|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 180
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die Heer wek `n gestorwe weduwee op uit die dood
180 Toe hulle nog eet en drink, kom daar `n menigte vroue en kinders klaend en huilend die saal binne; hulle vra Nikodemus om hulle manne en knegte vry te laat, wat daar straks deur die Romeinse soldate agter slot en grendel gesit was.
[2] Maar Nikodemus sê: “Julle manne en knegte sal oor drie dae wel vrygelaat word, maar ook geen oomblik vroeër nie! Hulle het die raad gekry om toegeeflik te wees; maar omdat hulle dit nie wou nie, moet hulle nou ook boet vir hulle halsstarrigheid!”
[3] Daar tree nou `n dogter na vore, wat sê: “Heer, my moeder lê doodsiek tuis! Sy is `n weduwee en het maar één kneg, wat oor die algemeen baie trou is en goed vir ons sake sorg. Dit was maar baie toevallig, dat hierdie kneg daar straks, toe daardie opskudding op straat ontstaan het, daarby gekom het om as inwoner van Emmaus `n paar woorde ten gunste van ons herbergiers te spreek. En omdat hy dit gedoen het, word hy ook deur die soldate gegryp, geboei en na die gevangenis gebring. Ek vra u nou, beste regter en meesters, terwille van my doodsieke moeder, om ons kneg, wat heeltemal onskuldig in die gevangenis gekom het, weer vry te laat!”
[4] Daarop sê Nikodemus: “Dat julle kneg inderdaad minder skuldig is aan die opskudding as die herbergiers en hulle eie knegte, daaraan twyfel ek nie; maar hy was tog min of meer `n handlanger en dit gebeur daarom nie ten onregte dat hy met die ander in die gevangenis beland het nie. Maar as dit met jou moeder, wat ek goed ken, so sleg gaan en sy doodsiek is, sal ek ons opperste regter hier vra of Hy dit goed sal vind dat julle kneg vrygelaat word. Wees daarom netso geduldig!”
[5] Nou rig Nikodemus hom natuurlik tot My en vra My wat daar in verband met die kneg moes gebeur.
[6] En Ek sê: “Die genoemde kneg kan heeltemal nie uit die gevangenis vrygelaat word nie, omdat hy hom nie daar bevind nie; want toe hy merk dat die halsstarrigheid van die herbergiers en hulle knegte hulle in die gevangenis sou bring, gaan hy daar onmiddellik, en nog net op tyd, vandaar, om hom buite in dieselfde hut te verberg waar ons vanmore die arm en siek gesin aangetref het. Ek sal RafaEl nou daarheen stuur om hom vinnig hierheen te bring; eers dan sal ons die res bespreek.”
[7] Ek gee RafaEl `n teken, waarop hy vinnig die saal uitgaan en binne enkele oomblikke weer met die kneg by ons in die saal terugkom. Toe die kneg hom in die saal bevind, begin hy elkeen om vergewing te vra vir die feit dat ook hy, suiwer uit nuuskierigheid enigsins deelgeneem het aan die opskudding.
[8] Ek sê: “Wees daarom voortaan verstandiger en neem geen deel meer aan enige opskudding nie, anders sou dit `n keer sleg met jou kan afloop! Maar gaan nou met hierdie dogter van die siek moeder, by wie jy in die diens is, na die huis en bring die sieke hiernatoe, dan sal Ek sien of hulle miskien nog gehelp kan word!”
[9] Beide vertrek vinnig, maar kom al gou huilend terug en die kneg sê: “O, beste Regter en seker ook netso goeie Arts, die moeder van hierdie dogter, by wie ek in diens is, het gesterf! Toe ons tuis kom, lê sy al geheel ontsiel in haar bed; sy sal daarom wel nie meer gehelp kan word nie!”
[10] Ek sê: “As julle sou kan glo, dan sou julle ook die groot heerlikheid van God se mag in die mens kan sien!”
