|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 207
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die Heer gee as jongeling enkele bewyse van Sy almag
207 (Die Heer): “Hierop sê die Griek aan Josef: “Nou herken ek jou wonderbaarlike Seun eers weer heeltemal en dit is `n groot vreugde vir my dat Hy ons heidene nie so beoordeel as die ander Judeërs nie, wat hulleself as die suiwerste kinders van God beskou, maar wat as mense gewoonweg stink van hulle reinste hoogmoed en mekaar nog erger vervolg as honde en katte. As klein kind al het hierdie Seun van jou Hom gereeld bekla oor die Judeërdom soos wat dit nou is; maar nou as volwasse jong man het Hy duideliker gesê wat hy dink en laat sien hoe dit eintlik met die Judeërs gestel is. Sy oordeel gee my nou des te meer vreugde, omdat Hy dit presies so gesê het soos dit in die diepte van my siel leef.
[2] Dit is tog geen manier van doen van die eerste volk van God om elke heiden, wat tog ook `n mens is, dadelik te verdoem en dit selfs ook as `n mens hulle die grootste weldade bewys het! Waarom verdoem hulle dan nie ons goud en silwer nie?! Dit is wel goed genoeg vir hulle! Maar as een van ons ook maar die gang van hulle huis betree het, beskou hulle hulle huis en ook hulleself `n hele dag lank as onrein! O watter dwase! Ek het geen woorde genoeg om uit te druk hoe sleg en dom so `n waangeloof is nie! En kyk, jou goddelike wonderbaarlike Seun bevestig dit nou ook, en dit besorg my nou so `n groot vreugde soos wat ek nog nooit vroeër gehad het nie.
[3] Maar omdat ons hierdie kwessie nou duidelik bespreek het en weet wat ons van die wêreldse voorskrifte van die Judeërs moet dink, maar mens van die ander kant tog ook nog baie goed weet dat jy van die vele Judeërs die eerlikste en mees waaragtige is en jou nie gebonde ag aan `n niksseggende vorm nie, kan ons nou miskien reeds met mekaar afspreek hoe en onder welke voorwaarde jy vir my die woonhuis en die groot varkstal wil bou. Jou wonderbaarlike Seun sal wel sekerlik daarvoor sorg, dat jy van geen enkele kant kritiek hoef te verwag nie. Sê nou, vriend, hoe jy daaroor dink!”
[4] Josef sê: “My wonderbaarlike Seun en jy het wel heeltemal gelyk; maar as daar tog ophef daaroor kom, dan sal alleen ek ter verantwoording geroep word! Wat die koste betref, sal ons gou klaar wees.”
[5] Ek sê: “Luister, My aardse pleegvader Josef! Dit hang slegs van My wil af of iemand jou by die goeie werk sal kan verraai. Want hoewel Ek hier, om genoemde redes al lank geen teken meer verrig het nie, is Ek tog heeltemal die Een wat Ek in die begin was en vir My is alle dinge moontlik! Son, maan, sterre en hierdie hele aarde, asook alle hemele en die hele hel moet hulle aan My gehoorsaam en hulle rig volgens My wil, - en sou Ek dan vrees moet koester vir die duistere en blinde priesters van Ons sinagoge?!
[6] Sluit maar rustig `n boukontrak met hierdie agtenswaardige man, en laat die res aan My oor! Ons sal dan geen enkele moeite hê met die bou nie; want Hy wat in staat was om hemel en aarde te bou, sal immers ook maklik in staat wees om vir `n brawe Griek, wat in sy hart `n volkome Judeër is, `n goeie woonhuis en `n varkstal te bou! Ek sê julle dat `n varkstal waarlik nie tot die bouwerke behoort wat die menslike gees eer aandoen nie; maar die smerigste varkstal is My nou beter as die tempel in Jerusalem en menige sinagoge in die groot land van die Judeërs!” Josef sê: “Luister eens, my Seun, jy maak vandag wel baie waaghalsige uitsprake! As iemand uit die stad dit hoor en ons sou aankla, wat sou daar dan met Ons gebeur? Ons sou beskuldig word van die vreeslikste godslastering en meedoënloos gestenig word!”
[8] Ek sê: “Jy moet jou oor ander dinge besorg maak! Wie kan Ons hoor as Ek dit nie wil nie, en wie sal ons stenig terwyl Ek Heer oor alle klippe is? Kyk eens na hierdie klip wat Ek nou opgetel het! Ek wil nou dat hy voor die oë van die wêreld volledig tot niet gaan! En kyk, dit het al gebeur! As `n dom Judeër nou sulke klippe na Ons sou gooi, sou dit Ons dan enige skade kan toebring?! Kyk eers na die son! Sien hoe dit straal met haar helder lig! En omdat Ek ook Heer is oor die son, wil Ek dat sy nou enkele oomblikke lank geen lig sal gee nie! En sien, dit is nou duister soos in die nag!”
