Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 206

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die houding van die Heer as jongeling teenoor die priesters

206 (Die Heer): “Toe wys Josef met sy hand na My, wat enkele treë van hom vandaan in die werkplek `n luik aan die deursaag was, en hy sê: “Daar in die werkplek sien jy Hom aan die werk! Dit is wel merkwaardig: Vandat Hy `n kind was tot aan Sy twaalfde lewensjaar, was ek en sy moeder, wat nou in die kombuis besig is, werklik geheel daarvan oortuig dat Hy ons beloofde Messias sou word; maar na sy twaalfde jaar het alles, wat vroeër so goddelik aan hom gelyk het, soseer verlore gegaan, dat daar nou geen spoor meer van oor is nie. Hy is verder wel baie vroom, gewillig en vlytig en sonder om te murmureer doen Hy alles wat ons Hom, na sy kennis, te doen gee; maar, netsoos gesê, van al daardie wonderbaarlike dinge aan Hom is niks meer te sien nie. As jy wil, kan jy self met Hom praat en jouself van alles oortuig wat ek jou gesê het.”

[2] Hierop kom die Griek na My toe en sê: “Luister jong man, agtien jaar gelede het ek Jou al geken en bewonder toe Jou suiwer goddelike eienskappe, wat netsoos Jou woorde, die belangrikste rede was dat ek julle geloof aangeneem het, hoewel ek daarom nog nie die besnydenis aanvaar nie. Maar wel het ek Egipte terwille van julle geloof verlaat om hier dieper te kan deurdring in julle leer, wat vele wyshede bevat; en by dit alles was Jy die belangrikste rede! En nou hoor ek van Jou vader, wat ek al lank nie meer gesien en mee gespreek het nie, dat Jy al daardie goddelik-wonderbaarlike wat Jou as kind eie was, heeltemal kwyt is. Hoe het dit gebeur?”

[3] Ek kyk na die Griek en sê: “As jy goed ingewy is in Ons leer, sal Salomo se wyse spreuke ook nie vir jou onbekend wees nie. En sien, volgens een van die spreuke het alles in hierdie wêreld sy tyd! Toe Ek `n kind was, was Ek sekerlik nog geen kragtige jong man nie; en omdat Ek nou `n kragtige jongeling is, is Ek geen klein jong man meer nie en werk Ek netsoos elke ander jongeling met alle vlyt en ywer, omdat My Vader in die hemel dit so wil. Ek ken Hom en weet ook altyd wat Sy wil is, en doen alleen dit wat Hy wil. En sien, dit behaag My Vader in die hemel!

[4] Ek het as klein jongetjie waarlik groot tekens verrig om die mense kenbaar te maak, dat Ek as Heer uit die hemel na hierdie wêreld gekom het; maar met verloop van tyd het die mense nie soveel waarde meer daaraan geheg nie en vererg hulle selfs as Ek voor hulle oë `n teken verrig. Maar tog het Ek Dieselfde gebly wat Ek is en sal vir die mense weer tekens verrig om hulle kenbaar te maak dat God se ryk naby gekom het. Wanneer Ek dit egter sal doen, sal deur Myself op die regte tyd bepaal word. Heil diegene wat aan My sal glo en hom nie vir My sal vererg nie!

[5] Jy wil graag dat My pleegvader `n nuwe huis en `n groot varkstal vir jou bou. Dit moet hy ook doen! Want wat in My oë goed is, is ook voor God geen sonde nie. Dit was nooit vir die Judeërs verbied gewees om op `n goeie manier met eerlike heidene sake te doen nie; maar dit was en is vir die Judeërs slegs verbied om, as hulle met die heidene omgaan, hulle afgodery en hulle slegte leer, sedes en gewoontes, en handelinge oor te neem. Maar as `n heiden die geloof van die Judeërs aangeneem het en derhalwe deur sy geloof aan die een, alleen ware God waaragtig besny is in sy hart en sy siel, kan mens wel met hom omgaan!”

[6] Hierop sê Josef: “Wel, wel, dit is nou goed dat jy nou een keer so baie en so wys gespreek het, en ek sien ook in dat jy heeltemal gelyk het. Maar tog moet Jy ook die priesters nie voor die kop slaan nie, maar vooraf met hulle oorleg pleeg om te voorkom dat hulle Jou as `n ketter uitmaak. As mens vooraf met hulle oorleg pleeg oor `n werk wat volgens die letter van die wet tog nie in die haak is nie en `n klein offer gee, dan gee `n wyse priester ook altyd graag toestemming vir `n werk, wat nie duidelik volgens die wet toegestaan is nie. Ek sal daarom dadelik na ons oudste gaan en hom hierdie kwessie voorlê.”

