|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 14
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die nuwe gaste in die herberg en hulle onthaal
14 Toe wil die mooi Judeër haar nog verder met My onderhou, maar die bediendes van Lasarus kom die saal binne en sê dat daar `n groep vreemdelinge die berg opkom en dat hulle (die bediendes) nie wis waar al die mense gebring moes word nie.
[2] Toe sê Lasarus aan My: “Heer, wat moet ons daaraan doen? Ek vertrou nou maar net op U!”
[3] Ek sê: “Hoeveel sal dit daar wees wat nou en ook later nog kan kom?”
[4] Lasarus sê: “Heer, afgaande op die afgelope jare kan daar wel vyf-, ses- tot sewe honderd persone kom, maar vandag sal die toeloop beslis die grootste wees!”
[5] Ek sê: “Nou goed, gaan jy saam met My dienaar na buite, dan sal hy buite alles wel so vir jou inrig dat alle gaste wat nog kom, rojaal versorg kan word! Maar laat die jongeres na die klein saal gaan, sodat hulle nie te veel blootgestel word aan die nuuskierige en geil blikke van die vreemdelinge nie!”
[6] Toe Lasarus dit gehoor het, gaan hy dadelik saam met RafaEl na buite toe waar RafaEl eers die vele jongeres na die aanliggende saal bring en vervolgens aan Lasarus sê: “Het jy wel genoeg tafels en banke?”
[7] Lasarus sê: “Nee, my beste en buitengewoon magtige vriend vol heil uit God, dit is nou juis die grootste probleem! In Betánië sou ek wel genoeg in voorraad gehad het, maar die kan ek nou nie so vlug hierheen bring nie! Wat kan ons nou doen?”
[8] RafaEl sê: “Maak jou maar nie besorg nie! Omdat jy op die Heer vertrou en Hom bo alles liefhet, sal jou probleem dadelik opgelos word. Kyk, ek is in Naam van die Heer `n goeie timmerman en meubelmaker en daarom sal alles wat jy nodig het, dadelik daar wees!”
[9] RafaEl het dit nog maar net gesê of daar staan al voldoende tafels en banke en bo elke tafel `n tentseil gespan, waardeur dit egter aantreklik daar uitsien.
[10] Nou het ook die buitelandse gaste al aangekom en vra of hulle nog hier kon eet.
[11] Lasarus sê: “O ongetwyfeld, die bediendes sal dadelik kom en elkeen gee wat hy verlang!”
[12] RafaEl sê aan Lasarus: “Het jy wel genoeg bediendes vir soveel gaste?”
[13] Lasarus sê: “Dit sal desnoods goed gaan, maar hulle sal almal hulle hande vol hê!”
[14] RafaEl sê: “Goed, as hulle hande tekort kom, sal ek ook goed meehelp!”
[15] Toe sê Lasarus: “Sien, seënryke dienaar van God, wat jy nou in die Naam van die Heer hier voor my gedoen het, is `n wonder bo wonder, maar ek verwonder my al byna nooit meer daaroor nie, omdat ek die Heer ken en reeds getuie was van baie wonderwerke, waarvan die een nog groter was as die ander!”
[16] RafaEl sê: “Dit speel nou heeltemal geen rol meer nie, want alles wat jy sien en voel en dink is `n nog groter wonder van die Heer en elke mens in homself is die grootste wonder! Of die Heer nou `n bliksemsnelle bliksem skep, wat in `n oogwenk uit `n wolk na die aarde skiet, of dat Hy `n son skep, wat dan eons maal eons aardse jare vele aardes verlig, dit is vir die Wysheid en die Mag van die Heer volkome ewe en daarom hoef jy ook nie die huidige wonderwerk so belangrik te vind nie. Dit sou, gesien die baie nuuskierige vreemdelinge, ook nie so baie verstandig wees nie. Maar nou mag jy wel daarvoor sorg dat al die gaste bedien word, anders sal hulle begin te kla!”
[17] Lasarus sê: “Ja, seënryke dienaar van die Heer, jy het gelyk, want die kleinste gedeelte het iets! Wat doen ons daaraan?”
[18] RafaEl sê: “Wat ons doen?” Help sal ons jou knegte, anders kry al die gaste - en daar kom nog steeds meer daarby - nog vir `n hele tyd niks nie!”
[19] Toe laat RafaEl Lasarus enkele oomblikke alleen en in dié korte tydsbestek was alle tafels, waar gaste hulle bevind, rojaal voorsien van wyn, brood, sout en ook ander spyse.
[20] Die bediening het veel gaste natuurlik wel opgeval, maar die gaste dink dat hulle vanweë hulle gesprekke nie voldoende gelet het op die bring van die wyn en die brood en die ander spyse en dus eet en drink hulle verder. Wat hulle egter wel opval was die buitengewone kwaliteit van die wyn, omdat hulle nog nooit vroeër iets dergeliks geproe het nie.
[21] Daarom staan daar `n paar op van hulle tafels om Lasarus te vra watter wyn dit was en of hy dit ook in groter hoeveelhede verkoop.
[22] Lasarus sê: “Hierdie wyn kry ek self volgens waarheid net deur die barmhartigheid van God. Daarom kan julle hom hier met mate drink, maar ek het absoluut geen wyn om te verkoop nie!”
[23] Daarop gaan die gaste weer na hulle plekke toe.
[24] Hulle wat eenmaal daar was, gaan nie weer weg nie en tog kom daar nog steeds nuwes by, sodat Lasarus behoorlik begin duisel en hy aan RafaEl sê: “My beste van God se heil vervulde vriend, as dit nog lank so aangaan, sal ons uiteindelik tog nog te min sitplekke en tafels hê!”
[25] RafaEl sê: “Wel, dan moet ons nog `n aantal daarby sit!”
[26] En nouliks het RafaEl dit gesê of daar staan tafels en banke en tente, en tog merk niemand van die baie honderde gaste op hoe die vele tafels en banke en tente ontstaan het nie. Die gaste kom en word op dieselfde wyse bedien.
[27] Na enkele ure, toe die vreemdelinge wat ook in ander jare altyd hierdie herberg besoek het, almal aangekom en voldoende geëet het, wend Lasarus hom tot RafaEl en vra aan hom: “Beste, van God se heil vervulde dienaar van die Heer, lê my nou tog eers enigsins uit, hoe jy dit tot stand kon bring, en dit alles in `n oomblik! Ek wil oor die tafels, banke en tente nog niks sê nie, maar waar kom die bybehorende vaatwerk, die sout, die wyn en die spyse vandaan, en die spyse dan nog so, dat `n Pers en ook `n Egiptenaar, `n Griek, kortom elkeen waar hy ook vandaan kom, sy nasionale volksvoedsel op uitstekende wyse klaargemaak voor hom op die tafel het? Hoe is dit tog alles vir jou moontlik, en nog wel in `n oogwenk?”
[28] RafaEl sê: “My beste vriend, ook al sou ek jou die moontlikheid vir dit alles nog so presies uitlê, dan sou jy tog maar weinig of bykans niks daarvan begryp nie. Ek kan jou daarom voorlopig maar net sê dat by God alle dinge moontlik is!”
|
|
|
|
|