Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 218

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die geeste vertel oor die wêreld aan die anderkant

218 (Die Heer): “Daarop vra die raadsheer aan die geeste wat aan hom verskyn het of hulle werklikheid was of miskien `n begogeling van sy stellig betowerde sintuie.

[2] Die geeste sê: “Ons is waarheid en as jy dit nie sien en nie wil begryp nie, hou jy jou net self vir die gek!”

[3] Die raadsheer sê: “Waarom kan ek julle maar net nou sien en waarom ook nie ander kere nie? Waarom het julle jul nie deur my laat sien toe ek so gereeld reeds self vurig na julle verlang het nie?”

[4] Die geeste sê: “Jy sou ons ook gereelder kon sien en spreek, as jou siel nie so verblind was deur die genotsug van die materiële wêreld nie.

[5] Die eenvoudige oermense van hierdie aarde kon dit doen; maar toe die latere nakomelinge steeds meer en meer versink in die materiële van die wêreld, verloor hulle ook die vermoë om die afgeskeide siele te sien en met hulle om te gaan. Daardeur kom die duister van die twyfel oor hulle, waarin hulle selfs ook die geloof aan `n voortlewe na die dood van die liggaam verloor en hulle angstig onder mekaar begin afvra of daar na die dood van die liggaam wel `n voortlewe van die siel bestaan.

[6] En kyk, hierdie toestand vol twyfel van die grof wellustige mense is `n ware straf vir hulle sedelike verdorwenheid, en dit is goed so! Want sonder hierdie bittere straf sou die mense steeds meer en dieper wegsink in die oordeel van die materie; en so hou die angs vir die dood van die liggaam hulle daarvan af, omdat hulle nie kan weet en besef wat daar na die dood van die liggaam met hulle sal gebeur nie!

[7] Op die wêreld tydens ons lewe in die liggame het ons almal dieselfde straf deurgemaak en was vol twyfel oor allerlei sake; alleen die werklike skeiding van ons liggaam het ons eers daarvan oortuig dat mens na die afval van die vlees voortleef. En tydens die voortlewe gaan dit slegs met diegene goed, wat in sy liggaam op die wêreld regverdig was en goeie werk verrig het; maar met die lasteraars en diegene wat nie regverdig was nie, hard en geheel liefdeloos was, gaan dit sleg, selfs duisend maal slegter as met diegene wat hier in die duistere kerkers smag.

[8] Jy is weliswaar `n regverdige man, maar daarby tog hard en onverbiddelik. Wanneer jy na ons toe kom na hierdie wêreld met hierdié eienskappe, sal jy ook die streng en onverbiddelike geregtigheid vind, maar geen liefde en erbarming nie. Want geen enkele siel vind by ons iets anders as wat sy in haar gemoed saamgebring het nie; want by ons staan mens eers op hoogs eie grond. Begryp dit en hou rekening daarmee, sodat jy goed versorg by ons aankom; want jy het nou `n beter geleentheid as wat ons ooit gehad het!”

[9] Toe sê die raadsheer: “Nou glo ek dat julle egte en geen sinsbegogeling is nie! Maar sê my eers wie die jong Judese Man is, wat sulke wonderbaarlike werk verrig voor ons oë!”

[10] Die geeste sê: “Hy Is die Ene wat Hy Is, wat Hy was en dit wat Hy altyd sal wees! Meer mag ons nie oor Hom sê nie; want dit gebied Sy wil ons. Maar Hy is tog by julle, jy kan Hom dit self vra!”

[11] Daarop rig die raadsheer hom spesiaal tot Julius Caesar en vra hom: “U was op aarde `n baie verstandige en magtige held; alles en elkeen moes hom skik na u gebooie. Maar hoe leef u nou in die wêreld van die geeste?”

[12] Die gees (Julius Caesar) sê: “In dié wêreld het ek reeds `n vreeslike loon geoes vir dit wat ek gedoen het terwille van my roem; daarom het ek ook weinig goeds in myself hiernatoe saamgebring, en daarom was groot armoede my loon en my wêreldse roem was hier gelyk aan `n duistere nag, waarin ek slegs hier en daar `n paar sterretjies deur dik swart wolke gesien glinster het.

