Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 10

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die bekentenis van die owerste

10 RafaEl was onmiddellik daar op My innerlike roep en Ek sê innerlik aan hom: “Doen nou wat die Romein wil, want Ek gee hom gedagtes, woorde en wil!”

[2] Toe Agricola vir RafaEl opmerk, sê hy: “Ek dag al dat jy nie lank op jou sou laat wag nie!”

[3] RafaEl sê: “Wat jy wil, weet ek al! Dit sal alles binne enkele oomblikke in orde wees, want die mense wat ek moet gaan haal, woon nie ver hiervandaan nie en hulle sal dus gou hier wees.”

[4] Nou sê die owerste: “Waarvoor?”

[5] Agricola sê: “Jy moet maar net iets sê as jy iets gevra word; hou nou egter jou mond!”

[6] Op daardie oomblik verdwyn die engel vinnig en bring beide ouers en die jong, baie armoedige, maar liggaamlik baie mooi suster, wat gevolg word deur tien Romeinse soldate en `n deur Pilatus afgevaardigde regter.

[7] RafaEl sê aan Agricola: “Vriend, so sal dit wel in orde wees!”

[8] Agricola sê: “Verseker, want so wil ek dit immers hê!”

[9] Daarop tree RafaEl `n tree terug en bly paraat om op `n wenk van My in aksie te kom.

[10] Agricola rig hom tot die drietal en vra hulle of hulle die mishandelde man goed ken.

[11] Die suster sê: “O JaHWeH, wat het daar met my arme broer gebeur? Gistermiddag het hy êrens heengegaan om brood te gaan haal, omdat ons al twee hele dae niks geëet het nie, maar hy het nie teruggekom nie. Ons het in groot angs vir hom gesit en bid dat niks ergs hom tog maar oorgekom het nie. En nou tref ons hom hier aan, na `n mededeling van die pragtige jong boodskapper, in `n toestand waaraan nie veel goeds dit voorafgegaan het nie!”

[12] Die suster wil nog verder navraag doen, maar Agricola vermaan haar op vriendelike toon en sê: “Lieflike Dogter van Sion, vra nou nie verder nie, want jou broer bevind hom al in die beste hande! Ek sal nou egter die tempelowerste aan jou voorstel, wat so juis sy gesig van ons afgewend het en dan moet jy my geheel na waarheid sê of en hoe jy hom ken!”

[13] Die suster sê: “O meneer, bespaar u die moeite, want die ellendige man het ek tot my ontsteltenis by my aankoms al van ver af herken!”

[14] Agricola sê: “Dit sê niks, des te beter voor julle almal!”

[15] Toe roep die Romein die owerste met gebiedende stem en sê: “Laat nou jou gesig sien en kom naderby en spreek! Wat kan jy op hierdie aanklag wat aan jou gerig word, antwoord? Beken openlik die waarheid, of ek sal jou aan die gloeiende kruis tot `n bekentenis dwing, sodat jy die Romeinse regverdigheid beter sal leer ken. Want ons Romeine maak ook van `n priester geen enkele uitsondering nie! Kom naderby en spreek!”

[16] Toe draai die tempelowerste hom om en sê met bewende stem: “Heer vol mag en waardigheid! Wat kan ek tog hierteen inbring? Jammer genoeg is dit netsoos die arme man so pas oor my getuig het en ek het elke straf verdien wat u maar oor my sal uitspreek! Mog ek ooit vry kom, dan sou ek my onmenslike groot vergryp teen hierdie familie duisendvoudig vergoed, maar ek het dit nie verdien om vrygespreek te word van `n teregte straf en dus sal dit moeilik wees om die kwaad wat ek hierdie arme, brawe familie aangedoen het, reg te stel.”

[17] Agricola sê: “Ek is geen regter wat, netsoos julle, meet met die maat van sy gevoelens nie, maar `n regter wat meet met die maat van die reg; ek sê jou egter dat hierdie vier mense, wat jy so onmenslik diep beledig het, nou jou vernaamste regters is! Netsoos hulle jou sal oordeel, sal ek jou ook oordeel! Maar die sonde wat hierdie arme, hongerige man in die tempel teen julle toonbrode begaan het, sal God bereg! As Hy hom vergewe, dan vergewe ons hom ook, want teen ons het hy geen sonde begaan nie!”

[18] Toe rig Agricola hom tot die arme familie en sê: “Bepaal nou wat ek met hierdie erge misdadiger moet doen! Want hy het julle nie alleen in julle huis dubbel kwaad aangedoen nie, omdat hy julle kuise dogter wou onteer het en toe hom dit misluk, deur kwaadsprekery gemaak het dat julle seun nêrens meer werk kon kry nie, maar hy het julle seun ook, omdat hy hom vanweë die honger aan één van die toonbrode vergryp het, tot die dood deur steniging veroordeel; en as hierdie vriend, wat die grootste vriend van alle mense is, nie daar was nie, dan sou julle seun nou al dood gewees het en sou julle hom nooit meer gesien het nie!

[19] Daar vooraan staan die beesagtige tempelknegte en geregsdienaars nog wat hom sou gestenig het, en hierdie tempelowerste is die onbarmhartige en onregverdige regter, wat julle seun tot die stenigingsdood veroordeel het! Die wet met betrekking tot die vergryp aan die toonbrode, is nie onbekend aan my nie; Moses het alleen vir die geval van verstokte moedswilligheid die doodstraf uitgevaardig en nie in die geval van egte hongersnood, want elke Judeër het die reg om, as hy baie honger het, hierdie ook met die toonbrode te stil, netsoos julle groot koning Dawid dit ook gedoen het, omdat hy die wet van Moses beter begryp het as sy toenmalige opperpriester. Daarmee spreek ek julle seun dus vry van alle skuld en aan julle is dit nou om `n oordeel uit te spreek oor hierdie man wat julle soveel kwaad aangedoen het.”

[20] Die vader van die seun en die mooie dogter sê: “Heer en magtige regter! Ons almal dank die groot God en u en u vriende, wat ons so wonderbaarlik uit groot gevaar gered het. Maar netsoos God uiteindelik altyd die goeie en ware beskerm, so bestraf Hy ook altyd die waaragtig kwade van `n verstokte sondaar, wanneer hierdie sonder berou en boetedoening in sy slegtheid volhard. Verbeter hy sy lewe egter in alle erns, dan vergewe God hom ook sy sonde, ook al is dit hoe groot en is dit nog so veel. Daarom veroordeel ek hierdie man nie, maar laat hom oor aan die wil van God, want God is die enigste regverdige regter. Dit is ons oordeel oor hierdie groot vyand van ons. Ons almal vergewe hom van harte al die kwaad wat hy ons aangedoen het.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205