Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 41

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

RafaEl en die Grieke

41 Na hierdie woorde van Lasarus rig die Griek hom tot die jong man (RafaEl) en sê: “Beste jong man, die herbergier het ons met ons vrae na jou verwys, jy sou ons wel `n goeie antwoord kan gee! Waaroor dit gaan, het jy al gehoor en daarom kan jy wel dadelik begin te praat!”

[2] Die engel sê: “Ja, beste mense, dit gaan nie so vinnig as wat julle dit vir julleself voorstel nie! Want in ons boeke, wat aan julle ook nie heeltemal onbekend is nie, staan geskryf: “Die land Kanaän is aan die kinders van JaHWeH gegee en gode sal daarin woon.” Sodoende is julle nou in die land van die gode en het hier met gode te maak en nie met suiwer wêreldse mense netsoos wat julle is nie. As julle egter by gode iets wil bereik, dan moet julle hulle vooraf leer om baie opreg te vra, anders sluit die gode hulle mond en gee julle geen onderrig en geen raad nie. Begryp julle my?”

[3] Die Griek sit groot oë op en sê aan die jong man: “Nou, nou, my beste jong Judeër, julle goddelikheid skyn nie al te veel om die lyf te hê nie, want as julle gode was, sou die Romeine julle nie onderwerp het nie! Maar van ons mag jy jou as jong Judeër, wat waarskynlik nog nie soveel ervaring het nie, jou laat voorstaan op jou ou mistieke geskrifte en jou inbeeld dat jy `n god is. Ek kan ook aan jou vra om my iets oor julle geheime kookkuns mee te deel en ek vra jou dit nou ook baie opreg!”

[4] Die engel sê: “Nou vertel ek jou en elkeen van julle nog minder oor ons kookgeheim as eers, want nou het jy selfs ietwat grof geword en met grofheid is daar by ons gode heeltemal niks te bereik nie! Want julle mense moet julle volgens ons en ons nie volgens julle rig nie, omdat ons sonder julle baie goed kan lewe en ewig bestaan, maar julle nooit sonder ons nie. Het julle dit ook weer begryp?”

[5] Die Griek sê: “O ja, maar al te goed, en dit het vir ons nou duidelik geword dat veral jy, as baardlose jong man, `n baie vreemde snuiter is! Maar as jy jou so laat voorstaan op jou goddelikheid, gee ons dan eers `n bewys daarvan, dan sal ons ook met sekerheid weet wat ons ten opsigte van jou moet doen! Want met woorde alleen kan iemand wat `n mens skyn te wees, hom teenoor ons mense, nooit as te nimmer as `n god manifesteer nie, maar alleen deur `n daad wat, volgens die getuienis van alle mense wat in allerlei kunste en wetenskappe ingelyf is, nie anders aangemerk kan word dan as `n daad wat slegs vir `n god moontlik is nie. Het jy, as jong man wat as `n god vereer wil word, dit ook begryp?”

[6] RafaEl sê: “O ja, maar met dergelike Griekse wysheidsfrases bereik julle niks by my nie, want ek besit goddelike mag en krag en het daarom vir geen enkele mens enige vrees nie en ook nie vir alle mense op die hele aarde nie. Wie iets van my af wil ontvang, moet my eers in volle erns met `n suiwer en deemoedige hart daarom vra; want met behulp van jou spitsvondighede kry jy nooit as te nimmer iets deur my gedoen nie. Begryp jy dit?”

[7] Die Griek sê: “Luister eers, jy is `n totaal onhandelbare jong man en daar is met jou, as jy werklik enige geheime besit, met alle menslike verstand niks te begin nie, dit het ons nou wel heeltemal agtergekom! Jy het jou goed daarin geoefen om voor die mense god te speel; gaan maar so deur, dan sal jy nog eendag `n groot en baie beroemde man word. Maar as jy werklik so goddelik almagtig, en daarby duidelik `n Judeër is, dan kan jy geen vriend van die Romeine wees nie. Dit sal vir jou tog nie moeilik wees om alle Romeine met één slag uit die godeland van jou te verdryf nie. Waarom laat julle jul dan hulle streng wette welgeval?”

[8] Die engel sê: “Die Romeinse wette is wel streng, maar tewens regverdig en dien die beter Judeërs nou selfs as beskerming teen die slegte Judeërs, wat hulle wel Judeërs noem, maar in hulle hart geen Judeërs en glad geen van God se kinders is nie. En daarom is die Romeine nou ons vriende en reeds lank geen vyande meer nie en hulle bewaar die orde onder die verdorwe mense van die land goed, netsoos in vele ander lande, en ons beskerm hulle daarom eerder as wat ons hulle uit die land sou wil verdryf. Dat ons egter, as dit nodig mag wees, ook die magtige Romeine soos kaf voor die stormwind uit die land sou kan blaas, daarvan sal ek julle `n klein voorbeeld gee, let dus almal goed op!”

[9] Die Griek sê: “Jong man, wat wil jy ons dan laat sien of deur jou uiteindelike towery wysmaak?”

[10] RafaEl sê: “Oordeel nie vooraf nie, maar eers agterna!”

[11] Die Griek sê: “Baie goed, ons sal eers agterna oordeel!”

[12] RafaEl sê: “Goed dan; oordeel dus agterna. Netsoos ek julle baie duidelik gesê het, oordeel volgens julle wyse Griekse verstand en sê my dan wat julle wyse verstand daarvan sê!”

[13] Die Griek sê: “Goed dan, laat ons maar iets sien, ons sal wel sien of dit eg is! Want by ons in Athene is al baie verskillende wyses gewees en ons Grieke kan daarom baie goed beoordeel wat towery is, en wat `n waaragtige wonder van God is. Kom dus maar voor die dag met jou goddelike blyke van almag!”

[14] Die engel sê: “Maar let wel goed op dat dit julle nie die natuurlike asem ontneem nie!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205