|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 227
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die barmhartigheid van enkele burgers
227 (Die Heer): “Terwyl die buurman nog so besig was om God te loof en te prys, kom daar `n paar ietwat beter burgers uit die stad wat die buurman `n klein weldaad wil bewys.
[2] Maar toe hulle sien dat die huis heeltemal herstel was, sê hulle (die burgers): “O, kyk, die ou Josef is ons vóór gewees! Julle moes wel die hele nag uit alle mag deurgewerk het dat julle dit nou al so volkome herstel het en nog beter as wat ons dit vroeër gesien het! Ja, ja, so `n boumeester soos Josef is daar in die hele Galilea geen tweede nie! Maar wat sou ons Josef vir so `n vinnige en perfekte werk gevra het? Wat hy daarvoor vra, sal ons jou gee.”
[3] Josef sê: “Ek vra niks daarvoor nie, dus hoef julle my ook niks te gee nie. Maar gee dit aan ander armes, dit sal beter wees as om dit weer na die sinagoge te bring, netsoos julle dit volgens `n ou gebruik altyd doen!”
[4] Een van die twee sê: “Maar mens moet `n goed bedoelde geskenk tog steeds aan die godshuis skenk, as diegene vir wie dit bedoel was dit nie wil of kan aanneem nie!”
[5] Ja, ja, so lui `n nuwe tempelverordening wel; maar Moses self het ons maar net op die hart gedruk dat ons met ons oorvloed veral vir die armes, die weduwees en wese moet sorg! Moses het nêrens gespreek oor die onderhou van een of ander bid- of leerhuis nie, behalwe dat hy die tiende vir die stam Levi vasgestel het. - Is dit nie so nie?”
[6] Beide sê: “Ja, ja, jy het gelyk! In die nuwe voorskrifte is te veel hebsug van die tempel sigbaar, wat God seker nooit voorgeskryf het nie, omdat Hy immers aan alle mense gesê het: Jy moet nie begeer wat van jou naaste is nie! Maar die priesters begeer onmiddellik alles wat hulle by ons sien en sê dat dit baie verdiensteliker is om aan die tempel te offer as om ander goeie werke te verrig. En dit kan nie God se woord wees nie, omdat God maar net sê dat mens sy naaste moet liefhê soos homself. Sodoende sal ons dit wat ons hierdie vriend wou gee, stilletjies aan die armes gee.”
[7] Ek sê: “Daarmee sal julle baie goed doen! As julle dit wil doen, gaan dan na die omgewing van Kapernaum! Aan die meer sal julle daar `n arm vissershut aantref. Die besitter heet Simon Juda en het `n ongeluk gehad by sy werk, sodat hy homself nou nie weer maklik uit die nood kan help nie. Want `n slegte man het al sy visgerei ontvreem en die visser het nie die middele om nuwes aan te skaf nie en ly daarom met sy gesin groot nood. En omdat hy verder iemand is wat altyd voor God se aangesig en die van die mense `n regverdige lewe gelei het - wat wel aan My baie bekend is, - doen julle werklik `n baie goeie werk as julle die man `n offer bring!”
[8] Toe beide dit verneem sê hulle: “O ja, die man ken ons baie goed en ons weet ook dat hy `n baie regverdige en redelike mens is; maar ons wis nie dat hy in sulke slegte omstandighede verkeer nie! Kom, dan gaan ons hom onmiddellik help!”
[9] Beide burgers neem afskeid en gaan vinnig na die visser om hom voldoende geld te gee vir `n volledige vissersuitrusting.
[10] En hier onder Ons sit nou, as My leerling, dieselfde visser wat tien jaar gelede deur My raad gehelp is!”
[11] Petrus sê: “Ja Heer, dit het my werklik oorgekom!”
|
|
|
|
|