[11] Beide sê: “O meester, God se mag is wel groot en heerlik, maar teen die dood het Hy tog geen krui geskape nie! Daar is seker wel wonderlike middele waarmee die swaarste siektes genees kan word, - maar bestaan daar `n middel waardeur `n dooie ooit weer lewend kan word?! Ons glo wel dat die siele van die mense na die dood van die liggaam voortlewe, maar dat `n liggaam, as dit eenmaal dood is, ook weer tot lewe gewek kan word, is wel moeilik te glo! Mens spreek wel van `n Jongste Dag, waarop almal wat in hulle graftes al lank vergaan het, weer sal opstaan; maar dit lyk maar vir ons so `n leë troosleer te wees om te voorkom dat die mense te veel vrees het vir die dood. Maar ons dink dat elkeen wat eenmaal gesterf het, in ewigheid nooit meer sal opstaan nie.
[12] Maar wat daar na die dood van die liggaam met die siel gebeur of sal gebeur, sal ook alleen God maar weet; want vir sover ons weet het daar nog geen enkele siel teruggekom wat gesê het hoe dit daar aan die ander kant in die wêreld uitsien nie. Ons dank u, beste Regter en Verlosser, vir U goeie wil om ons moeder beter te maak; maar omdat sy reeds gesterf het, kan sy ook nie meer gehelp word nie en dit sou werklik baie ongepas van ons gewees het as ons die oorledene hiernatoe gebring het!”
[13] Ek sê: “Dit sou ook wel kan wees dat die oorledene slegs skyndood is en in daardie geval sou sy wel weer in die lewe teruggeroep kan word!”
[14] Die dogter sê: “O beste Verlosser, my moeder het gesterf aan volledige uitputting, waaraan sy vyf volle jare ongeneeslik gely het! En wie aan so `n siekte sterf is nie skyndood nie, maar werklik dood! Daarom laat ons haar nou maar met rus; want alleen `n God sou haar weer in die lewe kan terugroep, maar nooit die deskundigheid en die mag van `n mens nie!
[15] Ek sê: “Vanuit jou kennis bekyk het jy enersyds wel gelyk, en ook omdat jy My nie ken nie; maar iets moes jou tog opgeval het toe Ek daar presies geweet het waar julle kneg hom versteek het, ofskoon Ek ook tydens die opskudding geen enkele oomblik My plek verlaat het nie. En as Ek dan daartoe in staat is, sou Ek ook nog wel eens in staat kan wees om `n hele boel ander dinge te bewerkstellig, as julle dit sou glo en die moeite sou doen om die oorledene hiernatoe te bring.”
[16] Beide sê: “O beste Verlosser, as dit vir U en alle ander vername gaste nie so onaangenaam sou wees nie, sou ons die oorledene wel hierheen wil bring; maar U sit hier vrolik aan `n maaltyd en `n lyk sal seker nie goed daarby pas nie!”
[17] Ek sê: “Of dit sal pas of nie sal die ervaring leer; gaan haal dus maar die oorledene!”
[18] Nou gaan beide en bring met nog hulp die gestorwe vrou met die bed waarin sy lê, in die ruim saal in.
[19] Toe die oorledene daar lê, was alle aanwesiges ietwat geskok en kyk beurtelings na My en na die lyk.
[20] Ek gaan egter staan en sê: “Wie van julle deskundig is, laat hy na die lyk gaan en ondersoek of sy volkome dood is!”
[21] Die meeste sê: “O Majesteit en Heer, niemand hoef haar meer te ondersoek nie; want uit die verte sien jy al dat sy geheel en al dood is!”
[22] Ek sê: “Wel, goed dan, maar dan wil Ek dat sy leef, opstaan en heeltemal gesond is, en so bly tot op hoë leeftyd!”
[23] Toe Ek hierdie woorde uitgespreek het, staan die vrou wat dood was onmiddellik op uit haar bed, kyk na die gaste en vra daarop aan haar deels verskrikte en deels hoogs verbaasde dogter: “Waar is ek tog en wat het daar met my gebeur?”
[24] Die dogter sê: “Liewe moeder, jy was doodsiek en het `n uur gelede tot my groot leedwese gesterf! En sien, hierdie wonderbaarlike Verlosser het jou nou weer tot lewe gewek en jou volledige gesondheid belowe en sekerlik ook verskaf en bowendien ook nog `n lang lewe!”