[13] `n Lang tyd was ek heeltemal alleen sonder ook maar enige geselskap en ek het niemand behalwe myself gehad nie. Hoe ek ookal geroep, gesmeek, gehuil, rondgeloop en gesoek het, dit het alles niks gehelp nie. Alle gode het ek aangeroep, maar daar was geen antwoord nie. Na `n lang, treurige, wanhopige tyd in my verskriklike toestand, kom ek op die idée om my tot die God van die Judeërs te rig. Toe word dit ligter om my heen en die paar sterre word ook ligter en dit lyk of hulle naderby kom. Toe ek dit merk, stel ek my volle vertroue in die God van die Judeërs en vra Hom vurig om my te help uit my groot nood en ellende.

[14] Toe word dit nog ligter om my heen en `n ster kom na benede, naby by my. En baie gou ontdek ek dat die ster `n volkome menslike gedaante aanneem en hierdie mens was iemand wat ek in die wêreld `n keer `n egte weldaad bewys het; hy sê aan my: “Heil is met jou, dat jy tydens jou nag die ware God van die Judeërs gevind het! Verban jou valse afgode en verban ook jou eie grootste afgod, jou Caesar-roem; word geheel en al deemoedig, dan sal ek jou saamneem na my woning!

[15] Toe rig ek my weer tot die God van die Judeërs en vra Hom om my roem en alle valse afgode weg te neem. Daarop kom ook die ander sterre as mense na my toe en sê: “Ook ons was netsoos jy op die aarde gewees; maar ons was arme Judeërs, wat deur jou priesters vervolg was; maar jy het ons beskerm, ons geskenke gegee en ons gehelp om weer na ons land te gaan. Nou is jy arm en het van alle aardse skatte niks, behalwe daardie een wat jy vir ons gedoen het; en daarom is dit nou ook deur dit dat God toegelaat het om na jou toe te kom om jou die goeie te vergeld wat jy vir ons gedoen het; As jy sonder enige roem met ons wil saamgaan, dan sal jy by ons onderdak vind!”

[16] Toe gaan ek en kom dadelik in `n wonderlike, lieflike omgewing aan. Dit het na `n breë dal met `n groot mooi meer gelyk. Die dal was baie uitgestrek en omsluit deur hoë berge, wat pragtig was om te sien. Voor my het `n paar huisies gestaan, netsoos mens dit op die wêreld in groot getalle goed ken onder die naam vissershutte. Verder weg het ek nog meer dergelike hutte gesien. Die velde was weelderig groen. Slegs bome het ek weinig gesien, maar hulle het vol van die mooiste vrugte gehang.

[17] By my aankoms het ek, in die woonhut wat hom aan die regterkant bevind, onderdak gevind by my vriend, wat in my grootste nood die eerste na my toe gekom het, en daar vind ek ook dadelik iets te eet en te drink; alles was baie eenvoudig, maar tog het dit my baie meer vreugde gegee as wat my groot skatte en paleise my ooit op die wêreld gegee het.

[18] Toe ek my so gelukkig in die hut bevind en my ook voldoende versterk het, neem my vriend my weer saam na buite, waar ons `n boot ontdek op die helder wateroppervlak van die meer; daarin sit `n mens met sy hand aan die roer, op ons afkoers. Ek vra my vriend wie die skipper wel mag wees. En hy sê: “Hy kom af en toe by ons oor die meer, waarvan ons nie weet hoe lank dit is nie, en gee ons altyd baie vriendelik te kenne wat ons verder te doen staan. Daarna moet ons dan weer aan die werk. Ons doen dan weer die werk wat ons aangeraai is, werk met volle inset en met vreugde en lus, en ons inset word telkens geseën deur die God van die Judeërs. Toe ons na hierdie omgewing gekom het, netsoos jy nou, het dit nog woes en verlate daaruit gesien; slegs deur ons vlyt en ywer het dit in hierdie bloeiende toestand gekom. Ook jy sal nou voortaan so met ons werk en daarby ook die seën ontvang wat ons ontvang het!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205