaad in die wêreld aangerig het nie.

[4] Dat daar by so `n siel geen verbetering en dus ook geen verlossing intree nie, is vir elke mens, met `n bietjie verstand, goed duidelik.

[5] Netsoos by `n hemelse engel alles deur en deur goed is, is by `n duiwel alles deur en deur sleg. Hoe innerliker `n engel dink en wil, des te meer lyk hy soos God en is hy vryer en magtiger, en hoe innerliker `n duiwel dink en wil, des te meer is hy ongelyk aan God, en is hy onvryer en onmagtiger; want die aartsboosheid in hom rem al sy krag, en is sy oordeel en sy ware dood.

[6] Ja, beste vrou, as die duiwel van binne af in staat sou wees om waaragtig berou te hê, sou hy geen duiwel wees nie, en sal hy hom nie in die hel bevind nie. Daarom kan `n duiwel ook nooit van binne af, dus uit homself, sy lewe verbeter nie, maar deur inwerking van buite af is dit na verloop van onvoorstelbaar lang tyd nog wel moontlik; hierdie inwerkings moet egter altyd volkome ooreenstem met die innerlike van die duiwel, wat - netsoos gesê - deur en deur sleg is. Op die manier verstik die kwaad wat van buite af op die duiwel inwerk die innerlike bose, en slegs daardeur kan dit in sy aartsbose gees geleidelik aan ietwat ligter en dus ook ietwat beter word.

[7] Daarom skyn die kwellings van die helgeeste altyd van buite af te kom, netsoos dit by baie slegte mense ook al op hierdie aarde blyk te gebeur. As lesse, vermanings en wyse voorskrifte nie meer by `n aartsslegte mens baat nie, en hy hom maar net steeds meer wil verset teen die wette van die orde, kan hy innerlik, uit homself, onmoontlik meer verbeter word. Dan kom hy in die hande van skerp en onverbiddelike regters, wat die misdadiger baie pynlike uitwendige straf oplê.

[8] As die boosdoener baie moet ly, kom hy tog langsamerhand meer tot inkeer en begin ietwat ryper oor die oorsaak van sy lyde na te dink, besef sy onmag en tewens die onverbiddelikheid van die oordele; - ja, hy begin ten slotte in te sien, dat net hy die rede en die oorsaak van sy kwellings is, en wel deur sy slegte dade, wat hy uit vrye wil en met boosaardige genoeë teen die wette van die algemene orde begaan het. Omdat hy nou egter sien dat juis sy slegte dade tans sy kwelgeeste is, begin hy dit ten slotte in homself te verafsku, en wens dat hy hulle nooit begaan het nie. En kyk, dit is dan al `n stap na `n moontlike verbetering!

[9] Maar dan mag die uiterlike straf nog lank nie beëindig word nie, want die boosdoener begin sy kwade dade maar net te verafsku, omdat hulle kwade vrugte afwerp. Hy moet dan eers deur onderrig van buite af in homself begin te besef dat sy slegte dade egter op sigself sleg is en ook alleen om hierdie rede verafsku moet word, en nie omdat hulle vir die boosdoener noodsaaklikerwys kwade gevolge het nie.

[10] As die boosdoener dit ingesien het en die kwaad om die kwaad self begin te verafsku en die goeie vanweë die goeie gaan verkies, dan ondergaan hy sy straf geduldiger en verdra alles, omdat hy sy lyde volkome regverdig vind en as `n weldaad beskou waardeur sy lewe verbeter word. Eers as die misdadiger by hierdie punt gekom het en sy innerlike werklik steeds beter word, het die tyd gekom om die uiterlike straf in dieselfde mate te laat afneem, soos waarin die innerlike van die vroeëre misdadiger volgens waarheid verbeter is.

[11] As wêreldse regters dit sou begryp, kon hulle ook menige aartsmisdadiger nog omvorm tot `n goeie mens; maar hulle staan by groot misdadigers dadelik gereed met die doodstraf en maak die totaal onverbeterlike misdadigers daardeur juis tot volledige duiwels in die geesteswêreld. Dit moet egter in die vervolg nie meer by julle voorkom nie!

[12] As julle moet oordeel, vel dan, netsoos Ek het julle nou vertel het, `n korrekte oordeel tot ware en seker moontlike verbetering van die sondaar, maar nie om hom nog meer duiwels te maak nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205