|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 138
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die aankoms van die sewe Opper-Egiptenare. Die woorde van die Egiptenaar tot die Heer wat van diep insig getuig. Oor die korrekte voeding
138 Daarop loop beide Romeine vinnig na buite en toe hulle in die deuropening kom, staan die sewe mense uit Opper-Egipte al in die voorportaal van die groot herberg, en die eerste, wat netsoos bekend, die Romeinse ekspedisie `n aantal jare gelede nie verder laat deurdring het nie, gaan na die Romeine wat aan hom welbekend was, steek sy donkerbruin hand uit en sê (die Egiptenaar): “Ek groet julle nou as my vriende, netsoos ek julle ook enkele jare gelede in die binnelande van Opper-Egipte as vriende laat gaan het. Julle het nog gereeld aan my gedink en het ook op grond van wat julle van my gehoor het, hierheen gereis om die wese van `n ware mens dieper te deurgrond en in julleself te leer ken; maar julle het geen vermoede daarvan gehad dat julle my ook `n slag in die land sou ontmoet nie.
[2] Ek het nou egter nie so veel terwille van julle hierheen gekom nie, maar veeleer terwille van Iemand wat julle nog nie ken nie, sodat Hy ons ook sal doop met die vuur van die ewige Waarheid van Sy Gees. Hy het reeds gister aan Sy vele leerlinge aangekondig dat ons sou kom om vir Hom `n ware getuienis af te lê. En Hy sal ook vandag met Sy leerlinge hierheen kom, omdat Hy goed weet dat ons hierheen sou kom, omdat Hy ons met Sy almagtige wil hierheen ontbied het. Laat ons daarom hierdie herberg binnegaan en ons diep buig voor Hom, wie se magtelose kinders ons nog is!”
[3] Beide Romeine sê: “Bedoel jy dalk die beroemde Verlosser uit Galilea, van wie ons wel baie wonderlike dinge gehoor het, maar wie nog nie ons persoonlik ontmoet het nie?”
[4] Die Egiptenaar sê: “Ja, ja, vriende, Dit bedoel ons! Laat ons daarom maar vinnig na Hom toe gaan!”
[5] Daarop open die Romeine die deur van die groot eetsaal, en die sewe Egiptenare kom eerbiedig die saal binne, kom dadelik op My af, buig diep voor My, en die leier sê: “Op hierdie wyse, o Heer van ewigheid, het dit U behaag, om U met die vlees van die mens te omhul! Wees daarvoor geprys in ewigheid deur alle skepsele, vir wie U nou die groot poort geopen het om binne te kan gaan in U ewige groot ryk van die lewe!
[6] Toe U in U oerewige Gees magtig die hele oneindigheid vervul en ontelbaar vele wesens uit U geskep het, was geen skepsel vry van U Wysheid en Mag nie, maar gebonde deur U wil. Maar nou het U Uself gebind met die vlees van die mens, U skepsele, om Self alle skepsele vry te maak en hulle in die ryk van U ewig vrye goddelike lewe binne te lei. O Heer van ewigheid, wees daarom nogmaals bo alles geloof en geprys!
[7] So vry en selfstandig het U nou U skepsele gemaak, dat hulle U woord kan hoor en U, hulle Skepper, vir hulle selfs `n leraar is en aan hulle die weë kan toon waarlangs hulle volledig aan U gelyk kan word. O, laat elke atoom van U ewige oneindigheid U ewig daarvoor prys; want die is nou ook geroep om eens in `n vry lewe binne te gaan!
[8] Laat ons nou, groot, ewige God, Heer en Skepper, ons enige tyd verlustig in die aanskoue van U aangesig! Want luister julle skepsele, julle mense, almal: Ewighede na ewighede het daar verloop, en ontelbare skepsele het daar uit Hom ontstaan, wat Hy as Sy gedagtes besien het, en wat weer na Hom toe terugkeer. Maar nooit het die oog van `n skepsel sy oneindige, ewige Skepper gesien nie, en nou het dit Hom volgens Sy ewige raadsbesluit behaag, om Homself in Sy hele ewige wese vir Sy skepsele sigbaar en tasbaar te maak, is Hy, die Ewige, Oneindige, sonder om mag en grootte in te boet, as sigbare God in die gedaante van `n mens by julle, en julle sien Hom en spreek met Hom - en begryp en bevat tog nie Wie julle in julle midde het nie! O, by wat ek nou vir julle gesê het, sê dan almal: O Heer, ek is uit myself ewig onwaardig om met U onder één dak te wees; maar spreek slegs één woord tot my, dan ontvang my siel die ewige lewe uit U woord!”
[9] Daarop lê die Egiptenaar sy hande kruiselings oor sy bors en bekyk My, vervul van grootse gedagtes, van top tot toon en sy metgeselle doen dieselfde. Gedurende daardie oomblik durf geen mens ook maar iets sê nie, en alle oë was onafgewend op My gerig.