[7] Ek sê: “Maar wat wil jy dan doen as hy jou - ondanks die offer wat aangebied word - nie sal toestaan om die werk aan te neem nie?”

[8] Josef sê: “Ja, dan is dit duidelik dat Ons dit nie kan aanneem nie!”

[9] Ek sê: “Luister, as Ek oor `n tyd met My groot werk gaan begin, sal Ek die priesters nie vra of Ek daardie groot werk, wat baie in stryd sal wees met hulle onbetekenende tempelvoorskrifte, sal mag onderneem al dan nie, maar Ek sal daardie groot en swaar werk op My neem vanuit My hoogs eie mag en krag! Want wat in God se oë goed is, moet ook deur alle mense as goed gesien word, of hulle die goeie wil of nie!”

[10] Toe sê Josef weer: “My dierbare Seun, as jy so handel, sal jy weinig vriende in die wêreld hê!”

[11] Ek sê: “Waarlik, wie angsvallig die vriendskap van die wêreld nastreef, verspeel daardeur maklik die vriendskap van God! Maar Ek gee hier die volgende advies: Ons bewys hierdie Griek vriendskap en vra ons heers- en hebsugtige priesters heeltemal niks nie, en doen wat daar gedoen moet word, want hierdie man het ons baie vriendskap bewys; sou Ons hom nou vanweë Ons priesters die deur hom gevraagde vriendskap weier? Nee, dit doen Ons nie! En as jy dit nie durf nie, dan sal Ek alleen daardie huis en die stal vir hom bou!”

[12] Toe sê Josef: “Nee maar, wat is daar vandag opeens met Jou aan die gang? So eiesinnig en weerbarstig het ek Jou al jare nie meer gesien en ook nie hoor praat nie! Wanneer vooraanstaande Judeërs en oudstes my besoek en gereeld graag met Jou wil praat, is Jy so suinig met Jou woorde en Jy het ook nog haas nooit so gebiedend opgetree nie; en nou kom daar `n heiden en Jy wil dadelik alles vir hom doen wat hy maar begeer! Hoekom nou so opeens? Ek sou nou byna weer glo dat jy vir hierdie Griek ook wonderwerke sal wil gaan doen, - wat Jy tog al so lank vir geen enkele Judeër meer gedoen het nie!”

[13] Ek sê: “Word nie boos nie, My ou en eerlik opregte vriend! As Ek My terugtrek van die Judeërs, dan het Ek seker My wyse redes daarvoor! Is daar hier dan ook maar één Judeër met `n ware en volledige geloof, behalwe jy? Toe Ek nog as jong seun af en toe `n teken verrig het, sê hulle dat Ek besete was en met behulp van die duiwel sulke dinge tot stand bring, waartoe geen ander mens in staat was nie.

[14] Toe jyself `n keer aan die oudste vra of in My moontlikerwys tog miskien die gees van `n groot profeet verborge was, omdat daar by My geboorte sulke groot tekens gebeur het, sê die blinde fariseër ergerlik: “Daar staan geskryf dat daar uit Galilea nooit `n profeet sal opstaan nie; daarom is so `n vraag reeds uit die bose!” En as dit hier so gestel is met die priesters en ook met die ander Judeërs, vir wie sou Ek dan `n teken doen en waarom?!

[15] Maar hierdie Griek is vol goeie geloof en `n vriend van die innerlike ware lewenslig, wat hom ook nie daaraan sal vererg as Ek `n teken vir hom sal doen nie; daarom is dit dan tog ook baie begryplik, waarom Ek My baie anders teenoor hom gedra as ten opsigte van die duistere Judeërs.

[16] Maar Ek sê jou: “Omdat die Judeërs nou so is, sal die lig van die lewe van hulle afgeneem en aan die heidene gegee word! Die heil van alle volkere kom weliswaar van die Judeërs, en daardie heil is Ek; maar omdat die Judeërs My nie wil aanneem en erken nie, sal die heil hulle ontneem word en aan die heidene toevertrou word!"


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205