|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 216
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Kritiek van die Romein op die aardse toestande
216 (Die Heer): “Hierop sê Josef: “O, dan kan ek jou wel onmiddellik `n onderwerp noem, wat wel aantreklik vir Hom is! Luister, wat het julle, wat tog in heelwat misterieë ingewy is, as `n voorstelling van die skepping van die eerste mensepaar op hierdie aarde?”
[2] Die hoë raadsheer sê daarop: “Vriend, wat dit betref is daar niks anders in die wêreld wat soveel vraagtekens het nie, as juis dié hoogs twyfelagtige punt! Om daaroor iets definitief en sekers te sê, is en bly vir ons mense onmoontlik, en hoe meer ondersoek mens daarna doen by alle bekende volkere van die aarde, in `n des te groter labirint van onsekerhede beland mens. Wie hom so egter vol vertroue in die arms gewerp het van `n blinde geloof aan die een of die ander volksage, is byna altyd nog die beste daaraan toe. As mens nie agter die waarheid kan kom nie, moet mens kyk om `n lewensegte fantasie te vind, dan is mens meestal in so `n lewensegte droom baie gelukkiger as wanneer mens ewig na `n waarheid soek wat werklik nooit te vinde is nie!
[3] Die Perse het `n ander sage as die Indiërs en dan julle Judeërs, die Skite weer `n ander, ons Romeine en Grieke ook weer en so ook die Opper-Egiptenare, en die Germane wat aan my bekend is, weer `n heel ander! O, daar sou baie daaroor te sê wees, maar uiteindelik sou mens niks daarmee bereik nie.
[4] Daarom is ek van mening dat ons dié uiters onvrugbare onderwerp heeltemal moet laat vaar; want daaroor sal ons netso min ooit heeltemal duidelikheid kry, as die astronome oor die wese van die planete aan die uitspansel.
[5] Ek wil dus sê: As daar na die afval van die liggaam werklik `n hoër en meer volkome lewe bestaan, dan sal ons in daardie lewe ook seker diepere waarhede begryp; en wanneer dit na die dood van die liggaam ook heeltemal verby is met die lewe van die siel, dan is daar werklik niks verlore as ons nie al te wys geword het nie. Kyk, vriend, so dink ons, baie ervare en meer ontwikkelde Romeine!
[6] Dit is ook moeilik om te bewys dat die siel van die mens na die dood voortleef, maar dit is nog altyd makliker as om met sekerheid aan te toon of, hoe en wanneer `n enkele mensepaar of miskien ook wel meer mensepare in dieselfde tyd of in baie verskillende tye op hierdie aarde geplaas is. Slegs `n God kan dit weet, maar nooit `n kortsigtige en ook veels te kort lewende mens nie; want as hy danksy sy vele ervarings miskien, net tot die beskouing van diepere waarhede sou kon gekom het, moet hy al die wêreld verlaat! Omdat ek dit maar al te goed ken, gee ek werklik niks meer om vir sulke dinge en ondersoek nie! Kortom, hoe die hele lewe op aarde ingerig is, is en bly vir denkende mense sleg.
[7] Ook al is ons tot die kindskap van God geroep, dan kan dit sekerlik maar net deur `n klein deel van die mense bereik word! Waarom dan nie deur almal nie? Waarom moet ongeveer `n derde van die mense as nog onmondige kinders sterf? Wat kan hulle weet van God en hulle latere bestemming en hoe kan hulle hulleself deur die korrekte gebruik van hulle vrye wil ontwikkel totdat hulle God se gelyke is?
[8] Daarom beweer ek: Die blindste dwaas is duisend maal gelukkiger as die grootste wyse, en ons tree verstandig op om ons hier met ander dinge besig te hou as met sulke onvrugbare beskouings; want hoe meer `n mens weet en begryp, des te duideliker word dit vir hom dat hy uiteindelik heeltemal niks weet nie. En vir so `n uiters saai lewensvermaak sal ek sekerlik nie al te dankbaar wees nie. Ek het gespreek!”
[9] Cyrenius sê daarop: “Ja ja, as jy dit met ons suiwer natuurlike verstand bekyk, het jy heeltemal gelyk; maar -”
[10] Die raadsheer sê: “Niks maar nie! Ons het tog geen ander as maar net `n natuurlike verstand nie?! As dit nie voldoende is nie, waar kry ons dan `n bonatuurlike verstand vandaan?! `n Mens is tog die naaste aan homself - en ken homself nie; hoe sou hy dan iets moet ken wat nog verder van hom afstaan?! Hou tog op! Die natuur van die mens is sonder sy wil en wete of wel heeltemal bedorwe en deug nêrens meer voor nie, of die mens is gedoem, meer nog as elke dier, deur sy onvolkomenheid te voel en daardeur so ongelukkig te wees as wat maar moontlik is. Want ek het nog nooit `n wyse gesien wat werklik gelukkig is nie. Hoe wyser iemand is, des te ongelukkiger is hy ook aan die einde van sy dae. En sy grootste vriend is dan altyd die dood. Werklik, `n merkwaardige liefhebbery van `n almagtige en hoogs wyse God: wat aan één stuk deur skep en dadelik daarna weer vernietig!"
|
|
|
|
|