Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7
JACOB LORBER - AFRIKAANS

Hoofstuk 154

Spring: 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230.

Die Heer en die fariseërs

154 Omdat Lasarus hulle geen antwoord gee nie, rig die fariseërs hulle weer tot RafaEl en sê: “Sê jy ons tog waarom ons nie mag weet waar die groot Heilsman uit Galilea Hom ophou nie!”

[2] Toe gaan Ek voor die fariseërs staan en sê: “Hier is Ek, `n goeie Herder te midde van My lammers, Ek vlug nie weg as wolwe My kudde nader nie; want hierdie lammers is My eiendom. Ek is geen huurling wat op die vlug slaan as hy `n wolf sy kudde sien nader nie. `n Huurling vlug omdat die skape nie van hom is nie. Wat sal hy hom druk maak oor die eiendom van sy meester?!

[3] Maar Ek is die Heer Self, het My skape lief omdat hulle van My is, My ken en altyd My stem hoor as Ek hulle roep.

[4] Julle is weliswaar ook herders; maar die skape is nie julle eiendom nie. Solank julle maar wol van hulle kry, kan dit julle weinig skeel of die al gereelde geskeerde skape deur wolwe of bere verskeur word; want die vlees van die skape is immers tog nie van julle nie.

[5] Aanvanklik het julle soos verskeurende wolwe te midde van My kudde gekom, - maar Ek, as hulle goeie herder, het daarom nie gevlug en het My kudde nie verlaat nie; vroeër nog sou Ek My lewe vir haar gee as om die kudde te verlaat. Sou julle dit ook vir julle kudde doen?”

[6] Een fariseër sê: “Majesteit en Heer, waarlik, tot op die oomblik sou ons dit nie gedoen het nie; maar nou, omdat ons die groot barmhartigheid deelagtig geword het om uself persoonlik te leer ken, sou ons, ook al is ons U geringste medeherders, ons lewe vir die veiligheid van U skape in die weegskaal stel! Ja, self was ons vir die mense tot nou toe maar net verskeurende wolwe in skaapsklere! Maar hier het vir ons `n groot lig opgegaan, ons het ons sienswyse heeltemal verander en wil van nou af aan U leerlinge wees. Want in die leer van ons tempel heers niks anders as dood en oordeel en die grootste lewensnag en -duisternis nie; maar in U leer is lig, lewe en onoorwinlike krag, waarvan ons die meer as oortuigende bewyse gesien het.

[7] Daarom het ons dan ook die vaste besluit geneem om die tempel vir altyd te verlaat en ons heeltemal na U leer te rig, om daardeur miskien nog die laagste graad van die ware, innerlike lewensvervolmaking te bereik, waartoe u jong dienaar ons, netsoos daarvoor hierdie man uit Opper-Egipte, die weg baie duidelik gewys het. Maar tog wil ons ook U nog beter leer ken, om van U uiteindelik nog nadere voorskrifte te kry oor wat ons alles moet doen om U barmhartigheid ook maar in baie geringe mate deelagtig te word.

[8] Vergeef ons egter eers ons vele, groot sondes, veral die, wat ons onmoontlik op die één of ander wyse weer goed kan maak! Wat ons egter weer kan goed maak, daar sal ons uit liefde vir U ons ook uit alle mag voor inspan, om dit weer goed te maak op `n wyse wat U ons hopelik vriendelik en barmhartig aangee. Maar tewens vra ons U, o Majesteit en Heer, vergewing, omdat ons U hier lastig geval het!”

[9] Ek sê: “Ja, ja, dit is van julle wel alles baie goed bedoel, was dit nie dat julle so ontsettend baie en so volkome gewetenloos gesondig het nie! `n Dergelike, jare lank ononderbroke sondiging teen God en alle medemense en selfs teen die hele natuur het julle siele dermate verswak en so totaal misvorm, dat dit julle wel baie moeite sal kos, voordat julle siele menslik daar sal uitsien.

[10] Julle wis in julle opgeblase wêreldse blindheid weliswaar nie wat julle gedoen het nie, en is daarom enigsins te verontskuldig; maar van My, uit die heimlik in julle hart gelegde waarskuwings het ook nooit ontbreek nie, wat duidelik aan julle gesê het: “Vrees God en doen die mense geen onreg nie!” Maar op hierdie waarskuwings het julle nie gelet nie, en die één hou die ander julle slegte menslike voorskrifte voor en sê: “Dit is verstandiger om streng volgens die eenmaal opgestelde voorskrifte te handel, as om homself te los en vas aan sy eie barmhartigheidsgevoelens oor te gee en dan die mikpunt te word van die spot van die vooraanstaandes en magtiges van die land!” Dit het julle ten slotte heeltemal onmenslik gemaak, en julle word in julle siel die mees woeste en verskeurende roofdiere. En kyk, dit is nou die probleem by julle! Hoe wil julle nou van julle bloeddorstige ware tiersiele mensesiele maak?”

[11] Beide fariseërs sê baie saggies: “Ja, Majesteit en Heer, U deursien ons ook inwendig, en alles sal dus wel presies so wees soos U ons dit nou so barmhartig geopenbaar het; maar juis daarom sou ons immers raad van U wil kry, hoe ons geholpe kon word. Van U dienare het ons gehoor dat alle dinge vir U moontlik is, en ons vertrou dan ook vas daarop dat U ons ook nog sal kan help, as U dit wil. Helaas, Majesteit en Heer, ons het vas besluit om alles te doen wat U ons ook maar ter verbetering van ons siel sal aanraai!”


 
 

Fatal error: Uncaught Error: Call to undefined function mysql_close() in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php:205 Stack trace: #0 {main} thrown in /mnt/ns1_wwwroot/wwwroot/www.aftershock.co.za/html/clients/www.nuweopenbaring.co.za/lorber.php on line 205