[25] Die tot lewe gewekte vrou sê: “Ja, ja, ek leef en voel my werklik volkome goed en gesond! Maar hoe sal ons hierdie wonderbaarlike Verlosser nou na behore kan beloon, aangesien ek in feite slegs `n arm weduvrou is?”
[26] Ek sê: “As julle van dit wat julle besit iets deel met `n arme, dan is dit dieselfde as wanneer jy dit vir My gegee het! Jy was immers die barmhartige vrou, wat van die weinige wat jy besit die meeste en die gereeldste iets gedeel het met diegene wat nog behoeftiger en armer was; en omdat jy barmhartig was vir jou arm naaste, het jy ook My barmhartigheid gevind. Maar gaan nou aan tafel sit om te eet en te drink, sodat jou ledemate en ingewande versterk kan word!”
[27] Die vrou met haar dogter en haar gedienstiges neem plaas aan tafel en daar word hulle vars toebereide vis, brood en wyn gegee. En hulle eet en drink almal lewendig en bedank meermale vir die weldaad wat aan hulle bewys was.
[28] Nadat hulle hulleself so versterk het, staan hulle almal op van tafel, terwyl hulle My loof en bedank. Die knegte neem die bed en dra dit na huis toe; die vrou en haar dogter bly nog en loof en bedank My nog meer.
[29] En Ek sê aan die dogter: “En wat sê jy nou, kleingelowige? Kan mens `n dooie opwek of nie?”
[30] Die diep ontroerde dogter sê: “O Majesteit en Heer, so-iets is net alleen vir U moontlik! Daarom sal U ook wel meer wees as maar net `n Verlosser van die mense. Alle geslagte sal U loof en prys tot aan die einde van die wêreld; want sulke dade kan nie vir die mense verborge bly nie.”
[31] Ek sê: “Dit het jy wel goed gesien, - maar voorlopig moet jy nie hieroor in julle gemeente te veel spreek nie! En nou kan julle huiswaarts gaan!”
[32] Beide bedank My nogmaals en vertrek, deur Nikodemus en Josef van Arimatea tot by hulle huis begelei, by welke geleentheid hulle beide hulle ryklike steun beloof; en hulle kom hulle belofte ook getrou na.
[33] Na hulle terugkoms sê Nikodemus aan My: “Heer, ons het die deur U tot lewe gewekte weduwee ons volledige steun toegesê, en ek dink dat ons daarmee niks verkeerds gedoen het nie!”
[34] Ek sê: “Hoe kan iemand ooit sondig deur `n goeie werk van barmhartigheid te doen? Maar wat julle doen, doen dit in stilte en laat julle nie deur die wêreld daarvoor prys nie, want dit is meer as voldoende wanneer God, vir wie niks onbekend en verborge bly nie, sien en weet wat iemand ongesiens voor goed doen. Wie hom egter vanweë die goeie wat hy gedoen het deur die wêreld laat eer en prys, ontvang daardeur reeds sy loon vir sy goeie werk en sal later in My ryk `n uiters geringe loon daarvoor kan verwag. Daarom moet selfs jou regterhand nie te wete kom wat jou linkerhand gedoen het nie. Neem dit ook in jou hart op en handel daarvolgens, dan sal julle lewe en julle loon vind in die hemel!”
[35] Daarop sê geeneen van die twee meer iets nie; want hulle merk dat dit nie met My instelling strook wanneer hulle My hardop in teenwoordigheid van alle aanwesiges wil vertel watter goed hulle van plan was om te doen nie.
[36] Die handelaars uit Damaskus was deur wat hom hier afgespeel het van pure verbasing buite hulleself en hulle woordvoerder sê in diepe eerbied vir My: “Majesteit en Heer, U is waarlik meer as maar net `n mens! Stuur daarom so gou moontlik U leerlinge na ons toe, dan sal ons na hulle luister en hulle eer en doen wat hulle ons in U Naam sal leer. En ons dank U nou ook vir alles wat ons hier ontvang en gesien het. Ons gaan nou na ons herberg om ons nog baie blinde kollegas mee te deel wat ons nou in `n uur se tyd alles meegemaak het; daarom beveel ons ons aan in U barmhartigheid!”
[37] Toe verlaat ook hierdie koopliede Ons.
|
|
|
|
|