[10] Maar na `n rukkie sê Ek aan die Egiptenare: “My vriende wat uit die verre land hierheen gekom het, wees hartlik welkom! Julle moet en sal My vandag nog baie nuttige dienste bewys, tot verdere onderrig van hierdie broers en ter versterking van hulle siele. Maar julle het al byna twee dae lank bykans sonder om te eet gereis en was slegs deur die Gees gevoed; nou moet julle liggaam ook `n egte versterking kry deur die vrugte van hierdie aarde en dit sal dadelik vir julle in brood en wyn gegee word!”
[11] Die Egiptenaar verontskuldig hom weliswaar en sê dat My aanblik hulle al meer as voldoende versterk het.
[12] Maar Ek sê: “Ek weet baie goed dat `n van die gees vervulde siel geen liggaamlike honger voel nie; maar ondanks dit moet die liggaam sy natuurlike voeding kry, omdat dit anders mettertyd geen goeie werktuig meer vir die siel sou wees nie. En so moet nou ook julle eers goed gevoed word om daardeur des te kragtiger te wees om My goeie dienste te verleen terwille van julle broers!”
[13] Na hierdie woorde stem hulle ten slotte graag daarmee in om eers te eet en Nikodemus sorg ook oombliklik daarvoor dat daar goeie wyn en ook goeie brood en sout opgedien word.
[14] Toe nou brood en wyn en sout op `n heilige tafel gereed staan, sê Ek weer: “So, kinders uit die verre land, gaan sit, eet en drink!”
[15] Dadelik neem die sewe Egiptenare nou plaas aan tafel en eet en drink baie opgewek; want eers nou begin hulle te voel dat hulle eg hongerig en dorstig was. Hulle het geen woorde genoeg om die kwaliteit van die brood en die wyn te roem nie, en noem dit lewensvoedsel uit die hemel.
[16] Die leier sê, terwyl hy nog eet en so nou en dan ook drink: “In my siel het ek gereeld die brood en hierdie drank geproe, maar oor my liggaamlike tong het hierdie liggaamskos nog nooit gekom nie! Hierin is alle lewenstowwe werklik baie gekonsentreerd aanwesig en hulle versterk nie slegs die liggaam nie, maar ook die siel!
[17] O, hoe ver en hoe diep sou die mense met die voedsel kan binnedring in die sfeer van die innerlike lewe, as hulle sou weet wat hulle eet en wat die voedsel bevat; maar dit weet hulle nie en hulle sien ook deur al die lig nie die dag nie. Maar hulle sal langsamerhand nog goed insien dat hulle in die voedsel God se lewende woord en Sy wil geniet. As hulle dit vir hulleself sou kan ontraaisel en begryp, dan eers sou hulle weer volmaakte mense wees; maar omdat hulle dit nog lank nie kan nie, moet hulle so lank leerlinge wees en bly tot hulle dit self begryp en in hulle lewe sal toepas.”
[18] Alle aanwesiges was baie verbaas oor hierdie opmerkings van die Egiptenaar, wat dit alles op `n baie eenvoudige en beskeie manier na vore bring. Selfs vir My oudste leerlinge gaan daarby enkele nuwe en helder ligte op; maar geeneen van hulle durf `n gesprek met die Egiptenaar begin nie.
[19] Ons drie towenaars sê by hulleself: “Nou sien ons eers baie duidelik wat ons nog alles ontbreek! O, wat se verskil is daar nie tussen ons en hierdie sewe mense nie!”
[20] Lasarus, wat hom agter My bevind, kom na My toe en sê: “O Heer, die wysheid van hierdie man maak my heeltemal kleinmoedig! Ons is nou by die oerbron en hoe onmeetlik veel verder is hy reeds as ons!”
[21] Ek sê: “Maak jou nie besorg daaroor nie, julle sal ook sover kom en wel nog verder; maar julle moet geduld en ywer hê, want met een hou kap jy geen boom om in die bos nie! Ek het hierdie ware mense, hoewel daar weinige is, immers nie hierheen laat kom om julle te beskaam nie, maar slegs sodat julle van hulle sou leer. Julle sal dan ook sien wat ware mense vermag en waartoe julle ook in staat sal wees, as julle deur die navolg van My leer tot ware mense geword het.
[22] Maar nou laat Ons hulle eers eet en drink; want hulle het twee dae lank niks geëet en ook weinig gedrink nie. Nikodemus kan nou ook reeds daarvoor gaan sorg dat ook Ons spoedig iets te ete en te drinke kry, en ook Ons jongeres in die vertrek hiernaas, waarheen jy en RafaEl hulle ondergebring het.”
[23] Toe Ek dit aan Lasarus sê, was hy dadelik by Nikodemus om hom die boodskap oor te bring; en dadelik bring hy elkeen in die groot herberg tot die grootste bedrywigheid.
|
|
|
|
|