Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 163

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Moses en Elia vermaan die pasbekeerde fariseërs

163 (Die Heer): “Let egter nou nog verder op! Om julle volledig gerus te stel, sal daar nog meer getuies van die anderkant kom, en julle vertel dat Ek in die eerste plek die beloofde Messias vir die Judeërs is en deur hulle ook vir alle mense van hierdie aarde! Kies nou maar self, wie julle sien en wil spreek!”

[2] Beide sê: “Heer, noudat U dit eenmaal so wil, laat ons dan Moses en Elia sien; want die twee was beslis wel U grootste profete!”

[3] Ek sê: “Sekerlik! Omdat julle hulle gekies het, wil Ek ook dat hulle kom!”

[4] Toe Ek dit gesê het, lyk dit asof daar `n bliksem uit die helder hemel inslaan, en beide getuies staan met ernstige gesigte voor die fariseërs, buig diep voor My en Moses wys met sy regterhand en met vurige blikke na Elia en sê met donderende stem: “Ken julle hom?”

[5] Toe skrik beide fariseërs ontsettend en kon Moses van angs geen antwoord gee nie; want hulle herken in Elia maar al te vinnig Johannes die Doper, aan wie se gevangeneming en onthoofding hulle self die meeste bygedra het.

[6] Maar Elia sê: “Noudat die skerp byl teen julle wortel gelê is, sien julle eers dat die oordeel voor die deur staan. Dit was vir julle die hoogste tyd om julle te bekeer, en omdat die Heer, die Almagtige, julle Self barmhartig was, vergeef ook ek julle die teen my begane misdaad. Maar duisendvoudig wee vir diegene wat hulle kwade hande ook aan die liggaam van die Heer sal slaan! Die oordeel en die vloek staan al op hulle voorhoofde geskryf.”

[7] Toe vat die een fariseër bietjie meer moed en sê met bewende stem: “O groot profeet, wie het ooit vermoed dat die gees van Elia in u verborge was?!”

[8] Elia sê: “Staan daar nie geskryf dat Elia eers sal kom om die weg van die Heer te berei nie? Het julle nie gelees: “Sien, `n stem van die roepende in die woestyn - berei die weg voor die Heer! - Sien! - Ek stuur My engel voor U uit om U voetstappe te effen!”

[9] As julle dit geweet het, waarom glo julle dan nie? Waarom vervolg julle my, en waarom vervolg julle tot nou toe ook die Heer?”

[10] Die fariseër sê vol angs: “O, groot profeet, wees geduldig met ons groot blindheid; want alleen dit is die hoofskuldige van al die kwaad wat deur en via ons begaan is!”

[11] Elia sê: “Wat die Heer julle vergewe het, sal julle ook deur ons vergewe word! Maar let wel daarvoor op dat julle nie opnuut deur `n nuwe versoeking verblind word nie; want uit `n nuwe afgrond sou julle moeilik ooit weer na die lig kan kom!”

[12] Daarop verdwyn beide profete, en die fariseërs wend hulle smekend tot My om nie weer so `n teken te doen nie; want dit het hulle reeds `n te groot angs en vrees aangejaag.

[13] Ek sê: “As dit julle al so `n groot angs en vrees aangejaag het, hoe sou julle dit dan vind as Ek julle al diegene sou voorstel wat deur julle groot wraak- en vervolgingssug op die mees ellendige wyse uit hierdie wêreld gehelp is?”

[14] Die fariseërs sê: “O Majesteit en Heer, doen ons dit asseblief nie aan nie; want dit sou ons dood wees!”

[15] Ek sê: “Dit seker nie, solank Ek terwille van julle geloof by julle is; daarby egter dat julle tog nog eens met al die siele in die groot hiernamaals sal saamkom! Wat sal julle hulle antwoord, as hulle voor God se troon met onbeperkte mag rekenskap van julle eis?”

[16] Die fariseërs sê: “O Majesteit en Heer van ewigheid, ons wil tog immers in hierdie wêreld nog alles doen wat U ons ook maar sal opdra; maar laat ons dan aan die anderkant nie so ter verantwoording roep nie, - want dan sou ons geen enkel weerwoord hê nie! Gee ons egter in U goedheid en ontferming raad oor wat ons nog moet doen om later in die hiernamaals gevrywaar te word van die angs en die ontsettend pynlike kwelling!”

[17] Ek sê: “Wat julle moet doen, het Ek julle al gesê, en julle sal daardeur tot die lig en die lewe kom; maar Ek sê julle ook, dat dit goed vir julle is om julle gewete noukeurig te ondersoek en so die omvang van alle sonde en ondeugde wat julle begaan het, te deurgrond.

[18] As julle dit gedoen het, het julle ten eerste julle sonde bely, en sal julle dan ook `n teregte afsku daarvan kry en in julle hart waaragtig berou daaroor hê; dan sal dit nie vir julle moeilik wees om die vaste besluit doeltreffend te neem om geen sonde meer te begaan nie, en sal julle steeds sterker die wens in julle voel, om elke skade wat julle iemand ooit toegebring het, met al julle krag weer goed te maak. Julle sal wel nie volledig daartoe in staat wees nie, veral nie by hulle wat hulle al in die hiernamaals bevind nie; maar dan sal Ek julle vaste wil aanneem vir die daad en vir julle alles goed maak wat julle aan kwaad aangerig het.

[19] Julle moet dit wel baie ernstig ter harte neem, anders kan met julle gebeur wat die profeet Elia aan julle gesê het; want julle sal nog baie versoekinge te deurstaan hê! `n Ou liggaam lê sy gewoontes nie so maklik af as wat iemand hom dit by sy eerste goeie voorneme voorstel nie. Julle sal weliswaar met My saamgaan; maar aan My sy, solank Ek nog op hierdie aarde sal rondtrek, sal julle netsoos My ander leerlinge nog in baie versoekings kom, en dan sal ook wel blyk hoe swak julle vlees nog is, ook al het die gees in julle reeds taamlik sterk geword. Daarom is dit nou juis so noodsaaklik om alles in werking te stel om julle siel uit die ou gevangenskap van julle liggaam te bevry, en dit kan maar net as julle doen wat Ek julle aangeraai het; want die sonde verlaat die siel in die mate waarin die siel die sonde as sonde erken, berou daaroor het, dit verafsku en verder nie meer begaan nie. - Het julle dit goed begryp?”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205