Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 184

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die Heer verklaar die verskynsel van die newelsonne

184 Ek sê: “Ja sekerlik, maar sien, tog is daar nog tallose mense op aarde wat ten eerste aan geen enkele God en Skepper glo nie en dus ook al heeltemal nie aan `n ewige lewe van die siel nie. Maar hulle lewe baie goed en met plesier, juig en jubel, is daarby nog vol hoogmoed en hebsug, laat ander vir hulle werk en wie hulle sou herinner aan `n ewige lewe van die siel na die dood van die liggaam, sou deur hulle uitgelag en bespot word en hulle sou aan hom sê: “Dwaas, as jy eenmaal gesterf het moet jy ons maar kom leer, dan sal ons jou glo. Maar solank jy nog leef en netsoos ons op die dood wag, glo ons jou fantasie nie!” Wat sou jy dan daarop sê?”

[2] Lasarus sê: “Heer, daarop kan jy inderdaad weinig sê, ek in elk geval niks! Want as mense eenmaal te diep in die dood van die materie sit, is hulle nouliks meer volledig tot die ware geloof en nog minder tot die lewe in die gees te bekeer. Daarom sou dit vir my beter wees as U ons nou die geestelike betekenis van hierdie drie nog steeds sigbare sonne `n bietjie sou wil uitlê!”

[3] Ek sê: “Dit gaan Ek nou ook doen; maar Ek moes jou eers nog laat sien, dat mense sonder die geringste vooruitsig op `n ewige lewe ook baie tevrede is met slegs die tydelike lewe. En sulke mense wat `n bepaalde vooruitsig het op `n ewige lewe, waarvan jy nou daar met My leerlinge ook een is, is daar in hierdie tyd nog maar baie weinig en daar sal ook nooit baie op hierdie aarde wees nie. Maar dat dit die geval is en helaas ook in die latere toekoms so sal wees, word nou juis deur die verskynsel van die drie sonne aangetoon.

[4] Jy en alle ander weet dat daar aan die uitspansel slegs één son skyn, terwyl julle nou drie daar sien. Julle weet ook dat daar maar één ware God en Skepper bestaan, en tog sal die dom mense voortaan deur allerlei valse voorspieëlings van die een ware God drie Gode maak.

[5] Dan sal die lewenslig onder die mense op aarde swak word en die liefde tot God en die naaste sal verkil; dan sal die weiniges wat nog `n suiwer geloof het, deur groot vrees bevang word, netsoos die klein voëls, en die konings van die aarde sal word soos gewelddadige roofdiere en voortdurend moorddadige oorloë met mekaar voer, en wie tot die drie gode bid, sal nie verhoor word nie.

[61 Die eerste newelson, wat meer na die noorde byna tegelyk opgekom het met die egte son - wat in hierdie gelykenis Myself voorstel - stel die teenprofeet voor of die teen-gesalfde, wat sal opstaan en sê: “Sien, ek is die waaragtige Gesalfde van God! Luister na my as julle salig wil word!” Maar Ek sê julle dat niemand van julle hom moet laat verlei nie! Want dit sal `n sendeling van die hel wees en hy sal deur sy bedrieglike kunste allerlei wonderlike tekens doen en sal `n baie vroom gesig opslaan en bid en offer; maar sy hart sal vol bittere haat wees teen alle waarheid, wat hy te vuur en te swaard sal vervolg en almal wat hulle nie aan sy leer hou nie, sal hy vervloek. Hy sal ook die drie gode uitvind en hulle laat aanbid. Ek sal as Verlosser van die wêreld ook wel daartoe gereken word, maar verdeel in drie persone. Mens sal met die mond nog wel één God bely maar tog drie persone aanbid, waarvan elkeen op homself ook `n volkome god sal wees en apart aanbid sal moet word.

[7] Maar nie lank daarna nie sal daar `n tweede newelson of `n tweede newel-gesalfde homself verhef, wat die eerste op alle gebiede sal verduister. HY sal nog tienmaal erger wees as die eerste. Want die eerste sal My woord tenminste nie geheel en al verbied nie; maar die suidelike sal My woord en My leer totaal verbied en slegs daaruit neem wat toevallig in sy slegte kraam te pas sal kom. Hy sal My teken wel op alle hoeke van die strate laat oprys en laat vereer; maar daarnaas sal daar nog duisende ander pryk, en meestal sulkes waarin hy behae sal skep.

