Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 89

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die verhaal van die Romein oor die mag van die Nubiër

89 (Die Heer): “Daarop sê die raaiselagtige man: “Ek is nog `n egte en waaragtige mens, netsoos daar in die oertyd baie gewees het, wie se lewensideaal dit was om die innerlike gees in homself tot volle wasdom te bring en nie hulle siel in die slyk van die stoflike hartstogte van die liggaam te verstik nie.

[2] Julle is egter al lankal geen mense meer nie, maar pure menslarwes, wat hulle van ysterwapens moet bedien om hulle teen `n vyand van buite af te verdedig, en tog hulle grootste vyand, die wellustige hartstogte van hulle liggaam, nie kan oorwin nie, sodat die gees in hulle nie wakker, vry en magtig kan word nie.

[3] Wat het julle aan die uiterlike lewe as julle nie weet hoe om julle innerlike gees daarmee wakker, vry en magtig te maak nie! `n Mens word eers `n mens as hy homself in sy gees gevind het; maar met julle lewenswyse kan dit ewig nie, omdat julle jul daarmee maar net steeds verder van die doel, om `n ware mens te word, verwyder, in plaas van om ook maar ietwat naderby te kom.

[4] Ja, daar duik ook by julle van tyd tot tyd nog wel mense op wat hulle op die regte weg bevind, al het hulle die doel nog nie volledig bereik nie; maar hulle onderdruk en vervolg julle oorywerig en woedend, en daarom kan hulle die doel nie volledig bereik nie, en julle bly volkome geestelik dood, en na `n kort, moeisame aardse lewe, sterf julle uiteindelik as diere, en julle lot is dan die ewige dood.

[5] Julle dink nou, in julle groot lewensblindheid, dat ek, `n teruggetrokke lewende Egiptiese wyse, julle dit somaar vertel om my aansien by julle te verhoog; maar ek sê dit omdat julle jul baie vergis. Om egter te laat sien dat ek die volle waarheid gespreek het, en dat `n egte mens deur die wil van sy innerlike geestelike mens tot meer in staat is, sal ek julle nou, sodat julle jul op die terugweg met dieper gedagtes besig kan hou, enige proef van die ware lewenskrag van `n ware mens sal laat sien.

[6] Sien julle die reuse arend daar hoog in die lug! Ek wil dat hy hier voor my voete neerstryk en doen wat ek hom sal opdra! Kyk, soos `n pyl skiet hy uit die hoogte na benede, - en daar is hy al!”- Ons staan by die gebeure asof versteen, en die man beveel die groot arend om vir hom `n edel vis uit die Nyl te bring.

[7] Binne `n paar oomblikke was die vis al daar, en die man sê: “Kyk, so dien die hele natuur die ware mens!”

[8] Vervolgens open hy die vis, haal die ingewande daaruit en lê dit op `n klipplaat, wat beslis baie warm moes gewees het, omdat die taamlike groot vis binne enkele oomblikke deur en deur gebraai was, wat ons opmerk toe die man ons die vis laat proe en ons hom baie goed gebraai en baie lekker gevind het.

[9] Toe sê die man: “Kyk, so dien ook die stomme natuur die mens! Maar ek sal julle nog verder laat sien hoe `n ware mens meester van die hele natuur is! Julle het nou die vis geëet wat hierdie arend vir ons uit die Nyl gehaal het en wat daarna op hierdie klipplaat gebraai is; maar nou kyk jy rond en vra jouself af wat ek behalwe die troebel Nylwater te drinke het. Ook dit sal ek julle laat sien. Kyk eers hoe droog en verhit hierdie rots is deur die gloed van die son, en tog sal hy ons dadelik `n groot hoeveelheid heerlike fris water gee! Ek wil dit, en - daar is al water in oorvloed om te drink! Gaan les maar julle dors!”

[10] Ons gaan daarheen en drink, en dit was baie suiwer, fris water.

[11] En die wonderlike man sê weer: “Kyk, so dien ook die elemente die ware mens!”

[12] Toe vra ons, of hy heeltemal alleen hier in hierdie wildernis leef of dat hy dalk nog geselskap gehad het, miskien leerlinge wat hulle onder sy leiding in die ware lewe oefen.

[13] Hy sê: “Hierdie woestyn is vir julle wel `n woestyn, maar vir my is dit meer as die Elisium waarvan julle droom, wat, behalwe in julle dom fantasie, nêrens bestaan nie. Vir my sou julle stad `n geestelike woestyn wees, waarin dit nie uit te hou is nie, omdat daar ook nie één ware mens daarin is nie.

[14] Ek is as persoon hier weliswaar alleen, maar as ware geestelik mens heeltemal nie; want ten eerste is daar `n aantal leerlinge by my, vir wie die ware innerlike lewe volledig erns geword het, en wat dit hier in hierdie woestyn baie aangenaam vind. Hulle woon netsoos ek in sulke paleise netsoos dit daar, wat ek al byna vyftig jaar lank bewoon, en wat vóór my al meer ware mense bewoon het. My geringe aantal leerlinge van beiderlei kom van tyd tot tyd by my en kry nuwe gedragsvoorskrifte van my volgens welke hulle hulle innerlike lewe verder kan vervolmaak.

