Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 40

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Lasarus en RafaEl bedien die vreemdelinge

40 Toe Ek weer aan tafel gaan sit het, roep Ek RafaEl en Lasarus en laat hulle weet dat die vreemdelinge uit die stad al in aantog was en dat hulle daarom sorg daarvoor moes dra dat hulle in die tente ondergebring en versorg moes word en nie in die vertrek van die huis moes kom nie.

[2] Toe vra Lasarus: “Heer, dit word al donker omdat die son ondergegaan het. Hoe moet dit met die beligting? Binnenshuis het ons voldoende beligting, maar in die tente het ons tot nog toe geen lampe nie en daarom sou ek vir U, o Heer, wil vra om my daarmee te help. Want as die tente donker sal wees, sal die vreemdelinge na die huis gaan, wanneer hulle die lig daar sal sien.”

[3] Ek sê: “Daarom gaan Ek en jy en RafaEl dan ook saam; die sal wel vir jou doen wat nodig is, netsoos hy dit omstreeks die middaguur ook gedoen het. Jy kan dus gerus na buite gaan. Gaan julle nou maar, want die vreemdelinge kom al aan!”

[4] Lasarus gaan nou saam met RafaEl en die herbergier na buite en tref tot sy groot verbasing die tente alles helder verlig aan en alle tafels ryklik voorsien van wyn en allerlei spyse. Toe kom ook die dienare en diensmaagde van die huis en vra vir Lasarus en die herbergier waar hulle die spyse en die wyn vandaan gekry het, omdat hulle as bediendes van die huis niks daarvan geweet het nie.

[5] En Lasarus sê: “Julle is tog ook mense! Waarom bekommer julle jul so weinig oor dit wat nou daar in my huis gebeur? Ons weet wel waar hierdie tente, die tafels, die tafelgerei, die wyn en die spyse vandaan kom. As julle meer as julle bes daarvoor gedoen het, sal julle dit ook weet. Maar dit kan julle weinig skeel en dus weet julle dan ook so goed as niks! Wie is dan die een wat nou al ongeveer vier dae lank met Sy leerlinge hier in my huis woon?”

[6] Die kokke en sommige bediendes sê: “Ja, nou weet ons dit! Dit is die groot Profeet uit Galilea! U kan ons dit egter nie kwalik neem dat ons tot nou toe weinig geweet het en nog minder begryp wat daar aan die gang is met die Profeet, want ons was steeds druk met ons werk besig en het tot vanmiddag werklik weinig tyd gehad om ons met dergelike dinge besig te hou, en dit sou vir ons ook gladnie nie passend gewees het om die een en ander te vra nie, ook al het ons hier en daar wel iets opgetel. Maar van nou af aan sal ons onsself wel meer oor alles bekommer, omdat ons immers ook mense is - netsoos u self gesê het - vir wie dit geen kwaad kan doen as ons meer weet as wat ons tot nou toe geweet en gehoor het. Is dit nie so nie, meester van die huis en van die vele ander besittings, mag ons dit?”

[7] Lasarus sê: “O ongetwyfeld, maar laat elkeen nou aan die werk kom, sodat vir die vele gaste in die huis `n goeie en toereikende aandmaaltyd berei kan word! En laat die knegte na die tente toe gaan om vir die gaste hulle plekke aan te wys en netsoos vanmiddag, nadat hulle geëet en gedrink het, die geld aan te neem! Gaan nou, want die gaste kom al!”

[8] Toe raak elkeen aan die werk. Lasarus en die herbergier verwelkom die gaste, wat nou met vele tegelyk aankom.

[9] Een van die vreemdelinge vra aan Lasarus hoe hy so presies kon weet dat daar net soveel gaste van buite af gekom het, as wat hy tente, banke, tafels, spyse en wyn reggesit het. Want hy vind dit baie opvallend dat hy, as herbergier, dit so presies kon geraai het. In ander herberge was dit byna nooit die geval nie, want daar sien mens meestal dat die herbergier of teveel of te min vir die komende gaste voorberei het.

[10] Omdat hierdie vraag hom `n bietjie verras het, antwoord Lasarus maar net dat die geëerde gas hom nou maar na die naaste tent moes begeef om te eet en te drink, dan sou hy hom daarna wel, as hy nog daarop gestaan het, die nodige opheldering gee.

[11] Daarmee was die man tevrede, gaan na sy tent, neem plaas aan die tafel, eet en drink dat dit `n lus was en kon die heerlike smaak van die spys en drank nie genoeg prys nie.

[12] Een ander gas in dieselfde tent sê: “Werklik, hierdie spyse moet deur gode voorberei gewees het, want dit smaak fantasties goed! En die wyn is egte nektar, wat vir die gode geskik sou wees!”

[13] En daar word nog veel sulke opmerkings deur hierdie Griekse kooplui gemaak. Een van hulle het baie geld aangebied as hy die geheim van die voortreflike kookkuns te wete kon kom.

[14] Omdat Lasarus sulke opmerkings goed gehoor het en nie so goed geweet het wat hy daarop moes sê nie, vra hy aan die engel wat hy moes antwoord as mense hom uiteindelik na dergelike sake sou vra.

[15] RafaEl sê: “Laat jy hierdie saak maar rus, ek sal dit wel met hierdie mense afhandel, want jy sou wel `n bietjie in die war kan raak en hierdie mense of te veel of te min sê en geeneen van beide sou korrek wees nie! Laat jy dus, netsoos gesê, hierdie saak maar rus, want ek sal dit wel alles doen!”

[16] Daarmee was Lasarus dan ook volkome tevrede, en opgewek laat hy die gaste hulle opmerkings maak.

[17] Maar nou kom die oomblik dat die gaste heeltemal versadig was, hulle rekening betaal het en hulle gereed maak om na die stad te gaan, waar hulle gewoonlik die nag in hulle kraampies deurgebring het.

[18] Maar die kooplui van die bewuste eerste en naaste tent, wat ons Lasarus al so skielik in die begin in verleentheid gebring het, begin hom opnuut met hulle nuuskierigheid lastig te val.

[19] Hy verwys hulle nou egter baie gemoedelik na RafaEl en sê (Lasarus): “Weet julle wat? Uit julle vrae blyk duidelik dat julle êrens anders nie so goed versorg word as hier by my nie, maar elke eerlike herbergier het sy eie geheime, wat hy vir geen prys bekend wil maak nie, sodat ook ander nie daarvan kennis kan neem nie. Maar hierdie voortreflike jong man kan julle uitstekend vertel wat vir julle nodig kan wees om te weet; rig julle dus maar tot hom, dan sal hy julle die korrekte antwoord gee!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205