|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 77
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die proses van die innerlike verandering in die mens
77 Daarop gaan die engel op `n wenk van My na Lasarus toe en beide gaan die huis binne om te sien hoe daar vir Ons en vir die jongeres, wat hulle nou hoofsaaklik in die tente vermaak, `n stewige en toereikende middagmaal gereedgemaak word van die skape wat RafaEl te voorskyn geroep het.
[2] Agricola wend hom daarop na My toe en sê: “Nee maar, Majesteit en Heer, dit is vir my nou, na die uiteensetting van hierdie gees, baie vreemd en ek kom werklik vir myself voor asof ek nie meer myself is nie! Ek het tog veel buitengewone dinge van U gehoor en gesien en ek het my steeds daarby tuis gevoel; maar by die engel is ek gewoonweg van myself vervreemd! Hoe het dit nou gebeur en wat beteken dit?”
[3] Ek sê: “Vriend, wat daar gebeur het was heeltemal in orde! Want solank as wat jy nie enigsins van jouself vervreemd raak nie, is jy bepaald nog nie baie naby die Godsryk nie; maar as jy vir jouself eenmaal ietwat vreemd begin voorkom, is dit `n teken dat jou gees binne in jou `n bietjie wakker geskud is en in jou siel `n effense stap voorwaarts gedoen het. En omdat jy dit in jou lewe in `n sekere sin nou eers bespeur het, is dit juis `n teken dat jou innerlike gees ietwat meer in beweging gekom het. En dit kan jy altyd as `n baie goeie teken beskou. Dit sal jou nog meerdere male en op `n steeds duideliker manier oorkom.
[4] Wanneer jy so iets ervaar, wees dan maar net bly en opgewek, want dit is `n belangrike teken dat jou innerlike gees begin het om hom sterk met jou siel te verenig! Want solank jy jou in jou alledaagse en vertroude gevoelens bevind, behoort jy nog tot hierdie wêreld en is jy nie in staat om God se ryk waaragtig te nader nie. Want as die suiwer gees eenmaal in die mens ontwaak en met sy lewe en lig die hele mens deurdring, dan begin in die mens ook `n baie ander en - sê maar - geheel nuwe lewe, waarvan hy vóór die tyd geen vermoede gehad het nie. En daarin lê die grootste bewys dat die mens, nadat die vlees van sy siel afgeval het, `n heel nuwe lewe begin, waarvan hy tydens sy liggaamlike lewe geen vermoede en nog minder kennis gehad het nie.
[5] Met die afval van die vlees van die siel wil Ek nie reeds die volledige en werklike liggaamlike dood aandui nie, maar wel die toestand van die mens, waarin hy sy wellustige en wêreldse begeertes bykans geheel uit hom geban en heeltemal begin het om in sy gees te lewe.
[6] Die gees begin hom dan sterk met die siel verenig en hierdie tree dan steeds meer in verbinding met die enigste ware leefwêreld van die gees. Hierdie leefwêreld lê, voorheen onvermoed en ongekend, voor alles nog diep in die hart van die mens, netsoos die suiwer geestelike vonkie in die kiemhuls van `n saadkorrel.
[7] Solank die saadkorrel nie in die aarde sterf en uiteenval en hom so ontbind dat sy vroeëre vaste dele in die ooreenkomstige vorm van die gees begin oor te gaan nie, solank bly ook die gees werkloos en verborge. Maar wanneer die vlees van die saadkorrel in die aarde sag begin word en begin oplos, en in sy steeds eterieser wordende deeltjies meer gaan lyk na die gees wat in die kiem woon, dan begin die gees die dele wat aan hom gelyk is, te orden en deurdring dit steeds meer, en dan tree daar - netsoos jy dit by elke ontkiemende en opgroeiende plant goed kan sien - `n totaal nuwe bestaanstoestand in. En wat jy in die kleine by `n plant sien, gebeur ook in die grote en allesomvattend by die mens, wanneer hy alle neigings en begeertes in sy siel en ook in sy liggaam wat op die buitewêreld gerig is, deur sy ernstige wil in hom vernietig en oplos, en dit in alles steeds meer gelyk begin te maak aan die innerlike gees.
[8] Nou, dan kan dit iemand, wat al `n lang tyd aan al die wêreldse gewoond is, wel eens nie so blymoedig maak nie, maar wanneer hy hom mettertyd in sy nuwe, innerlike en enigste ware leefwêreld meer en meer tuis begin voel, sal die buitewêreld in gelyke mate steeds onaangenamer vir hom begin word. Moet dus maar nie bekommerd wees as My RafaEl jou ietwat meer as gewoon wakker geskud het nie, want dit was van groot nut vir jou.
[9] Hy is in sy wese al `n suiwer gees en kon daardeur ook meer direk op jou gees inwerk as wat enige ander nog so geestelik ontwaakte mens kan doen, solank as wat hy nog nie die volledige wedergeboorte van die gees bereik het nie. Maar dit is nie ten nadele van jou siel nie, maar slegs tot haar groot voordeel deur My so toegelaat. Bekommer jou daarom, netsoos Ek al gesê het, maar nie daaroor as dit binne-in jou ietwat vreemd en onwennig begin word nie! Verheug jou in jou hart as hierdie gevoel jou nog meer gereeld sal oorkom, want jy gee aan dat die ryk van God steeds naderby gekom het in die hart van jou siel. - Het jy dit goed begryp?”
[10] Agricola sê: “Ek dank U, o Heer, vir hierdie baie barmhartige uitleg van U! Die gevoel het ek nog wel, maar dit bevreemd my nie meer so, netsoos dit my vroeër bevreemd het nie. Maar nou sou ek maar net nog wou geweet het, hoe die engel so presies kon weet welke diere my ou ereskild versier, want die skild bevind hom veilig opgeberg in Rome, en ons is hier. Hoe kan hy so ver sien?”
[11] Ek sê: “Dit hoef hy die keer glad nie te gedoen het nie, omdat hy dit as suiwer gees tot in die kleinste details in jou siel kon sien. Origens kon hy as suiwer gees ook in `n oogwenk jou ereskild vanuit Rome hier voor jou neergesit het!”
[12] Agricola sê: “Dit sou tog wel `n bietjie moeilik wees, want ook al kan `n gees alle materie deurdring en oplos, dan kan tog die materie nie die materie deurdring nie. My skild is in `n klipkas, wat goed met `n metaaldeksel afgesluit is. Hy sou die kas heeltemal moes verniel het om die skild daaruit te kry. En as hy dan met die skild oneindig vinnig deur die lug sou gaan, sou die skild immers in die lug vernietig word!”
[13] Ek sê: “Jy oordeel netsoos wat jy die dinge begryp, maar die suiwer geeste begryp dit alles baie anders. Kyk, die engel hoef nie eens van hier na Rome te gaan nie. Sy wil en sy alles deurdringende kennis is voldoende. Hy los jou skild volledig in Rome op, netsoos hy eerder die klip opgelos het, en voeg dit hier deur sy wil - netsoos die klip wat jy nog in jou hand het - oombliklik weer saam tot sy materie en sy vorm. En kyk, so is dan vir `n suiwer gees seker niks meer onmoontlik nie! As jy dit nou insien, dink dan daaroor na, dan sal dit wel in jou siel ligter word!
[14] Maar nou kom die twee leerlinge terug uit die tempel en saam met hulle nog `n paar ander manne. Ons wil hulle gaan ondervra, sodat hulle Ons kan vertel hoe dit nou daar benede uitsien. Daarom wag Ons nou tot hulle hier sal wees!”
|
|
|
|
|