|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 224
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Aankoms in Nasaret
224(Die Heer): “Daarmee was ook Josef dit eens en Ons gaan toe rus en reis die volgende môre, deur Cyrenius en enkele dienare van hom begele,i na die woning van Ons Griek; want Cyrenius wou hom oortuig van My wonderbaarlike bouwerk by die Griek.
[2] Binne `n paar uur was Ons ter plaatse en sien al van ver die heeltemal nuwe woonhuis en die eweneens nuwe en groot varkstal. Aan die verbasing van die Griek en Cyrenius kom geen einde nie en ook die mense uit die huis van die Griek was hoogs verbaas en wis nie hoe dit in die nag kon gebeur het nie.
[3] Maar Ek gebied almal om dit nie te verraai voordat daar tien jaar verbygegaan het nie.
[4] Almal beloof dit nadruklik.
[5] Toe oorhandig Cyrenius dertig pond goud aan Josef en die Griek oorhandig hom honderd pond silwer.
[6] Josef neem dit aan ter ondersteuning van die armes, wie altyd baie groot barmhartigheid by hom gevind het.
[7] Daarop vertrek Ons en kom weer die volgende dag taamlik vroeg in Nasaret aan. Ons kon weliswaar dieselfde dag nog tot by Nasaret gekom het, omdat die Griek Ons met sy goeie lasdiere huistoe gebring het; maar Ek wou dit nie, omdat Ek `n goeie rede daarvoor gehad het. Ons bly daarom weer in die herberg waar Ons op die heenreis varkvleis geëet het.
[8] Toe ons die volgende oggend in Nasaret aankom, vra almal onmiddellik hoe dit met Ons gegaan het, wat Ons gedoen het en of daar vir ons by `n heiden ook `n aansienlike verdienste was.
[9] Maria (Maria) dink toe dat die loon vir anderhalwe dag se werk nou nie so bepaald groot sou wees nie.
[10] Maar Josef sê: “Wees almal rustig en swyg teenoor al die volk hier en ook elders; want die volk is vol afguns oor die geluk van sy naaste! Ek sal daarom nooit my hart vir die waaragtige armes sluit nie en die naam wat ek al sedert lank by elkeen het, moet bly netsoos hy is: Wie nêrens meer hulp kan vind nie, word altyd nog gehelp deur die ou, arm Josef met die weinige wat hy self eerlik en deur harde werk verdien het. Maar sê veral niks daarvan aan die volk nie - en gladnie aan die priesters nie! Maar des te meer sal hier nou geld: Die ou Josef sal die armes nog steeds meer help!”
[11]Toe alle aanwesiges hierdie woorde van Josef hoor, neem hulle dit ter harte en Maria (Maria), uit wie My liggaam gebore was, sê daarop: “O Josef, jou woorde is goed en waar en sal deur ons nagevolg word asof dit `n gebod van God is; maar julle drie kan Ons tog wel meedeel wat julle in die kort tyd by die heiden vir `n wonderbaarlike werk uitgevoer het, dat julle soveel goud en silwer daarvoor gekry het!”
[12] Josef sê: “Liewe moeder, ek het jou tog gesê dat God hierdie keer op wonderbaarlike wyse met Ons was! Maar wat daar presies alles afgespeel het, sal julle, wanneer dit uitkom, nog wel op die regte oomblik te wete kom. Maar sorg nou dat ons iets te eet en te drink kry; want Ons het vandag nog niks genuttig nie, terwyl ons tog al in die vroeë oggendskemering op pad was!”
[13] Nou gaan Maria (Maria) vinnig met haar helpsters na die kombuis om dadelik aan die werk te spring vir `n goeie oggendmaal. En Josef berg intussen die baie geld veilig op.
[14] Toe die maal toeberei was en Ons aan tafel plaasneem om dit te nuttig, kom daar `n ou rabbi uit die stad om te uit te vind waar ons was, watter werk ons gedoen het en hoeveel ons verdien het. Die hebsugtige rabbi wou dit weet, omdat hy reg gehad het op `n offerpenning van Ons verdienste, `n dom gebruik wat in die hele Galilea van krag is.
[15] Josef vererg hom en hy sê: “Jy ken my goed genoeg om te weet dat ek my plig nog altyd trou nagekom het en dit sal ek ook hierdie keer doen; maar dit maak my werklik boos dat jy uit hebsug nie tuis kan wag totdat ek, netsoos altyd, self na jou toe gekom het nie. Wie het jou eintlik vertel dat ek saam met Jesus en Jakobus weg was vir `n opdrag?”
[16] Die rabbi sê: “Jy het nog maar nouliks vertrek, of ek kom om aan jou `n vriendskaplike besoek te bring, netsoos ek dit al sedert lank doen; toe word aan my vertel dat jy met jou twee seuns `n ent weg was vir `n opdrag, en dat jy na drie dae weer sou tuiskom, omdat die werk nie baie groot was nie. Wel, so het ek dan nou ook gekom om jou weer te sien en my deur jou te laat vertel hoe dit daar gegaan het en watter nuwe en besondere dinge jy daaroor te vertel het! Want as jy amper anderhalwe dag gewerk het, sal jy wel nie soveel verdien het dat daar `n offerpenning van betaal moet word wat `n bietjie die moeite werd is nie. En as jy tog iets daarvan aan die sinagoge wil laat toekom, hoef jy ons immers geen kontantgeld te betaal nie, omdat ons nog steeds geld aan jou verskuldig is vir jou laaste werk! Dus, ou vriend, hoef jy gladnie boos te word vir my omdat ek jou vandag vroeër as gewoonlik besoek het nie!”
[17] Josef sê: “Dit is werklik nie waarom ek vir jou of iemand anders boos is nie; maar slegs omdat jy my andersins nie so gou besoek nie, tensy jy te wete gekom het dat ek weggegaan het vir `n opdrag of weer daarvan tuis kom. Maar vir die werk wat ek vir julle gedoen het, is julle my `n aardige bedraggie verskuldig en in ruil vir die offerpennings wat ek julle elke keer moet betaal, sou julle my dit liefs so gou moontlik niks meer skuldig wees nie; daarom informeer julle ook so ywerig wat se werk ek gehad en hoeveel ek verdien het. En as ek nou stellig `n hele maand lank geen werk buitenshuis sal hê nie, sal jy seker geen enkele keer na my toe kom nie!
[18] O, glo my, ek weet altyd presies wat ek van my vriende moet dink! Maar dit maak nie saak nie, want daarom sal ek tog nooit arglistig wees teenoor een van my vriende nie. En daarom sê ek jou ook hierdie keer dat ek met die werk presies soveel verdien het sodat die offerpennings, wat ek julle daarvan moet betaal, net soveel is as dit wat julle my verskuldig is, volgens my altyd baie skaflike rekening; en daarom kan jy tuis die hele skuld skrap!”
[19] Toe die rabbi dit verneem het, lyk hy heel vrolik en sê: “O, dit is goed! As owerste van die sinagoge het `n swaar klip nou van my hart geval! Daar is nou weer `n baie groot werk wat opkom en ek sal jou vandag nog nadere mededelings daaroor doen. Maar nou wil ek jou geen oomblik langer meer steur nie!”
[20] Daarop staan die rabbi ook onmiddellik op en gaan vinnig weer na die stad terug.”
|
|
|
|
|