|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 120
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Agricola vra na die leiding van die mense
120 Toe lyk Agricola verbaas en sê: “Heer, slegs U, as die mees selfstandige en mees vrye wese van die hele oneindigheid, kan sulke woorde tot ons mense spreek! Dit is waar; wanneer ek na `n onvoorstelbaar lang tyd `n sekere graad van saligheid bereik en dan tog `n ewige salige toekoms voor my het, dan is `n onsalige bestaan, wat ontelbare aardse jare duur, ten slotte soveel as niks nie; maar één miserabele dag wat my gepynig en gemartel het is wél iets vir die eindige mens, en gesien die agtergeblewe herinnering, is dit dan baie die vraag of `n ewigheid vir my `n volledige vergoeding kan en sal bied vir die deurgestane lyding.
[2] Want mens word alleen deur U almagtige wil `n miserabele burger van hierdie wêreld. Mens kom by mense wat soos verskeurende diere lyk, kry geen opvoeding as slegs die van `n self- en heerssugtige heidendom nie, `n bedrog met ontelbare leuens en misleiding van allerlei aard, wat jy as heilige waarhede moes aanvaar, en as jy dit, omdat jou verstand ryper en helderder geword het, nie aangeneem het nie, maar uiteindelik daarteen gegaan het, dan sou jy as ellendige ongedierte verdelg gewees het; want vele van sulke ten hemel skreiende voorbeelde is my maar al te goed bekend.
[3] By so `n totaal gees- en goddelose opvoeding kan ek uiteindelik self tog niks anders word as `n verskeurende wilde dier in die gedaante van `n mens nie. Nou dan, omdat ek dit dus geword het en eintlik onmoontlik iets anders kon word, word ek deur U vir `n onvoorstelbaar lange tyd volledig afgewys, waarby ek ook geen middele het om my in my groot nood te kan help nie.
[4] In so `n geval sou mens tog aan U, die enige ware God, die baie belangrike vraag wil stel, waarom ek dan wel deur U almagtige wil `n mens op hierdie aarde moes word. Ek was immers heeltemal niks voor dit nie, ek het nie bestaan nie en wil ook nie bestaan nie. Waarom het ek dan ontstaan?
[5] En omdat ek nou éénmaal ontstaan het - nie deur my nie, maar alleen deur U almagtige wil, - vra ek waarom U dan nie wyslik daarvoor gesorg het dat ek onder sulke omstandighede in hierdie wêreld gekom het dat ek dadelik as `n egte mens in U orde gevorm en geplaas kon word nie. Waarom moes ek eers `n verskeurende dier geword het, erger as alle leeus, luiperds, tiers en hiënas?
[6] Sien, Heer, dit is `n baie belangrike vraag! Dit is wel waar, dat alle mense eendag die liggaamlike dood moet ondergaan; maar die allertreurigste daarby is dat ons dan aan die anderkant `n bykans eindeloos lange dood van die siel moet deurstaan, wat ons arme sterflinge onherroeplik deur U almag beskore is. Dit kom vir my wysheid, wat nog baie kortsigtig is, egter baie vreemd voor! Want ek, as opperste regter in Rome, kon volgens my verstandelike beginsels geen kind, wat `n misdryf teen sy ouers begaan het, volledig verdoem nie, en dit des te minder omdat dit beslis nie by die kind lê as hy buite sy skuld `n slegte en gereelde baie miserabele opvoeding gekry het nie. As die ouers hom anders en - sê maar - korrek opgevoed het, dan sou die kind, ten opsigte van hulle, ook seker anders gehandel het! Maar uiteindelik kan die arme ouers ook weinig of niks daaraan doen nie; want hulle het immers self nooit `n beter opvoeding geniet nie, en kan dus hulle kinders onmoontlik iets beter gee as wat hulle self besit.
[7] Maar U, my Heer en my God, besit vanaf die ewigheid die oneindig beste, en U sou die arme mense, U skepsele, U kinders, ook die allerbeste vir hulle hart en vir hulle siel kan gee; maar dit doen U baie wyslik nie, die mense moet eers die mees afgryslike roofdiere word en daarna straf U hulle met U harde oordele en maar baie min kan sê: “Die Heer van hemel en aarde het Hom eindelik weer `n slag oor ons ontferm!”
[8] Heer, vergewe my dat ek nou so sonder enige terughoudendheid gespreek het; maar U geheimsinnige gedrag teenoor die drie towenaars het my daartoe verlei! Kan hulle iets daaraan gedoen het dat hulle is netsoos wat hulle is?! Hulle het U al geruime tyd gesoek en kon U nie gevind het nie, en nou is hulle by U, en U maak Hom nog steeds nie aan hulle bekend nie! O Heer, sê my tog waarom dit, uitgaande van U onbegrensde wysheid, so moet wees, terwyl andersyds U vaderlike liefde, mildheid en goedheid wel wil dat alle mense gelukkig, wys en salig moet word! Want by die voortdurende onderlinge geraas en getier van die mense, is dit immers tog ondenkbaar dat hulle ooit die lewensdoel kan bereik wat U daar vir hulle gestel het. - Heer, lê U dit tog eenkeer vir my uit!”
|
|
|
|
|