Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 202

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die vrye wil van die mens. Menslike ongeduld en God se lankmoedigheid

202 Iemand uit die volk, wat ook goed tuis was in die skrif, sê: “Majesteit en Heer, onder ons is daar vele wat U leer gehoor en U vele tekens gesien en baie bewonder het, sodat mens kan sê: “As hierdie mens, met al sy ongekende wysheid en duidelik sigbare, volledig aan God gelyke krag en mag, waarvoor selfs die starre dood moet buig, nog nie die beloofde Messias is nie, vra ons onsself af of die egte Messias, as Hy sou kom, nog groter tekens sou kan doen! Ons glo dit nie en sal dit ook nie glo nie! Want die mens, wat sonder enige hulpmiddel, maar slegs deur Sy woord die ergste siektes genees, selfs verlore gegane ledemate weer vervang - netsoos ons dit by Bethlehem gesien het, - dooie mense tot lewe wek, heers oor winde en storms en Sy wil te kenne gee aan die son, die maan en alle sterre, - is `n God en geen mens meer nie!

[2] Sien U, Majesteit en Heer, so praat ons nou reëlmatig onder mekaar en ons glo dan ook dat U nie net een van die allergrootste profete nie, maar waarlik die Heer Self is!

[3] U het weliswaar netsoos ons `n liggaam, maar in U liggaam is die volheid van die Godheid verborge en U woorde en dade is getuie van haar wonderbaarlike bestaan in U. Dit glo ons nou eenmaal vas, en ons sal ons nie meer van wysie laat bring deur die vreeslike dwingelandy van die tempel nie.

[4] Ons het `n versoek aan U, o Heer! Laat U heilige geduld tog nie so lank duur en lê U onverbeterlike vyande tog eens geheel en al onder U voetbank en tugtig hulle met die roede, wat hulle al so lank verdien het!”

[5] Ek sê: “As julle waaragtig aan My glo, moet julle My wysheid, wat alle dinge in die wêreld lei en besleg, ook nie vóór wil wees nie, maar julle moet julle geduld met die van Myne verenig en bedink: In hierdie wêreld, waar die lewensvryheid op die proef gestel word, is die orde vir ééns en vir altyd so, dat elke mens kan doen wat hy wil. Want alleen deur volledige wilsvryheid kan hy die ewige lewe van sy siel beveg. En netsoos hy `n vrye wil het, het hy ook `n regte denkvermoë en `n vry verstand, waarmee hy al die goeie en ware kan onderskei en beoordeel; en hy kan dan ook dienooreenkomstig handel, omdat die kragte daarvoor ryklik aan hom gegee is.

[6] As die mens die goeie en ware onderskei, maar tog vrywillig in stryd daarmee handel, bou hy sy eie oordeel en sy eie hel en is daardeur hier op aarde reeds `n volslae duiwel. En sien, dit is dan die straf wat `n mens homself aandoen, sonder dat Ek dit wil!

[7] Hou julle daarom nie besig met My groot geduld en liefde vir die mense nie, - of dit goed of sleg is nie. Ek waarsku hulle slegs wanneer hulle op die verkeerde pad is; maar ondanks My almag, kan Ek hulle nie beetpak en op die regte lewenspad terugplaas nie, omdat dit sou beteken dat Ek hulle die vrye wil sou afneem, wat dieselfde sou wees as wanneer Ek hulle die lewe van die siel en dit van die gees daarin sou ontneem.

[8] Daarom moet elkeen wandel netsoos hy wil! Dit is vir die mens meer as genoeg dat hy die weë ken en die vasstaande gevolge wat hy kan verwag, of dit nou goed of sleg is. Want elke mens wat tot die gebruik van sy rede en sy verstand kom, weet wat volgens die openbarings uit die hemel reg en goed - en ook, wat verkeerd en sleg is. Die keuse om daarvolgens te handel is geheel en al aan sy vrye wil oorgelaat.

[9] As julle dit goed begryp, mag julle nie kla oor My geduld en lankmoedigheid nie; want op hierdie aarde, wat `n opvoedingshuis vir toekomstige ware kinders van God is, moet dit nou eenmaal so wees en dit kan onmoontlik nie anders wees nie.

[10] Waar die mense geroep is om volledig aan God gelyke geeste en wesens te word, moet omgekeerd ook hulle wilsvryheid eindeloos vrye speelruimte hê om `n volslae duiwel te word, wat daardie een dan egter deur eie skuld op ellendige wyse moet dra wat hy self deur sy eie wil veroorsaak het.

[11] Ek sal daarom niemand vir sy slegte dade deur My almag oordeel en straf nie, maar dit doen diegene self en ook die onveranderlike wet van My ewige orde, wat aan elkeen, langs die weg van die lig van die vele openbarings, bekend gemaak is, reeds vanaf die eerste begin van menslike bestaan op hierdie aarde.

[12] As julle dit nou begryp het, oefen julleself dan ook in geduld en kry dan ook in julleself `n ware medelye, nie net met die siek liggame nie, maar meer nog met die siek en blinde siele van die mense, dan sal julle op die minste moeilike en vinnigste wyse tot ware en volledige gelykenis met God kom en word soos die engele in die hemel!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205