|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 9
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die bekentenis van die skynbare misdadiger
9 Toe rig die misdadiger hom op en sê moedig en openhartig en sonder enige terughoudendheid: “Groot en magtige en regverdige meester en regter! Ek is netso min `n misdadiger as u en diegene wat by U is!
[2] Ek is `n arme dagloner en moet met my hande my brood verdien en my vader en moeder onderhou, want beide my ouers is steeds siek en byna nie in staat om te werk nie. Bowendien het ek nog `n jonger suster, wat pas sewentien jaar en agt maande oud is. Ook die moet ek onderhou, omdat sy self niks kan verdien nie, omdat sy my siek ouers tuis moet verpleeg. Hierdie baie liewe en brawe suster van my is egter, hoewel baie arm, van nature baie mooi en aantreklik en as sodanig helaas nie onbekend aan die tempeldienaars nie en daar is die wat al baie moeite gedoen het om haar te verlei. Maar hulle het geen sukses gehad nie en het my en my ouers bedreig deur te sê: “Nou wag maar, trotse bedelvolk, julle sal binnekort wel gedweër en nederiger word!”
[3] Ek het die volgende dag werk gesoek by die werkhuise wat reeds aan my bekend was en mense sê vir my dat ek deur die priesters tot swaar sondaar verklaar was, omdat ek met my eie suster bloedskande bedryf. Mense het my die deur gewys en ek het geen raad geweet nie.
[4] Daarop gaan ek na enkele heidene en bekla my groot nood by hulle. Hulle het my `n paar geldstukke geskenk, sodat ek tog `n bietjie brood vir ons kon koop. Maar die paar munte was baie gou op en ek en my familie het al twee dae niks te eet gehad nie en ek kon niks meer verdien en ook van niemand iets meer vra nie; dit het egter ook deur hierdie feesdae gebeur, omdat jy in hierdie tyd ook buite die stad geen werk kan kry nie. Toe dag ek by myself: “As jy as onskuldige Judeër eens sou doen wat Dawid gedoen het toe hy baie honger gehad het, dan sou dit tog nie voor God so `n groot sonde wees nie?”
[5] En ek gaan gister, laat in die middag, deur groot nood gedryf die tempel binne, kom by die toonbrode, gryp na die eerste en die beste brood en wou my honger daarmee stil en `n deel na my netso hongerige ouers bring en aan my nie minder hongerige suster. Maar die wagters wat op die loer gelê het, ontdek my dadelik, skreeu dat dit `n ontsettende heiligskennis was en sleep my onbarmhartig voor die priesters. Die het my baie gou herken en skreeu: “Ha, dit is immers die trotse bedelaar, die pleger van bloedskande en nou vergryp hy hom ook nog aan die toonbrode! Daarvoor moet hy môre voor die middel van die dag gestenig word!”
[6] Daarop sleep mense my onder allerlei mishandelings en die vreeslikste skeldwoorde na `n donker gat, waarin ek tot vandag weggekwyn het. Hoe mense my vandaar af hierheen gesleep het, het u, hoë regter, self gesien. Hoe my arme ouers en my arme suster egter sal vergaan of reeds vergaan het, mag net JaHWeH weet!
[7] Hoë regter! Dit is alles wat ek u volledig na waarheid oor my misdaad kan sê! O, oordeel nie so hard oor my netsoos veral hierdie owerste gedoen het nie! Want eerlik gesê was dit juis hy wat my kuise suster wou verlei, wat ek voor God en alle mense kan sweer! Ek kan u daarvoor ook heel betroubare getuies noem, wat die treurige voorval met `n eed sal kan bevestig!”
[8] Toe sê Agricola buite homself van woede oor die tempeldienaar: “Beste vriend! Wie so openhartig spreek soos jy, het egter nie veel andere bewyse nodig nie! Bowendien het ek hier naas my `n heel belangrike getuie om die waarheid van jou verklaring te kontroleer. Daar sal egter dadelik iemand wees wat jou ouers en jou suster heeltemal versterk hierheen sal bring - en dan nog iemand anders wat ek baie nodig sal hê vir hierdie tempeldienaar!”
|
|
|
|
|