|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 131
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Op weg na Emmaus
131 Toe ons Jerusalem agter Ons laat en byna by die pilaar gekom het wat deur RafaEl daar neergesit was, kom Ons twee arm mense teë wat na Jerusalem gaan om daar vir `n aalmoes te bedel. Van hierdie twee was die een blind, die ander kon sien en het die blinde gelei. Beide sien egter baie medelyewekkend daaruit en vra Ons of Ons hulle nie dalk `n aalmoes wou gee nie; want hulle was baie arm en was ellendig daaraan toe.
[2] Ek sê aan hulle: “Sê My, wat het julle liewer, gesondheid en krag, sodat julle in plaas van te bedel weer kan werk en julle eie brood verdien, of `n behoorlike aalmoes?”
[3] Beide sê: “Heer, ons ken U nie! As U in staat sou wees om ons die eerste te gee, dan sou ons dit veel eerder wees; maar omdat dit onmoontlik is, vra ons U tog vir `n aalmoes, wat U ons maar wil gee.
[4] Ek sê: “As julle sou kan glo, sou die eerste ook wel vir julle moontlik wees!”
[5] Die blinde sê: “Dat by God alle dinge moontlik is, weet en glo ons beide; maar God doen nou geen wonders meer nie, omdat die mense te sleg en boosaardig geword het, te begin by die hoëpriester tot by ons. Want God se gebooie het die mense verwerp en in die plek daarvan ander gegee, wat sleg en miserabel is; as die wette egter sleg is, dan word ook die mense wat hulle aan die slegte wette moet hou, sleg,- want netsoos die leer is, is ook die geloof en is die insig van die mense. Die mense het sodoende vir God verwerp en vereer nou weer die goue kalf, en daarom het God hulle ook verwerp en sal Hy weldra `n bose oordeel oor hulle laat kom; want my gids, wat kan sien, het my die teken in die nag van eergister beskryf, en dit dui werklik op niks goeds vir die mense wat God volledig die rug toegekeer het nie. En so sien U, vriendelike man, - want te oordeel volgens U stem is U dit, - dat God nou in hierdie kwade tyd baie seker geen wonders meer sal doen nie en dit ook nie kan en wil nie!”
[6] Ek sê: “Man, jy het weliswaar al tien jaar gelede, deur die kwaadaardigheid van jou jaloerse buurman, die lig uit jou oë verloor, en deur `n kwade lis van hom ook jou huis en goed, maar die lig van jou hart het jy goed bewaar, en daarom sal jy nou ook die lig van jou oë terugkry. Ek wil dat jy weer sien en weer jou volledige liggaamskrag besit!”
[7] Op daardie oomblik kon die blinde weer alles sien en was hy ook weer kragtig en sterk. Hy was dermate verras, dat hy geen woord kon uitbring nie.
[8] Na enkele oomblikke val hy voor My op sy knieë en sê met `n baie ontroerde, maar tog manlike stem (die geneesde blinde): “Heer, wie U ookal mag wees, dit weet ek nie, maar dat U my nou siende gemaak het, dit weet ek! Daarvoor is meer nodig as om arts te wees op ons menslike manier. U wat geen salf gebruik nie, U het my oë met geen vinger aangeraak nie, maar slegs deur U wil het ek siende geword. Heer, dan moet U wel vervul wees van God se Gees, netsoos die ou en grootste profete! Ja, Majesteit, U het my nou wonderbaarlik genees; maar wat moet ek as arm mens daarvoor terug doen?”
[9] Ek sê: “Niks anders as om jou by God se gebooie hou nie; gaan heen en werk, bly in die land en voed jou matig! En jy, sy gewese gids, doen dieselfde, en word daarom ook kragtig en gesond!”
[10] Ook die gids, wat enigsins verlam was, voel hom skielik heeltemal gesond en sterk, dank My ook op sy knieë en vra My (die geneesde lamme): “Heer, wonderbaarlike groot Profeet, wat sulke wonders doen en weet hoe my metgesel die lig uit sy oë verloor het, U sal ons ook wel kan vertel waarheen ons kan gaan om teen `n matige loon werk te kry; want dit is nou in hierdie tyd moeilik om êrens vinnig werk te kry!”
[11] Ek sê: “Gaan na Betánië na Lasarus en sê aan sy twee susters, wat nou alleen tuis is, wat julle oorgekom het en dat Ek julle stuur, dan sal julle dadelik opgeneem en in diens geneem word! Maar staan nou op en doen wat Ek julle gesê het!”
[12] Daarop bedank die twee nog `n keer, staan op en trek verder.
[13] Op weg na Betánië beraadslaag hulle hewig oor My en oor diegene wat by My was; en hulle vra hulleself af wie Ek tog wel was, en wat en wie die ander was. Hulle beskou My as `n groot profeet, miskien wel die teruggekeerde Elia. Maar wat en wie My metgeselle was, daaroor kon hulle nie eens raak nie; dit hoop hulle om in Betánië te wete te kom.
[14] Maar Ek moet nou baie opsit met die drie towenaars; want vir hulle was dit die eerste teken wat hulle My sien doen het.
[15] En die hooftowenaar sê: “Heer, nou sien ek, dat U `n God is; want so-iets kan slegs `n God doen!”
[16] Maar Ek sê onderweg na Emmaus: “Wees tog kalm, julle sê dit omdat julle nie weet wat `n mens in hom het nie; maar in Emmaus sal julle vandag nog meer daaroor hoor!”
[17] Toe vra die drie nie verder nie.
|
|
|
|
|