Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 35

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die negende en tiende gebod

35 Helias sê: “O Majesteit en Heer, by die negende en tiende gebod sien ek al dadelik `n werklik nie geringe probleem en dit bestaan daaruit dat ons Judeërs van hierdie tyd, nou `n negende en `n tiende gebod het, terwyl Moses tog maar net `n negende gebod aan die einde van sy basiswetgewing gegee het. Die hele negende gebod lui egter: “Jy sal nie u naaste se huis begeer nie, jy sal nie u naaste se vrou begeer nie, nóg sy dienskneg, nóg sy diensmaagd, nóg sy os, nóg sy esel, nóg iets wat van u naaste is nie!”

[2] Daarmee eindig die basiswetgewing, want dadelik daarna vlug die volk, volgens die verhaal van Moses, uit angs vir die bliksems en donderslae, vir die basuingeskal en vir die geweldige rook van die berg en hulle smeek vir Moses dat hy alleen met God moes gaan praat - want as hulle nog langer God se Stem, wat alles laat skud het, moes aanhoor, dan sou die hele volk van groot angs en vrees gesterf het - waarna Moses die volk gekalmeer en gesus het. Oor `n verdere, tiende gebod word dan vervolgens nie meer spesiaal gespreek nie.

[3] Maar by ons is dit “Jy sal nie u naaste se vrou begeer nie!” in die negende gebod weggelaat en daarvan is `n tiende gebod gemaak, en ander noem dit weer die negende en al die ander die tiende gebod. Allereers rys die vraag dan: Het Moses tog tien of maar net nege gebooie van God af gekry?”

[4] Ek sê: “In die begin, My liewe Helias, egter maar nege, maar later, toe hy gedwing was om die eerste gebreekte kliptafels van die wet weer deur nuwes te vervang, het hy self die laaste gebod in twee gesplits om die owerspelige begeerte na die vrou van `n naaste - wat die Israeliete in Egipte geleer het, waardeur hulle in voortdurende onmin en aanhoudende tweedrag geleef het en mekaar se doodsvyande geword het - goed duidelik te maak, en uiteindelik het hy op egbreek selfs die liggaamlike doodstraf gesit, omdat die woord, al was dit hoe wys, niks gehelp het by die deur en deur sinnelik geworde Israeliete nie.

[5] En nou weet jy dus wanneer, - hoe en waarom uit die laaste, negende gebod `n afsonderlik tiende ontstaan het. Die getal is egter onbelangrik hier, maar slegs die saak waarom dit gaan en dus kan jy hier jou kritiek of net alleen op die hele negende gebod of ook op die afsonderlike tiende gebod rig. Dit hang nou alleen van jou af waaraan jy die voorkeur wil gee. Jy kan nou wel begin te praat!”

[6] Helias sê: “O Majesteit en Heer oor alles! Praat sou vir my tong, wat reeds vanaf my geboorte baie vaardig was, wel goed wees, maar ek sien hier ook alweer by voorbaat in dat ek weer verniet sal praat. Want wie kan vanuit sy groot domheid voor U iets na vore bring wat U nie dadelik duisendvoudig sou kan weerlê nie! Waarom sal ek dan nog iets wil sê?”

[7] Ek sê: “Ja kyk, My baie liewe dogter, jy sou ook graag eens gelyk wil hê, netsoos dit by bykans die meeste vroue die geval is, maar dit gaan hier beslis nie alleen oor wie daar gelyk het nie, maar oor die grootste lewenserns en dan moet julle self met julle ou foute vorendag kom, sodat julle hierdie ware en lewende lig van My des te duideliker kan herken! En daarom laat Ek jou nou vir almal die woord doen, omdat Ek maar al te goed weet dat jy `n baie goeie en skerp geheue het, jou daarby ook goed kan uitdruk en dat juis jy die meeste deur jou rabbi, die leemtes en gebreke in die wet en die profete baie goed leer ken het. Sê dus nou maar netsoos tevore onbevange wat jou uiteindelik ook met die gebod nie heeltemal in orde voorgekom het nie!”

[8] Helias sê: “Heer, as mens doen wat U wil, begaan mens beslis geen sonde nie en as ek my daarop baseer, moet ek hier wel baie eerlik erken dat ek dit met - sê maar - die hele negende gebod die allerminste en eintlik heeltemal mee eens is, omdat alles wat daarin verbied word, indruis teen elke redelike verstand - ten eerste omdat alles wat daarin staan al meer as voldoende in die sesde en sewende gebod staan, en ten tweede omdat dit die mens daarin gewoonweg verbied om te dink, te voel en te begeer!

[9] Wat is dit nou as iemand wat arm is en vanaf sy geboorte af daartoe veroordeel was om sy hele lewe lank te dien en hard te werk vir `n bietjie eet en `n slegte loon, as hy so nou en dan daaraan dink en ook daarna verlang om ook eendag `n huis of `n liewe vrou of `n os of esel te besit?! Want sy vrome wens sal immers tog nooit vervul word nie! As hy selfs nie die begeerte daarna mag hê nie, moet immers eers die dink, voel en gewaarword heeltemal van hom ontneem word.

