|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 97
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die verdedigingstoespraak van die hooftowenaar
97 Die hooftowenaar sê: “O beste, mooie en baie wyse jong man! Ons ontken gladnie dat die sake daar by ons helaas so staan nie; maar ons het dit al so, netsoos dit is, aangetref en nie self ingevoer nie. Laat diegene wat dit oorspronklik so bedink het, ingevoer en gereël het, maar voor `n ware God verantwoording aflê vir al die onheil wat ons stig! Ek is as kind van `n priester so opgevoed en onderrig en kan niks daaraan doen dat ek nou is wat ek is nie. By ons geld vrome bedrog as `n voortreflike deug; want jy hoef die gewone mense maar net deur allerlei geheime kunste tot `n vaste en sterk geloof te bring - wat op sigself nie so moeilik is as jy dit maar goed aanpak nie, en kyk, dan is so iemand volmaak gelukkig, leef binne `n bepaalde orde en het geen angs vir die liggaamlike dood nie, omdat hy vas en seker glo in `n lewe na die dood! Neem mens die geloof van hom af, dan is hy oombliklik ongelukkiger as welke verlate dier dan ook! Voordat mens egter in staat sou wees om van alle mense pure wysgere te maak, sou mens al lankal `n offer geword het van die woede van die volk. Voorlopig kan daar dus niks anders gedoen word as om die hele saak so te laat gaan soos wat dit nou gaan. As dit moet verander, dan moet `n almagtige God dit doen; daarvoor is ons mense te swak.
[2] Ek het met my wetenskap en kuns al ver die wêreld ingetrek, en was selfs in die groot ryk verby die groot wêreldmuur, maar ek het nêrens mense aangetref by wie `n sekere duidelike wêreldse wysheid algemeen verbreid was nie. Gewoonlik is hulle slegs in besit van die priesterstand; maar die volk leef rustig en tevrede as gevolg van die blinde geloof, wat deur die priesters oorgelewer word. En dit is werklik die beste middel om `n volk binne `n sekere orde te hou en daarvoor te sorg dat hulle die grond vlytig bewerk.
[3] Dat hy leef en ook seker sal sterf, weet die mens; maar as `n mens gesond en goed versorg is, leef hy graag en is hy van nature `n vyand van die sterf en die dood, en daarom het hy altyd `n groot angs daarvoor. Hierdie voortdurende angs sou die mens baie gou dermate oorweldig het, sodat hy vir elke werk en ook vir `n geestelike vorming volkome ongeskik sou word, en hy sou ook die grootste vyand van die lewe geword het, netsoos daar by ons ook `n volk is, wat hulle lewens vervloek en geen kinders verwek om geen ongelukkige wesens op hierdie wêreld te plaas nie. Daardie volk vermeerder hom slegs deur nuwe inkomelinge van buite af, met uitsondering van vroue, wat daarom nie by die volk aangetref word nie. Maar dan verskyn die homself bo alles verloënende priesterstand, leer die mense bepaalde onsigbare magtige gode en hulle kragte ken en doen hulle by die volk voor as `n sendeling en dienaar van die gode, wat self mag het en voor die oë van die volk wonders verrig en vir hulle ore wysheid verkondig.
[4] Die wonders is die getuie van hulle woord. Die volk glo omdat hulle met hulle oë self die bevestiging gesien het, en word gelukkig omdat hulle deur hulle geloof geen angs meer het vir die dood en vir `n ewige vernietiging nie, en omdat hy hulle die sekere en deur niemand meer in twyfel getrekte uitsig op `n beter en ewig lewe gegee het.
[5] En kyk, dit is die vrug van die nooit hoog genoeg gerespekteerde priesterstand, wat self weliswaar altyd in die droewige besef leef dat die dood van die liggaam, by die mens sowel as by die dier en die plant die einde is. Om te sorg dat die priester die geloof steeds by die volk in stand hou, mag die volk nie in die minste ingewy word in die innerlike geheime van die priester nie, maar moet altyd `n hoër wese sien in die priester, wie se wysheid en mag eers na die dood besef sal word deur die vrome mensesiel; want as dit tydens die liggaamlike lewe sou gebeur, sou dit haar dood beteken. Dit glo die mense ook, hulle beskou die wysheid en die mag van die priester as heilig en lei daarby `n rustige, ordelike en so moontlik gelukkige lewe. Dit is dan ook die rede waarom die nie-priesterlike wonderdoeners altyd intensief vervolg word en harde en swaar straf kry, omdat hulle gesien word as verleiers wat deur `n slegte wese gestuur is van `n gelukkige volk. Want dit is beslis beter dat daar één terwille van die volk ly, as dat die hele volk uiteindelik moet ly terwille van één kwaadwillige mens.
[6] Onder ons priesters is daar ook wel enkeles wat bepaalde feitelike bewyse vir `n voortlewe van die siel na die dood het; maar sulke bewyse deug nie in die algemeen vir `n groot volk nie, maar slegs vir weiniges, wat volkome in die innerlikste lewensmisterieë ingewy is.
[7] Vir die gewone, ruwe, maar daarenteen sterk in die geloof staande volk deug maar net sigbare bewyse met die grootste moontlike, misterieuse prag. Daar kyk hulle met oë wat groot van verbasing oopgesper is en met diep innerlike ontsag - en hulle glo, offer en werk daarna met vreugde. En dit alles is egter nie so sleg soos wat jy, my lieftallige jong vriend, my netnou in strenge bewoordings voorgehou het nie, en ek vra jou nou om jou mening daaroor uit te spreek!”
|
|
|
|
|