[8] In die tyd sal hoogmoed, tweedrag en wedersydse haat die hoogste graad bereik. Dan sal die een volk teen die ander ten stryde trek, die een oorlog na die ander sal dan plaasvind, daar sal groot aardbewings kom, jare met mislukte oeste, inflasie, hongersnood en pes. Dan sal Ek egter die wortels van die teengesalfde vernietig, sodat hy dan sal verwelk soos `n boom waarvan mens alle wortels afgekap het. Daar sal dan baie gevloek, gejammer, gehuil en geklaag wees en dan sal die bose en nikswerd newelsonne, ofskoon hulle hulle valse glans aan My ontleen, vergaan netsoos die newelsonne nou voor julle oë vergaan het. Kyk, hulle word vaer en vaer, die gedaante van die son gaan in `n swak skynende waas oor en in die plek daarvoor kom des te heerliker, stralender en verwarmender die enigste ware son na vore. Nou sien julle ook die voëltjies uit hulle skuilplekke te voorskyn kom en vol opgewektheid die een ware son met hulle gesang begroet, en die groot roofvoëls versprei hulle en spoed hulle na hulle duister woude.

[9] En so sal dit dan ook in die tye geskied. Alles wat hoog sal wees, sal verlaag word. Die toppe van die berge sal tot `n vlak en vrugbare land moet word. Dan sal mens nie vra: “Wie is koning oor die land nie?” maar “Wie is die eerste en grootste weldoener van die gelukkige volk? Laat ons na hom toe gaan, sodat ook ons sy wysheid volgens God se orde leer ken!”

[10] Wanneer hierdie gelukkige tyd sal kom, sal wolwe, bere, lammers en hase vreedsaam met mekaar uit `n bron drink. - Het julle dit alles goed begryp?”

[11] Nikodemus sê: “Begryp het ons dit wel so ongeveer; maar bepaald aangenaam klink hierdie voorspelling nie en mens sou hier tog wel wil vra: Heer, moet dit alles so gebeur totdat U waarheidslig eindelik eendag geheel vry en ongehinderd oor die hele aarde sal mag skyn? Ons het nou U suiwerste woord en lig ontvang en sal dit ook so verder versprei; die salige gevolge daarvan sal die mense dan tog wel laat sien, dat die deur ons gepredikte woord die enigste ware en egte is. En ek sien nie in wie dit nog sou kan waag om met `n valse leer daarteen op te tree nie.”

[12] Ek sê: “Goed spreek is makliker as goed handel, en in die handel lê die saad van die onkruid, wat ook onverhoeds, tesame met die saad van die suiwer koring in die aarde van die hart van die mens gesaai word. Dit sal wortel skiet en dan geweldig voortwoeker onder die suiwer koring en dit gereeld verstik en te gronde rig. Daarom moet ook julle nie net toehoorders van My woord wees nie, maar ook na daardie woord handel! Maar ook julle sal in julle handel terughoudend wees, vanweë die groot en magtige wêreld; ja, julle sal My in die verborgene, wel by julleself bely, maar uit vrees vir die wêreld sal julle nouliks in My Naam durf spreek en nog minder in My Naam durf te handel. Want die wêreld sou dit kan merk en julle ter verantwoording kan roep as hulle merk dat ook julle jul na My gerig het, omdat dit blyk uit julle handeling. En kyk, dan kom dit werklik nie by die vraag waarom alles wat Ek julle nou voorspel het, sal moet gebeur nie, totdat in die laaste tye die waarheid eers volledig kan vry word en die volkere geseën kan word; maar slegs van julle sal dit afhang of julle die wêreld meer sal vrees as My of juis minder.

[13] Deur julle vrees vir die wêreld, sal die slegte saad met die koring uitgesaai word en daaruit sal beide newelsonne voortkom. En die rede waarom Ek dit nou so vir julle laat ontstaan en dit voorspel het, is, dat julle jul later as dit so sal gebeur, kan herinner - hier of aan die anderkant, - dat Ek julle dit alles reeds vantevore laat sien het.

[14] Daarom sê Ek julle nog `n keer wat Ek reeds gesê het: Vrees nie diegene wat wel julle liggaam kan dood nie, maar verder aan die siel geen skade kan toebring nie; as julle al iemand vrees, vrees dan liewer die Een in wie se mag ook die lewe of die dood van julle siel lê!

[15] Baie van julle sal weliswaar die regte moed aan die dag lê, maar nie almal nie, en selfs van julle sal sommige hulle vir My vererg.

[16] Die Herder sal geboei en geslaan word en die skape sal hulle versprei; daar sal groot vrees, droefheid en angs oor hulle kom. Maar Ek sal hulle dan weer opsoek, byeenbring en hulle moed en krag gee teenoor die vyande van die lig uit die hemele. Maar nou niks meer hieroor nie; want Ek het julle dit nou maar net gesê, sodat julle jul dit op die regte tyd sal herinner en korrek sal optree, en nie ook by julle die ou spreuk van toepassing sal wees nie: “Uit die oog, uit die hart!” - En nou is dit ook reeds tyd vir die oggendmaal! Laat Ons daarom huiswaarts keer!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205