|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 6
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Oor handel en woeker
6 Na hierdie plegtige handeling, wat elkeen se hart ontroer het en wat geeneen van die wat aanwesig was sonder trane in die oë kon aanskou nie, sê Ek aan RafaEl: “Bring hulle nou boontoe en versorg hulle eers; eers later as Ons sal volg, sal daar vir Ons gesorg word!”
[2] Daarop bring RafaEl die bevryde kinders boontoe en toe hulle in die groot saal kom, was daar drie groot, lang tafels gedek, en hierdie ware kinders eet die spyse wat vir hulle gereedgemaak was, met baie eetlus en vreugde, en drink ook bietjie wyn met water en word daarby baie opgewek en vrolik.
[3] Ons bly egter agter en kyk aan die kant van die pad na die vele naderende koopliede en handelaars, wat met allerlei ware, diere en vrugte oor die groot pad na die stad trek.
[4] Toe sê die Romein aan My: “Heer, daar is tog baie Judeërs daarby! Weet hulle dan nog niks van U nie? Dit is tog baie vreemd dat die mense so onverskillig by Ons verbygaan!”
[5] Ek sê: “Netsoos hulle daar, sal daar nog vele My verbygaan, My nie aankyk en nie herken nie, maar hulle sal in hulle lewens, wat op die wêreld gerig is, bly deurploeter tot die dood hulle in hulle graf sal werp en hulle siel in die hel! Sulke handelaars, koopliede, smouse en makelaars staan te ver van al die geestelike af en is te midde van die beter mensdom as woekerplante op die takke van edel vrugtebome en as onkruid tussen die koring. Laat hulle gaan, hulle graf en dood tegemoet!”
[6] Agricola sê: “Maar my Heer en my God! Die mense moet onderling tog kan koop en verkoop, anders is daar in slegte en onvrugbare lande heeltemal geen menslike lewe moontlik nie! In Europa ken ek lande wat onbeskryflik bergagtig is, niks behalwe rotse en nogeens rotse nie; die mense wat daar lewe moet die meeste lewensmiddele deur handel aangevoer kry. Hef die noodsaaklike verkeer op en `n hele, groot volk sterf van die honger! U moet tog as Heer van die hemel en van alle wêrelde Self insien dat sulke mense slegs deur `n sekerlike handelsverkeer kan lewe. Dit verwonder my daarom in hoë mate dat U hoogste, goddelike Wysheid dit ronduit veroordeel! Want weet U - ek het verder alle denkbare agting vir U suiwer goddelikheid! - maar vir hierdie oordeel van U kan ek met my menslike verstand, wat tog wel volkome gesond is, geen waardering hê nie!”
[7] Ek sê: “Vriend, wat jy weet en begryp, dit - staan My toe - het Ek al lankal voorheen begryp, nog voordat daar `n oersentraalson binne `n hulssfeer geskyn het!
[8] Waarlik, Ek sê vir jou: Ek ageer nie aan die korrekte en baie nuttige verkeer tussen mense onderling nie, want Ek wil immers Self dat `n mens in `n sekere opsig van die ander afhanklik moet wees en dan is so `n passende verkeer tussen mense onderling immers sonder meer in die hoogste orde van die naasteliefde. Maar jy sal tog hopelik ook goed kan insien dat Ek vir suiwer, totaal liefdelose woeker geen goeie woord kan oorhê nie! `n Opregte koopman moet vir sy moeite en werk sy dienooreenkomstige loon kry; maar hy moet nie vir tien silwerstukke honderd silwerstukke en nog meer wins wil hê nie! Begryp jy dit? Ek veroordeel alleen die woeker, maar nie die noodsaaklike, regmatige verkeer nie. Begryp dit goed, sodat jy nie in die kwaai versoeking teregkom nie!”
[9] Toe vra die Romein My om vergewing, en gee toe dat hy `n baie growwe vergissing gemaak het.
[10] Toe kom Lasarus na My toe en sê: “Heer, noudat Ons tog boontoe gaan, omdat hier nie soveel meer te doen is nie, sou ek graag van U wil hoor hoe dit met die wonderbaarlike jong man gaan! Wie is hy en waar kom hy vandaan? Gesien sy kleding skyn hy `n Galileër te wees, maar wanneer het hy dan die wysheid en krag gekry om wonders te doen? Hy is so te sien amper sestien jaar oud - en oortref U eerste leerlinge! Daaroor sou ek baie graag iets wou hoor!”
[11] Ek sê: “Staan daar dan nie in die Skrif: “In dieselfde tyd sal julle God se engele van die hemel na die aarde sien neerdaal en hulle sal die mense dien”? As jy dit weet, dan sal jy sonder meer insien wat daar met die jong man aan die hand is. Hou dit nou voorlopig vir jou, want alle ander moet self daarby uitkom! My eerste leerlinge ken hom reeds, maar mag hom ook nie voortydig bekend gemaak het nie.
[12] Jy het gedink dat ons nou spoedig na jou herberg sou gaan, maar dit kan oor `n uur ook nog gebeur! Nou sal Ons nog hier langs hierdie weg bly, want daar sal baie gou iets gebeur wat Ons aanwesigheid noodsaaklik maak!”
[13] Lasarus vra My: “Heer, staan ons iets ergs te wagte?”
[14] Ek sê: “Vriend, op hierdie wêreld en by hierdie mense is weinig goeds te verwag! Kyk, die toevloei van markkooplui word nou al minder en baie gou sal die knegte van die fariseërs `n arme sondaar, wat hom een uur gelede in die tempel vanweë sy honger, aan die toonbrode vergryp het, na die oop plek onder die hoë muur bring om hom vir sy misdaad te stenig! Maar Ons sal dit verhinder. Nou weet jy dus waarom Ons nog hier bly.”
[15] Dit hoor Agricola egter ook. Hy kom na My toe en sê: “Heer, ek hoor wat U sê en dit klink nie baie hartverheffend nie! Het die tempeldienaars dan ook `n “jus gladii”? (swaardreg oor lewe en dood) Ek ken tog alle voorregte wat Rome aan sy volkere gegee het, maar van so `n voorreg weet ek niks nie! Nou, dit sal ek wel baie presies wil laat deurkyk! Majesteit en Heer, sê U eers hoe dit is!”
[16] Ek sê: “Toe die Romeine heersers oor die Judese lande geword het, het hulle die Judese godsdiens en die wette van Moses en die profete haarfyn ondersoek, en ontdek dat hierdie reg deur Moses ook aan die tempel, dit wil sê aan die priesters, gegee is om bepaalde baie swaar misdadigers deur steniging te dood. Die priesters self het egter geen reg om iemand ter dood te veroordeel nie, hulle moet die misdadiger aan die gereg oorlewer en dit moet dan aan die hand van die waaragtige getuienis van die priesters geoordeel word en die swaar misdadiger aan die stenigers oorlewer. Dit gebeur egter nie hier nie, want die priesters handel tans eiemagtig en betaal `n pag aan Herodus om daardeur `n soort eiemagtige “jus gladii” te hanteer, waarvan hulle ernstig misbruik maak, netsoos dit nou dadelik die geval sal wees. Maar nou moet Ons baie goed oplet, want hulle sal dadelik daar wees!”
|
|
|
|
|