Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 91

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Voorsiening in lewensbehoeftes deur oorgawe aan die wil van die Heer. Die materiële en die geestelike sondvloed

91Na hierdie mededeling word elkeen buitengewoon opgewek.

[2] En Ek sê aan Lasarus: “Laat nou brood en wyn hierheen bring; want Ons wil nou gemoedelik byeen wees!”

[3] Daarop word daar brood en wyn gebring. Toe Ons nou in ruime mate voorsien was, eet en drink Ons almal baie welvoldaan, en elkeen prys My as die goeie gewer van die heerlike brood en die uitstekende wyn.

[4] Terwyl Ons so eet en drink, sien Ons Helias, met haar skerp oë, die terugkerende fariseërs wat die veelbesproke pilaar toeloop en weer daar bly staan, en sy wys Ons daarop.

[5] Maar Ek sê: “O, laat hulle maar gaan en kyk; hulle sal tog niks vir die heil van hulle siel daar vind nie, want hulle hart sal verstok bly tot in die dood!”

[6] Helias sê: “O, as ek maar `n bietjie almagtig was, dan sal ek die booswigte nou oor louter slange en adders, skerpioene en giftige akkedisse huistoe laat gaan!”

[7] Ek sê: “O, die angs om deur Romeine agtervolg te word, is beter as wat jy hulle nou sou wil aandoen! Hulle het nou egter ook nie so lank by die pilaar gebly nie en gaan baie vinnig verder. Hulle het ontdek dat daar enkele mense agter hulle aankom; die beskou hulle as moontlike Romeine en daarom gaan hulle nou daarvandaan. Kyk, dit is beter as jou slange, adders, skerpioene en giftige akkedisse!”

[8] Dit stel Helias dan ook tevrede en sy eet en drink rustig verder.

[9] Daarna sê Ek aan Lasarus dat hy ook moes sorg dat die jong slawe brood kry en met water gemengde wyn.

[10] Saam met RafaEl vertrek Lasarus om aan My wens te voldoen. Toe hulle egter by die tente kom waarin die jeug hulle bevind, was daar al uitstekend vir alles gesorg.

[11]Lasarus sê: “Kyk nou eers! Wat moet ons nou doen?”

[12] RafaEl sê: “Ons gaan weer opgewek terug; want iemand wat so graag en gewillig as jy die wil van die Heer wil doen, hoef dit vir die Heer nie met dade te bewys nie. Want `n volkome, aan die Heer toegewyde wil, is vir die Heer al die daad self; dan volbring die Heer Self die daad, netsoos jy hier sien. O, as die mense dit maar goed kan insien en met hulle hart daarvolgens handel, wat `n maklike en onbesorgde lewe sou hulle dan al op aarde gehad het, en welke geluksalighede sou hulle dan al op aarde geniet het nie! Maar nou is hulle blind en verdwaal in die dooie materie en stik daarin. Gereeld werk hulle hulleself vir hulle brood bloedig in die sweet, terwyl hulle dit sonder liggaamlike inspanning van die Heer kon gekry het, en dan nog suiwerder en beter as dit waarvoor hulle self kan sorg.

[13] Môre sal jy in Emmaus die nog ware mense uit Opper-Egipte leer ken, en dan sal jy verbaas staan oor die ongebonde mag van hulle wil. Daar is maar sewe wat al volmaak is: die vroue en kinders en die nog minder volmaaktes is tuis gelaat met maar één volmaakte man, omdat die vroue, kinders en die minder volmaaktes dit sonder hom moeilik sou hê. Maar hulle meester, wat nog uit die skool van die oeroue Egiptiese innerlike wysheid is, sal met sy ses vernaamste leerlinge na Emmaus kom, en dan sal julle net sien hoe vinnig hy die Heer en ook ons almal sal herken. - Maar nou gaan ons weer na die Heer!”

[14] Die twee kom weer by Ons, en Ek vra aan Lasarus of die jeug voorsien was.

[15] Lasarus sê: “O ja, Majesteit en Heer, die jeug is al uitstekend voorsien, - maar ons twee het heeltemal niks daaraan kon bydra nie; want toe ons by die tente kom, was die brawe kinders al ryklik van alles voorsien. U, o Heer, het maar net my wil enigsins getoets; maar U het Self die handelings verrig, netsoos wat dit altyd by U die geval is! U alleen sy my dank; want sonder U is ons niks en kan ook niks. U alleen is alles in alles!”

[16] Ek sê: “Baie goed, baie goed, my beste vriend en broer Lasarus! Kom nou maar weer by Ons sit en wees vrolik saam met Ons almal!”

[17] Lasarus neem saam met RafaEl sy vroeëre plek naas My weer in en wil met My praat oor die ware mense uit Opper-Egipte wat môre na Emmaus sou kom; maar die twee reeds genoemde herbergiers was hom voor en vra My of ook hulle nie `n aantal dae by My mag bly om die genoemde egte mense uit die agterland van Opper-Egipte te sien nie.

[18] Ek sê: “O, natuurlik! Wie, netsoos julle, My en My leerlinge so vriendelik opgeneem het, is ook altyd My gas en kan altyd by My wees. Hoe meer getuies My omring, des te vrugbaarder is dit vir die verspreiding van My evangelie. Aan die mense, wat nou nog net so eenvoudig lewe as eens die oerpatriarge van die aarde, sal julle egte wonders beleef!”

[19] Toe sê Lasarus: “Maar, Majesteit en Heer, dit sal dan tog wel nakomelinge van Noag wees, en geen direkte afstammelinge van Adam, want ten tyde van Noag moet die groot vloed immers ook Egipte heeltemal oorstroom het?”

[20] Ek sê: “My beste vriend en broer! Jy mag, netsoos ek jou dit al `n keer uitgelê het, die natuurlike hoë watervloed, wat in die tyd veroorsaak was deur die magtige Hanogiete, nie verwissel met die geestelike algemene oorstroming van die sonde nie, anders sal dit nooit vir jou heeltemal duidelik word nie.

[21] Deur die groot watervloed wat in die westelike deel van Asië ten tyde van Noag plaasgevind het, het daar wel baie mense en diere ten gronde gegaan, omdat die water werklik selfs die hoë Ararat oorspoel het, maar daarom het die natuurlike water tog nie oor die hele aarde gekom nie, waarvan toe nog lank nie alle bewoonbare dele bevolk was nie. Maar die vloed van die sonde, dit wil sê die godvergetenheid, hoerery, hoogmoed, gierigheid, nyd, heerssug en liefdeloosheid, het die hele menslike geslag oorstroom, waaronder verstaan moet word die geestelike aarde, en dit is wat Moses met die algemene sondvloed bedoel.

[22] Die hoogste berge, waar die vloed oorheen gegaan het, is die groot hoogmoed van die mense wat toe oor die volkere geheers het, en die oorstroming is die vernedering wat oor alle heersers gekom het, wat in elke ryk op `n eie passende manier gebeur het. Maar meer sal môre nog wel in Emmaus daaroor bespreek word. - Nou neem Ons egter weer wyn en brood en versterk daarmee ons ledemate!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205