|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 159
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die geestelike oog van die manne uit Opper-Egipte
159 Nikodemus kom na My toe en sê: “Heer, ek dank U! Deur die volledige bekering van hierdie twee owerstes het ek `n groot angs kwytgeraak; want juis hulle het ek die meeste gevrees.”
[2] Ek sê: “Laat ons nie meer daaroor praat nie! Ek gaan nou bietjie rus, waarna Ek hulle ook `n teken sal gee; eers daarna sal hulle vas in My begin glo. Pleeg nou oorleg met mekaar!”
[3] Toe gaan Ek die hut in en rus bietjie uit.
[4] Ek bly `n kort halfuur in die hut rus, maar gee Petrus, Jakobus en Johannes, wat saam met My in die hut was, opdrag om na die sewe Egiptenare te gaan en hulle die grondslae van die evangelie mee te deel, en om hulle voor te berei op `n teken wat Ek sou gaan doen.
[5] Die drie leerlinge doen dit en word goed deur die sewe Egiptenare ontvang. Petrus verwonder hom egter uitermate, toe hy ontdek dat veral die leier oor al My leringe en dade en selfs oor My jeug veel meer weet as hyself. Jakobus en Johannes, wat die meeste van My jeug af geweet het, omdat hulle saam met My grootgeword het, was baie verbaas en moes die Egiptenaar die volste reg laat wedervaar.
[6] Petrus dag egter heimlik by homself: “Daarin het die Heer ons weer eens goed laat loop! Vir hulle moet ons die evangelie bybring, - en hulle ken dit sonder meer beter as ons drie bymekaar! Waarom het die Heer ons dit aangedoen?”
[7] Die man uit Opper-Egipte merk by homself wel wat Petrus dink, en sê daarom: “Waarom vra jy jou tog af, waarom die Heer julle na ons toe gestuur het, terwyl ons Sy leer tog al beter ken en begryp as julle? O kyk, beste broers, die Heer het geweet, en wel baie duidelik, dat julle één en ander begin te vergeet, en juis daarom het Hy julle vir `n gesprek van `n halfuur na ons toe gestuur, om by ons die weinige wat julle verloor het, weer terug te kry!
[8] Dit staan immers ook in julle boeke geskryf, en wel so: “Hulle wat met die Heer is, het veel verloor. Maar dan kom daar vreemdelinge uit verre lande en gee die kinders die verlore pêrels en edelstene van onskatbare waarde terug. En die Heer is daarom ook baie vriendelik met die vreemdelinge en neem hulle op in die wonings van Sy kinders.”
[9] Sien, beste broers, ook die baie onbeduidend skynende voorval het die Heer reeds lank voorsien, en omdat alles wat die profete oor Hom gesê het, vervul moet word van die kleinste tot die grootste, kon en mag ook hierdie klein voorspelling nie onvervuld gebly het nie.”
[10] Toe sê Petrus: “O beste vriend, sê my tog eers hoe jy dit alles so baie presies te wete kon kom!”
[11] Die man uit Opper-Egipte sê: “As jou gees en jou siel één sal wees, - wat julle almal as Sy uitverkorenes weldra kan verwag - dan sal jy dit wel baie duidelik insien; maar die siel wat nog vas met haar liggaam verbonde is, kan dit nie insien en begryp nie.
[12] Ek weet egter nie slegs wat in julle boeke geskryf staan nie, maar ek ken ook die ou geskrifte van die Egiptenare, die Perse, die Gebere, die Indiërs, Sjinese en die geskrifte van die ou Meduhed by die Japannese. Kortom, wat daar op hierdie aarde van die noordpool tot die suidpool te vinde is, is my netso goed bekend as julle vissershut tuis in die buurt van die stad Kapernaum, waar die Heer al soveel tekens verrig het, - en waar tog baie weiniges in Hom glo, omdat dit blinde handelaars, makelaars en geldwoekeraars is. Wat hierdie aarde dra en bevat, is my dus welbekend; maar verder as die aarde sien ek nog weinig.
[13] Ek kan wel die vaste- en die dwaalsterre van mekaar onderskei, en ek kan die loop en die stand van die laaste een bereken, omdat ek al in my vroeë jeug die landmeetkuns van die ou Egipte bemeester het; ek het in myself ook `n vermoede, dat die dwaalsterre wêrelde is wat soos hierdie aarde lyk; maar ek kon tot nou toe nog nie in my gees tot hulle deurdring nie. Maar die Heer sal my hier ook nog die gawe gee, wat my oorgelukkig sal maak.
[14] Julle het daaroor van die Heer deur Sy woord al die hoogste en werklik volmaakste uitleg en leringe gekry. Dit is my ook bekend en daarom ontbreek daar ook niks aan my kennis van die sterrehemel in hierdie nuwe tyd nie; maar ek sou dit alles ook in my gees soos met eie oë net so wil sien, soos wat ek die hele aarde kan sien. Dit sal my en ook my ses metgeselle hier ten deel val. Dan, vriend, sal ek eers heeltemal volkome wees; want eers dan sal ek die ewige grootheid van die Heer steeds beter kan begryp.”
|
|
|
|
|