Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 30

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die kritiek van Helias op die vierde gebod

30 Helias sê: “Heer, as ek doen wat U van my verlang, sondig ek beslis nie, daarom wil ek dan ook baie eerlik spreek oor die leemtes en onvolkomenhede wat ek in die wet en die profete gevind het!

[2] Kyk, die eerste onvolkomenheid wat vir my baie belangrik lyk, en `n groot leemte in die wet vorm, merk ek, as `n kind wat vroeg ryp was en taamlik helder kon dink, al dadelik in die vierde gebod van Moses, dat die man van God wel die kinders, wat gereeld nog baie weinig begrip het en swak is, liefde, gehoorsaamheid en eerbied vir die ouers inprent, maar die ouers daarenteen ten opsigte van hulle kinders in die wet bykans geen verpligting oplê nie! En dan sien so `n wet tog bietjie vreemd daaruit, veral aangesien daar in die algemeen tog maar al te gereeld ouers is van wie die kinders gereeld al in die wieg verstandiger en beter was as hulle baie dom ouers met al hulle talle slegte eienskappe.

[3] Een kind is dikwels van nature goed en edel, en as hy verder daarin ontwikkel word, sal hy ook `n goeie en edel mens kan word. Maar nou moet die kind volgens die wet van Moses, eers en veral, sy dom en slegte ouers ten strengste en sonder enige redelike uitsondering gehoorsaam, en uiteindelik net so dom en sleg word soos die ouers van die kind self. Die man van God kon tog ook wel iets gesê het oor `n redelike plig van die ouers ten opsigte van hulle kinders, waaraan eers gewetensvol voldoen moes word, as die kinders ook `n plig ten opsigte van hulle ouers moet vervul.

[4] Of is kinders van rowers, volgens Moses, ook uit verskuldigde gehoorsaamheid teenoor hulle ouers verplig om hulle lief te hê en te eer en in hulle voetspore te stap? As - wat al gereeld gebeur het - verstandige kinders van kwade en slegte ouers wie se slegte handel en wandel die nog onskuldige kinders moes opval en mishaag, sulke ouers hulle liefde en gehoorsaamheid weerhou, hulle verlaat en geleentheid soek om hulle êrens anders by beter mense tot beter mense te omvorm, het sulke kinders daardeur ook gesondig teen die Mosaïese wet, omdat hulle nie uit liefde en gehoorsaamheid aan hulle ouers self ook diewe, rowers, moordenaars, huigelaars, bedrieërs en leuenaars wil word nie?

[5] As Moses en die profete dan ook vir sulke beter kinders `n straf bepaal en hulle hulle gebrek aan liefde en hulle teregte ongehoorsaamheid jeens hulle slegte ouers as sonde aanreken, dan was Moses en alle profete nog duisend maal dommer en blinder gewees as ek en het hulle met hulle geskrifte en voorspellings die Goddelike Wysheid waarlik geen besondere groot eer aangedoen nie! Heer, is ek sleg omdat ek die wet van Moses en die profete so beoordeel het?”

[6] Ek sê: “O, absoluut nie, omdat jy baie tereg en korrek geoordeel het! Maar tog is jou kritiek nie heeltemal in orde nie, omdat Moses deur My Gees maar al te duidelik besef het dat dit egter nie nodig is om die ouers nog uitdruklik voor te skryf om liefde vir hulle kinders nie, omdat Ek hierdie liefde tog al in sekere sin instinkmatig aan die ouers meegegee het, wat egter by die kinders, wat eers in die skool van die aardse lewe gekom het, nie soseer die geval kon wees nie, omdat hulle eers tot die korrekte en ware liefde opgevoed moet word.

[7] Elke mens kom immers juis so swak en geheel sonder kennis en liefde in die wêreldse lewe op hierdie aarde in om hom so, sonder watter dwang ookal, asof hy heeltemal deur God verlaat is, deur lering van buite af, deur wette en deur sy vrywillige gehoorsaamheid om tot `n vrye en heeltemal selfstandige mens ontwikkel te word.

[8] En kyk, daarom moet dan ook die meeste lesse en wette veral aan die kinders gegee word en nie soseer aan die ouers nie, wat ook kinders was en deur die lesse en wette, wat vir kinders gegee word, toe eers vrye en selfstandige mense geword het!

[9] Wat egter in die besonder die pligte van die ouers ten opsigte van hulle kinders betref, het Moses en die profete reeds in die staatkundige wette daarvoor gesorg, wat jy ewenwel nog nie gelees het nie. Maar daar is voortydig al vir alles gesorg, en twee mense kon nie trou as hulle nie eers vir die priester kon aantoon dat hulle goed op die hoogte is van die nodige staatkundige wette vir die huwelik nie.

[10] En so sien jy, My liewe Helias, dat jou kritiek met betrekking tot die vierde gebod van Moses, nie so baie in orde was nie, en Ek het nou die leemtes en gebreke uit die weg geruim. Maar gaan nou ook maar verder met jou kritiek op die ander wette, dan sal Ek jou daarna wel weereens sê in hoeverre jy gelyk of ook nie gelyk het nie!”

[11] Helias sê: “O Heer, waarom moet ek nog verder gaan met my dom kritiek? Want ek sien nou immers al by voorbaat maar al te duidelik in, dat U my opnuut haarfyn sal laat sien hoe totaal verkeerd en dom ek geoordeel het.”

[12] Ek sê: “Wel, wat kan dit jou of iemand anders skaad? Ek het tog immers op hierdie wêreld gekom om julle deur die lewende lig van die waarheid van die vele vergissings te bevry. As jy nie vorendag kom met jou skynbaar goed gefundeerde aanmerkings oor die wet en die profete nie, dan bly dit binne-in jou en dit kan die lewe van jou siel nog baie goed bederf; kom jy egter vorendag daarmee, dan is jy dit ook kwyt en die lig van die ewige waarheid sal dan in jou hart kom woon. Spreek dus maar en gee jou kritiek sonder enige terughoudendheid, dan sal Ek jou wel weer `n ware lig gee! Want kyk, dit is veral nou baie noodsaaklik, omdat hier vele is wat netsoos jy vir Moses en die profete al lank gekritiseer het! Open dus maar weer jou mooi mond en spreek met jou bedrewe tong!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205