[15] Dit is dus één geselskap wat hulle in my nabyheid bevind, maar nie in hierdie spelonk, wat ek steeds heeltemal alleen bewoon nie. Vir julle oë sou dit in hierdie spelonk diep nag wees; maar vir my is dit daarin ligter as vir julle hier op `n helder dag. Want as die innerlike van die mens lig en helder geword het deur sy ewige gees, wat uit die een, ware God as `n lig uit die oerlig stam, dan bestaan daar nêrens meer nag en duisternis vir die ware mens nie. Maar by julle is julle innerlike lewenslig al die diepste duisternis; hoe groot moet dan wel julle eie duisternis wees! Ja, `n spreekwoord van julle gee al aan dat julle ook nie die digste bos deur die bome meer sien nie.

[16] Ek oorsien uit my spelonk die hele aarde, haar gesteldheid, haar skepsele en mense en wêreldstede vol hoogmoed en ek kan alles weet wat oral gebeur en plaasvind. Bowendien kan ek in ander wêrelde, wat julle sterre noem, kyk en my verlustig aan die enige, ewige goddelike liefde, wysheid en mag. En so sien julle, dit is my tweede geselskap.

[17] Ek kan egter ook te alle tye met alle geeste omgaan en self steeds wyser en wyser deur hulle word, en dit is my derde geselskap.

[18] Maar omdat die wil van `n ware mens op hierdie aarde `n vir julle onbegryplike mag en `n ver om hom heen werkende krag het, kan ek as dit nodig mag wees, teenoor `n kwade wêreldse vyand van ons ware mense, my ook nog `n vierde geselskap verskaf, wat ek julle selfs kan laat sien, egter met die versekering dat julle, omdat julle nou onder my beskerming staan, nie daarvoor bang hoef te wees nie; want aan julle sal geen haar gekrenk word nie. Kyk, ek wil dit en daar kom dit al!”

[19] Binne enkele oomblikke was ons deur `n hele kudde leeus en luiperds omring, waarteen vele honderde dapper soldate hulle nooit sou kon verdedig nie. Skrik en ontsetting oorval ons; maar die man gee `n bevel aan die diere, en hulle verdwyn almal weer, en die man sê: “As dit nodig mag wees, sou ek nog groter kuddes van hierdie stryders kan oproep. Nou het julle egter voldoende gesien en ervaar hoe `n ware mens meester is oor die hele natuur en haar kragte, en dus laat ek julle nou in vrede terugkeer na waar julle vandaan gekom het!”

[20] Eén van ons vra hom nog of hy ons nie `n paar aanwysings kon gee, sodat ook iemand van ons, deur hom daaraan te hou, op die weg tot die verkryging van die ware menslike waardigheid kon kom.

[21] Die man sê: “Dit sal wel moeilik wees vir julle, wat al te vol sit met die hele wêreld en die bekoring van haar luste en nie eens die flouste besef het van één, enige ware God nie. Want die belangrikste is die ken van één ware God en daardeur jouself leer ken en deur die gees uit God die wette wat jy presies moet hou om vervolgens tot die innerlike, ware lewe te kan kom. Maar dan moet jy ernstig met die hele wêreld en haar ydele lusprikkels breek, - en julle sal by die manier van lewe wat julle vanouds gewoond is, dit baie moeilik slaag.

[22] Maar binne nie al te lange tyd sal daar ook gewekte lerare uit Asië kom en sal julle die een, ware God en Sy wette leer ken. Luister dan na hulle, glo, kom tot insig en handel daarvolgens, dan sal ook julle op die goeie weg geplaas word, waarop julle seker so ver kan kom dat julle, nadat julle liggaam afgeval het, in elk geval as siele die ware lewensvervolmaking kan bereik! - Nou het ek julle alles gesê wat vir julle nuttig is. Gaan nou in vrede van hier, en laat dit nie in julle opkom om as wêreldse mense tot hierdie streek te wil deurdring nie! Alleen volmaak en deur God uitverkore mense sal dit in die vervolg ongestraf mag doen!”

[23] Toe die merkwaardige man dit gesê het, kon ons nie langer meer bly staan nie; want `n geheime krag gryp ons aan en dryf ons so onweerstaanbaar terug, sodat ons gladnie meer kon omkyk na die streek waarin ons die buitengewone man aangetref, gesien en gespreek het nie, en daardeur bereik ons al die volgende dag, nog taamlik vroeg in die môre, die ou stad Memphis. Dat hierdie gebeurtenis ons gedurende die hele lange terugreis in hoë mate besig gehou het, kan u maklik dink.”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205