Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 176

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die ineenstorting van die verkeerde geloofsisteme, uitgelê uit Jesaja 3: 6-27

176 (Die Heer): “Maar dan is alles verwoes en met die grond gelyk gemaak. Wie ook maar enige skuld gegee kan word dat hy deur sy onbarmhartige selfsug ook bygedra het aan die algemene ongeluk van die volkere, val helaas jammerlik ten offer aan die algemene volkswraak. Maar wat dan? Die mense het dan glad geen enkele leier nie, geen goeie en ook geen slegte nie. Hulle bevind hulle in die grootste anargie, waarin elkeen uiteindelik kan doen wat hy wil; `n ander, sterkere, kan hulle egter ook na hartelus straf.

[2] Dan kom die wat wyser is bymekaar en sê: “So werk dit nie, so kan dit nie langer nie! Ons wyser en magtiger manne wil saamwerk en die volk daartoe bring om met ons `n wyse opperhoof te kies. En dit is `n verhewe huis, wat twee broers met veel erkenning en ervaring herberg!” Wat gebeur daar dan vervolgens? Die profeet sal ons dit presies vertel! En wat sê die profeet?

[3] Luister! Hy sê: “Dan sal die een broer die ander uit sy broer se huis gryp en sê: “Jy die klere (kennis en ervaring), wees ons vors en help by die verval!” (Jesaja 3:6) Maar hy sal dan sê en sweer: “Luister, ek is geen arts, en daar is nóg brood (die goeie van die geloof) nóg kleding (waaragtige geloof) in my huis! Maak my daarom geen vors van die volk nie!” (vers 7) Want Jerusalem is ryp en val, en Juda (die latere tyd) is eweneens gevalle; want hulle taal en hulle dade is teen die Heer deurdat hulle die oë van Sy majesteit (die lig van Sy wysheid) weerstreef, (vers 8) Dit is vir elkeen sigbaar en bekend. Hul wese is nie verborge nie; want hulle beroem hulle op hulle sonde netsoos in Sodom en Gomorra, en hulle is brutaal en verberg hulle selfs nie. Wee hulle siel; want daarmee stort hulle hulself heeltemal in die ongeluk! (vers 9)

[4] Maar die gekose vors, wat ook Ekself moontlikerwys sou kan wees, sê verder: “Gaan heen en predik eers vir die regverdiges, sodat hulle goed word, dan sal hulle die vrug van hulle werk eet! (vers 10) Wee egter die traes en goddeloses; want hulle is altyd sleg, en hulle sal vergeld word na hulle werk en netsoos hulle dit verdien het! (vers 11) Luister, daarom is kinders vorste van My volk, en selfs vroue heers oor hulle. My volk, julle (verkeerde) troosters verlei jou (dink aan Rome!) en verwoes die weg wat jy moet gaan! (vers 12)

[5] Maar die Heer staan daar om reg te spreek, en het nou opgetree om die volkere te rig, (vers 13) En die Heer kom om oordeel te hou met die oudstes van Sy volk (die Skrif) en met Sy vorste (die in die laaste tyd tot lewe gewektes); want julle (fariseërs en Romeine) het die wingerd verwoes en die geroofde van die armes is in julle huis. (vers 14)

[6] Waarom vertrap julle My volk, en waarom mishandel julle alle ellendiges? So spreek die Heer nou met groot erns.(vers 15)

[7] En die Heer spreek verder: Omdat die dogters van Sion trots is (die valse leer van die hoer van Babel) en met `n gestrekte hals en met opgemaakte gesig loop, trots (oormoedig) rondloop, kwispelstertend (soos `n hongerige hond) en aan hulle voete kosbare skoeisel dra (vers 16), sal die Heer die skedel van die dogters van Sion kaal skeer (die verstand afneem), en daarmee sal Hy nog hulle enigste en beste sieraad afneem (vers 17).

[8] In die tyd sal die Heer ook die sierade van hulle kosbare skoene wegneem (die blindgelowiges), en die bande (troue aanhangers) en die gespes (die verskillende ordes) (vers 18), die kettings, armbande en die kappies (die bygelowige gildewese) (vers 19), die goue lowertjies, sierrande, alle goue koordjies, muskusappels, oorringe (vers 20), ringe en haarbande (vers 21), feesklere, mantels, sluiers en die (groot) beursies (vers 22), spieëls, mantels, galons en die bloese (alles die skitterende seremonie van die hoer van Babel) (vers 23). Dan sal die goeie geur tot stank word, die goeie gordel tot `n losse band, gevlegde, haar (slange sluheid van die hoer van Babel) tot `n kaal hoof en haar ruime mantel sal `n nou sak word; en dit alles sal in die plek kom van haar vermeende skoonheid, (vers 24)

[9] Jou gepeupel sal deur die swaard val, en jou krygsliede sal val in die stryd, (vers 25) En haar poorte sal treur en kla (omdat niemand meer daardeur na binne wil gaan nie), en sy sal jammerlik op die grond sit, (vers 26) In die tyd sal daar deur oorloë so weinig manne wees, dat sewe vroue één dan man sal aangryp (of uit die sewe sakramente sal daar slegs één word) en hulle sal sê: Ons sal onsself voed en klee, maar laat ons jou naam dra sodat ons smaad van ons weggeneem word!” (vers 27)

[10] En sien, My vriende: Wat die profeet toe gesê sal sekerlik in vervulling gaan, so seker en waar as wat Ek dit nou vir julle Self uitgelê het. Want die mense kan die waarheid nie vir `n langer tydsbestek verdra nie, word moeg en versink altyd weer in hulle ou, oordeel en dood bringende traagheid, en dan is daar werklik niks anders aan te doen as om die mense weer met die uiterste middele te wek en hulle weer soos van ouds op die weë en bergpaaie van die lig en die lewe te bring.

[11] Daarom sê Ek julle nou nog eenmaal: Waarsku die mense veral vir die geestelike luiheid; want daarmee begin alle kwade dinge waaroor die profeet gespreek het, en Ek moet hulle helaas toelaat! Dink daaroor na, dan sal Ons in daardie herberg nog `n woordjie daaroor spreek! - En nou gaan Ons ook dadelik daarheen; want Ons sal in hierdie nag nog baie te doen kry!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205