Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 197

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Jesus en die Sadduseërs. Die huwelik in die hemel

197 Dadelik daarna kom die Sadduseërs na My toe, wat `n suiwer siniese sienswyse gehad het en nie geglo het aan opstanding nóg aan `n voortlewe van die siel na die liggaamlike dood nie; hulle vra My: “Heer, Moses het gesê, alhoewel nie uitdruklik gebied nie: “As die man van `n vrou kinderloos sterf, laat dan sy broer met sy vrou trou om vir die broer nasate te verwek.” Nou is daar by ons sewe broers gewees. Die eerste trou `n vrou, sterf egter `n tydjie later sonder om by die vrou `n nasaat te verwek het. Op die manier kom die weduwee ooreenkomstig Moses se raad by die tweede broer. Maar ook met hom gaan dit soos sy gestorwe broer. Dit gaan so deur tot by die sewende broer en uiteindelik sterf die vrou self sonder vrug. As dit waar is dat daar na die dood van die liggaam `n opstanding plaasvind, dan het ons onsself afgevra wie se vrou sy in die ander lewe sal wees. Want hier het sy immers al sewe broers as man gehad!”

[2] Ek sê: “O, dan vergis julle jul baie en ken julle die skrif nie en nog minder God se krag! In die opstanding, wat julle nie begryp het nie, sal die mense heeltemal gelyk wees aan die engele van God en sal nie huwelik nie, of ten huwelik geneem word nie. Want die huwelik in die hemel is anders as julle s`n op hierdie aarde.

[3] Netsoos op aarde `n regverdige man en `n regverdige vrou egter met mekaar verbind is, so is in die hemel die liefde en die wysheid met mekaar verbind.

[4] Maar as julle so goed tuis is in die Skrif, sal julle ook wel gelees het dat daar geskryf staan dat God begryplik en as volg gespreek het: “Ek is die God van Abraham, die God van Isak en die God van Jakob!” Maar God is nie `n God van die dood nie maar `n God van die lewendes. En as God nou seker `n God van die lewendes is, en nie van die dooies wat volgens julle voorstelling geheel en al vernietig is, dan moet Abraham, Isak en Jakob ook nou nog voortlewe en moet hulle reeds lank gelede opgestaan het tot die ware ewige lewe. Want as dit nie die geval sou gewees het nie, sou God onwaarheid tot Moses gespreek het toe Hy sê: “Ek is die God van Abraham, Isak en Jakob”, omdat God maar net `n God kan wees van die een wat lewe en nie ook `n God van die een wat nie lewe en ook nêrens is nie. Want om so-iets te beweer en te glo sou immers die grootste onsin op die wêreld wees!

[5] Maar toe Abraham nog in die vlees op die aarde gewandel het en die profesie tot hom kom, dat Ekself in die vlees in hierdie wêreld sou kom as `n Seun van die mense - wat nou voor julle oë vervul is - en ook aan hom belowe word dat hy My dag en My tyd in hierdie wêreld self sou aanskou, het dit hom met groot vreugde vervul.(Johannes 8:56)

[6] En Ek kan julle heeltemal volgens waarheid verseker, dat hy My dag en My tyd op hierdie aarde ook gesien het en dit nog voortdurend sien en hom ten seerste daaroor verheug. Sou hy dit ook kan as hy nie reeds lank gelede opgestaan of wanneer hy geheel en al dood en, netsoos julle glo, vir ewig tot niet gegaan sou gewees het nie?

[7] Die heeltemal verslae Sadduseërs sê: “As U ons die opgestane vader Abraham kan laat sien, sal ons glo wat U hier gesê het!”

[8] Ek sê: “Wanneer julle My woorde nie glo nie, sal julle die verskyning van Abraham, wat maklik te realiseer is, ook nie glo nie; julle sou sê: “Kyk tog eens wat `n towenaar hierdie Man is en hoe Hy ons sand in die oë wil strooi.” Maar Ek sê julle: Ekself is die lewe en die opstanding; wie in My glo het die lewe en die opstanding reeds in hom.

[9] Sien, daar is vele hier wat nog in die vlees wandel en reeds in die gees opgestaan het, hulle sal die dood dan ook nie meer voel en smaak nie, maar voortaan ewig lewe. Hulle het Abraham, Isak en Jakob ook reeds gesien en gespreek en weet waaraan hulle toe is. Maar julle weet nog lank nie waaraan julle toe is nie, ofskoon julle lewe en ook dink en wil. Het julle My begryp?”

[10] Toe die Sadduseërs hierdie les van My gekry het, sê hulle niks meer nie en trek hulle terug.

[11] Die volk was egter gewoonweg ontsteld vanweë My groot wysheid en sê by hulleself: “Dit is werklik meer as `n gewone profeet; want Hy spreek soos `n eiemagtige meester. As Hy maar net `n profeet sou gewees het, sou Hy nie so spreek soos `n meester vol van die hoogste mag uit God nie; want wie sê: “Ek is die lewe en die opstanding Self; wie in My glo sal die dood nie sien, voel en smaak nie, want hy het die lewe en die opstanding reeds in hom!”, - dit kan behalwe God niemand oor homself sê nie! Ons weet egter dat aan alle Judeërs `n Messias belowe is, wie se Naam groot sal wees; want Hy sal heet Emmanuel, dit is: God met ons. Hierdie Mens moet dit sekerlik wees; want waar anders sou Hy sulke mag en wysheid vandaan gekry het?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205