[9] Hier skrik Josef en ook die Griek, en diegene wat in die huis was kom ontsteld na buite en vra vol angs wat dit was en wat dit te beteken het.
[10] Ek sê: “Nou is Ek al so lank by julle en julle ken My nog nie! Dit was My wil! Maar Ek wil nou weer lig hê! En sien, die son straal weer so volmaak soos tevore! Dit het egter niks anders te beteken as dat julle almal sal weet en besef dat Ek by julle is!”
[11] Toe sê almal: “Die Heer sy alle lof, - ons Jesus het weer sy krag van God gekry!”
[12] Ek sê: “Ek het niks gekry nie; want alle krag en alle mag is van My. Ek en die Een wat in My leef is een en nie twee nie. - En sê jy My nou, Josef, of jy nog vrees koester vir die Judeërs en die oudstes van die sinagoge!”
[13] Josef sê: “ Ja, my liefste Seun en ook my Heer, as dit daar so voorstaan, het ek natuurlik geen angs en geen vrees meer nie; want nou eers het ek my heil geheel en alles gesien. Nou sal Ons dan ook, sonder enige beswaar, dadelik met die bewuste bou begin en vandag nog na die plek gaan waar Ons ou vriend sy huis en sy stal gebou wil hê!”
[14] Die Griek sê: “Ek dank julle by voorbaat; die loon sal ryklik volg. Die plek is nie so baie ver hiervandaan nie en omdat ek buite by die herberg goeie lasdiere laat staan het, sal Ons met gemak nog voor sonsondergang die plek bereik waar ek met myne woon.”
[15] Hierop roep Josef My ander broers en deel hulle mee wat daar moet gebeur. Maar Joses was van mening dat dit goed sou wees as een van hulle tuis sou bly, omdat daar ook in die stadjie elke dag iets kon voordoen; tegelyk sou dit ook minder opval en die toesighouers van die sinagoge, wat tog al steeds hulle oë en ore vanweë My, op die huis gerig gehou het, sou minder van Josef se vertrek merk en nie navraag doen waar en by wie hy werk aangeneem het nie.
[16] Ek sê toe: “Ook jy moet eens gelyk hê, maar nie heeltemal nie! Want Ek stel vas dat behalwe Jakobus, niemand met Ons hoef saam te gaan nie en Ons daarom ook maar vir drie man die hoogs noodsaaklike gereedskap hoef saam te neem, en dit maar net sodat mens weet, dat Ons as timmerliede van die huis gaan. Jakobus, maak jou daarom klaar vir die reis!
[17] Jakobus gaan maak hom klaar en haal die gereedskap.
[18] Toe Ons drie en die Griek op die punt staan om op weg te gaan kom Maria (Maria), die moeder van My liggaam, om te vra hoe lank Ons sou wegbly.
[19] Josef sê: “Vrou, by so `n groot opdrag is dit nie vooraf te sê nie!”
[20] Daarop sê Ek: “Mense kan dit inderdaad nie; maar vir My is ook dit moontlik!”
[21] Maria (Maria) sê: “Wel, sê Jy my dan hoe lank Julle sal wegbly!”
[22] Ek sê: “Drie volle dae, dit wil sê vandag, môre en oormôre; op die Sabbat, nog voor sonsondergang, sal Ons weer hier terug wees!”
[23] Toe sê almal: “Hoe kan julle drie in twee dae `n groot woonhuis en `n groot varkstal bou?”
[24] Ek sê: “Dit is Ons sorg; as julle maar daarvoor sal sorg dat julle werk tuis in orde is!”
[25] Toe sê Maria (Maria) aan My: “Maar my liefste Seun, ek vind Jou vandag weer so merkwaardig! Jy spreek vandag op so `n gebiedende toon! Hoe kom dit tog?”
[26] Ek sê: “Omdat Ek dit terwille van julle heil moet doen! Maar hou Ons nou nie langer op nie, want niemand van Ons wen iets met die gepraat nie. Vir die mens is tyd baie kosbaar!”
[27] Maria (Maria) sê: “Ja, ja, mens kan Jou in niks teenspreek nie, - Jy het altyd gelyk; daarom wens ek Julle `n voorspoedige reis en behoue tuiskoms!"
|
|
|
|
|