|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 48
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Nikodemus voor die Heer
48 Nikodemus het die vraag nog maar nouliks gestel, of die een oorblywende pilaar verhef homself en styg hoër en hoër, en wel so langdurig en ook uiters vinnig, dat mens baie gou heeltemal niks meer daarvan gesien het nie, en dit word weer baie donker op die aarde.
[2] En Nikodemus sê: “Daar het jy dit nou! Wat se `n dreigende verskynsel was dit nie, en wat het dit beteken? Dat dit deur God toegelaat is, is wel baie duidelik, want geen menslike mag sou dit uit die diepste dieptes van die uitspansel omhoog kon getrek het nie. O menslike wysheid, hoe staan jy daar nou weer: so naak, so hulpeloos en radeloos soos `n pasgebore kind! Vriend Lasarus, wat dink jy nou van die verskynsel, wat ongeveer twee uur lank alle harte van die mense met vrees en angs vervul het? As dit deur God toegelaat was, dan staan ons besondere dinge te wagte, en as dit een of ander spel van aard- en luggeeste was, dan het ons arme, swak aardse mense ook niks goeds te verwag nie, want op groot, vurige verskynsels volg meestal swaar aardse storms en vreeslike noodweer, aardbewings en ook oorloë, hongersnood en pes. En dit is egter geen troosryke vooruitsigte vir ons arme mense nie! - Maar wat dink jy daarvan?”
[3] Lasarus sê: “Ek weet eweveel daarvan as jy, maar laat ons maar nie meer daaroor praat nie! Kyk eers na die groot groep mense daar agter die tente! Dit is almal gaste van my, en binnenshuis is daar nog meer as tweehonderd ingebring, wat van die verskynsel weinig sou gesien het. Maar onder al die mense agter die tente sal daar wel `n paar wees wat die verskynsel beter sou begryp het as beide van ons.”
[4] Nikodemus sê: “Ja, dit sal wel so wees, maar hoe bereik ek hulle?”
[5] Lasarus sê op My innerlike bevel: “Kom maar saam met my, dan sal ek jou wel aan die regtes voorstel!”
[6] Nikodemus sê: “Dit sal alles goed wees as ek net onherkenbaar kan bly, sodat ek nie in die tempel verraai word nie.”
[7] Lasarus sê: “Ag, wees maar nie daaroor besorg nie! Die mense wat jy hier by my sal aantref, is self vyande van die tempel, omdat hulle `n beter tempel gevind het; daarom het jy van al die mense nie die minste te vrees nie; gaan maar volkome onbesorg en moedig saam met my!”
[8] Toe eers besluit Nikodemus om saam met Lasarus na ons toe te kom.
[9] Maar toe hy in My nabyheid kom, skrik hy egter, omdat hy heeltemal geen vermoede daarvan gehad het dat hy My daar sou aantref nie.
[10] Maar Ek gaan na hom toe, gee hom `n hand en sê: “Waarom skrik jy vir My asof Ek `n spook is? Jy wou My tog agterna gaan sodra jy van Lasarus verneem het waar Ek heengegaan het, en nou vind jy My hier! Is dit dan nie des te aangenamer vir jou nie?
[11] Nikodemus sê toe: “O Heer, dit baie seker, maar U is die Heilige God en ek `n ou tempelsondaar! Dit bedruk en maak my hart benoud, sodat ek nou haas niks aan U durf sê nie.”
[12] Ek sê: “As Ek jou op `n sonde wys, kan jy sê: “Heer vergeef My die sonde!” Maar omdat Ek geen rede het om dit aan jou te sê nie, is jy vry en kan jy sê wat jy wil. Wat dink jy van die verskynsel, waaroor die tempeldienaars mekaar nou nog in die hare vlieg?”
[13] Nikodemus sê: “O Heer, die verskynsel was iets ongelooflik, nog nooit het dit sedert die begin van hierdie wêreld voorgekom nie! Maar wat dit beteken, sal U wel beter weet as ons almal hier, en daarom sou ek slegs `n vraag aan U wil stel. Want ek was juis selfs van mening dat U wel miskien `n hand hierin gehad het, omdat U Uself immers ook wel in die streek kon bevind het. Want ongeveer `n jaar gelede het, na wat ek later verneem het, immers ook by Caesarea Philippi, tydens U aanwesigheid, iets dergeliks voorgeval, wat die eintlike oorsaak van die brand in die stad moes gewees het. En dus dink ek dan nou ook dat hier `n herhaling van die verskynsel by Caesarea Philippi sou kon plaasvind as U Uself in hierdie streek sou bevind. Maar U is nog hier by ons in Jerusalem; daarom het ons waarlik geen rede om ons nog langer besorg te maak oor die verskynsel nie. Maar wat beteken die verskynsel? U, o Heer, sal dit wel die allerbeste weet, netsoos ek al sê! As dit U sou pas, kan U ons wel iets daaroor vertel!”
[14] Ek sê: “Die verskynsel was My wil en dus ook My werk; maar Ons het later nog wel tyd om iets meer daaroor te sê. Bly nog maar netso rustig, want die verskynsel wat jy sien, was nog nie die laaste wat hierdie nag sal bring nie; eers daarna sal die uitleg in huis volg! Kyk julle nou almal omhoog en sien wat daar deur middel van `n beeld getoon word!”
|
|
|
|
|