[10] Werklik, die gebod kom my netso dwaas voor soos wanneer Moses die mense die gebruik van hulle sintuie en daarby ook van hulle hande en voete sou verbied het, wat tog nog veel minder dwaas sou gewees het as om hulle innerlike lewensfunksies te verbied, waaraan geen mens tog iets kan doen nie as hierdie, wat deur allerlei omstandighede en situasies gewek en geprikkel, in hom aanwesig is.

[11] Ek wil hier nie meer ter sprake bring dat die gebod baie duidelik slegs vir die man gegee is nie; die rede daarvoor is al bespreek en mens kan wat dit betref nou wel met groot sekerheid aanneem dat elke gebod die vrou netso goed aangaan as die man, en daar dus ook vir die vrou gesê is: “Jy sal nie die man van u naaste begeer nie!” Die wet is hierin dus goed in orde, maar dat `n mens nie mag dink, nie mag voel, niks mag wens en ook niks mag gewaar word nie, dit gaan te ver!

[12] Dit is wel waar dat daar allerlei gedagtes, ook allerlei wense, begeertes en ten slotte ook pogings en dade van goeie en kwade aard in ons ontstaan, maar sonder voorafgaande gedagtes, waaruit natuurlik baie gereeld slegte handelings voortkom, kan ook geen goeie beslissings en dade te voorskyn kom. Dit moet vir elke engel en vir elke mens met `n bietjie verstand duidelik en baie begryplik wees. En dus sê ek dat die laaste gebod, vir sover dit die mens se slegte handelings verbied, wel heeltemal in orde is, hoewel na my mening oorbodig omdat, netsoos reeds eerder opgemerk, dit al in die sesde en sewende gebod gebeur. Maar dit is gladnie in orde as dit die mens verbied om te dink, te voel en gewaar te word en as gevolg daarvan die stellige ontstaan van stille wens, luste en verlangens.

[13] So het byvoorbeeld ek, my ouers en my broer ons vermoë en besit heeltemal buite ons skuld verloor en het nou niks behalwe ons naakte bestaan en deur U barmhartigheid, o Heer, goeie vriende. As ons in ons groot armoede die rykes en aansienlikes in oorvloed sien swelg, het ons dan gesondig as ons die verlange in ons voel om slegs `n baie klein deel van hulle oorvloed ons s’n te mag noem? As ons in ons honger ook nie eens mag begeer om ons maar net in gedagtes `n keer te versadig aan die oorvolle bakke nie, dan gaan dit tog wel te ver!

[14] Daarby kom dan nog `n belangrike vraag: sou alle mense nie, wat buite hulle skuld op hierdie aarde gesit is, minstens soveel natuurlik reg moet hê op wat die aarde bied, wat eintlik God se grond is, dat hulle in hulle allereerste lewensbehoeftes kan voorsien nie. Waarom moet of mag sommige mense so ontsettend baie hulle eiendom noem, en nog wel beskerm deur alle moontlike wette, terwyl die grootste deel daarenteen niks het nie en hulle uiteindelik ook nog die goddelike gebod moet laat welgeval om geen verlange te hê nie na die oorvloed, wat aansienlikes en rykes hulle eiendom noem? Mens neem hulle daardeur immers tog niks af nie; as mens egter geen onvermydelike verlange na die oorvloed van die rykes mag hê nie, dan mag mens hulle as bedelaar immers ook nie daarom vra nie! Want deur die vra gaan daar tog noodsaaklikerwys, `n deur die nood gedwonge begeerte na `n deel van die besit van die ryk naaste vooraf.

[15] Ons armes mag derhalwe net na die besitters gaan en hulle vir werk vra en volledig tevrede wees met die loon van `n kneg, al is dit hoe karig, omdat elkeen verlang dat dit `n onwettige begeerte sou wees na wat van die ryk naaste is en wat hy die syne noem. O Majesteit en Heer, dit kan `n baie liefdevolle Skepper nooit as te nimmer so gewil en voorgeskryf het nie! Dit kan net van oudsher hebsugtige mense, onder die vermomming van God se voorsienigheid, so gewil en ingestel het, sodat ons armes hulle selfs nie eers met ons gedagtes aan hulle besit sal steur nie.

[16] O Majesteit en Heer, wat so wys en almagtig is, wat sê U nou daarvan? Want ek het nou gespreek en weergegee wat ek volgens my menslike verstand baie gebrekkig aan die laaste basisgebod gevind het, weliswaar as gevolg van wat ek van my rabbi ontvang het. O, gee U ons almal nou eers `n korrekte lig daarop, want ek glo dat juis hierdie gebod, wat onmoontlik gehou kan word, die mense die meeste tot allerlei sonde en ander misdade verlei het, omdat ek maar al te goed weet dat juis die laaste gebod bykans deur al meer besonne Israeliete as nie-goddelik gesien word! O, open U heilige mond en maak aan ons U wil bekend!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205