Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 165

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die Heer stuur die slawehandelaars na hulle eie land terug

165 Nadat Nikodemus dit gesê het word die rustig en Ek roep die slawehandelaar Hibram en sy metgeselle na My en sê aan hulle: “Julle het in hierdie paar dae baie gehoor, gesien en meegemaak. Julle weet nou netsoos My leerlinge, wat elke mens moet doen om die ewige lewe van sy siel te bereik. As julle op die wyse sal handel en lewe, sal ook julle dit, wat Ek elkeen belowe het wat volgens My leer sal lewe en handel, beslis bereik.

[2] Maar ook julle het tuis nog veel goed te maak wat julle as duistere heidene misgaan het; maak dus, as dit maar netso moontlik is, alles wat julle jul medemens aan onreg aangedoen het, weer goed, dan kan julle reeds daarvoor van My `n ware barmhartigheid vir die lewe verwag! Probeer ook om My leer aan die ander mense by te bring, en sorg daarvoor dat dit ook metterdaad prakties uitgeoefen word! Wend julle oor en julle hart af van julle waarsêery, en probeer ook die mense in julle land sover te kry dat hulle hulleself na julle rig, en wees ware priesters vir julle medemens, dan sal julle reeds binnekort `n groot skat aan geestelike gawes van My ontvang!

[3] Vertel onderweg na julle vaderland niemand oor My nie; want waar dit nodig was, en waar Ek wis dat daar vir My leer ryp mense woon, was Ek Self al met woorde en tekens gewees, en meer het hulle nou nie nodig nie; wanneer dit egter tyd is, sal Ek My gees oor hulle uitstort, wat hulle dan in alle waarheid sal lei. Kortom, maak onderweg in elk geval geen gewag en geen nodelose ophef van My nie! Maar tuis kan julle jul volk goed onderrig; spreek egter ook daar nie te veel oor die tekens nie, maar hou veral net My leer voor oë! Want die heil vir die mense lê immers nie in die tekens wat Ek gedoen het nie, maar in My leer, en vernaamlik in die praktiese toepassing daarvan in die lewe!

[4] As julle egter in My Naam onderrig gee, dink dan nie vooraf te lank angstig daaroor na wat julle sal gaan sê nie; as julle in My Naam tot die mense spreek, sal My gees julle die regte woorde wel in julle hart en julle mond lê! Dit sal ook geld vir almal wat na julle, die volk in My Naam, My leer sal verkondig.

[5] Bou egter veral geen tempel vir My nie, en maak ook nie netsoos die heidene bepaalde dae van die jaar tot besondere dae nie, maar stel `n weeklikse dag vas wat vir julle die geskikste lyk om te onderrig en laat die mense in julle huise kom om hulle te leer! Deel ook julle brood met die armes en laat julle daarvoor nie ekstra eer nie en eis van niemand loon of `n offer nie; want vir niks het julle dit gekry en ook vir niks sal julle dit weer aan julle medemens uitdeel! Die loon daarvoor kan julle in alles van My verwag.

[6] As daar iemand kom wat vermoënd is en hy julle vrywillig `n dankoffer bring, neem dit dan aan en gee dit aan die armes! Diegene egter wat julle in My Naam `n offer gebring het, sal julle daarvoor nie hoër ag as julle arme broers nie, sodat hy nie ydel word en hom bo sy arme broers verhef nie, maar slegs sal groei in die liefde tot hulle, dan sal sy offer deur My aanvaar word, en My barmhartigheid sal hy daarvoor as loon kry, en My seën sal sy offer ryklik vergeld! Want wie vir julle, My nou in diens geneemde arbeiders, só sal offer, sal My offer en sy loon nie agterweë bly nie.

[7] Wanneer julle die volk so in My Naam onderrig het, sal Ek `n apostel na julle stuur, die sal dan die gelowiges in My Naam die hande oplê en hulle so doop in My Liefde, My Wysheid en My Krag; hulle sal daardeur die heilige Gees uit God ontvang en daardeur die volledige wedergeboorte van hulle gees in hulle siel bereik, en daardeur en daarmee ook die ewige lewe en die krag daarvan.

[8] Nou weet julle baie in kort wat julle in die vervolg moet doen en beslis ook sal doen, en ontvang daarom My seën en vertrek vandag nog na julle land; want môre sou julle moeilik verder kom omdat dit `n Judese Sabbat is!

[9] Gaan oor die breë straat wat na Galilea voer, dan sal julle op ongeveer die derde uur van die nag `n klein plekkie bereik; bly daar tot die oggend, mense sal julle daar goed opneem! Van daar af sal Ek julle in julle hart en in julle gedagtes lê welke weg julle verder moet volg om sonder enige ongemak in julle land te kom. En nou kan julle dus, onder My seën wat julle beskut en begelei, dadelik op pad gaan!”

[10] Daarop bedank Hibram vir alles, plaas hom in My barmhartigheid en verlaat ons.

[11] Toe spreek Lasarus sy verbasing daaroor uit dat hierdie slawehandelaar geen afskeid geneem het van die jongeres wat hulle saam hierheen gebring het.

[12] Ek sê: “Dit wil Ek nie, en daarvoor het Ek My wyse rede. Die jongeres vermaak hulle die beste daar op die noordelike helling van hierdie heuwel, en dit sou onverstandig gewees het om hulle te steur. Hierdie mense het Ek dan ook in My Naam uitgestuur, en dit was goed; want hulle sal daar waar hulle woon `n lig versprei.

[13] Maar laat nou nogmaals brood en wyn hierheen bring, dan sal Ek nog ander uitkies, hulle versterk en uitstuur in die wêreld! Doen daarom wat Ek verlang!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205