|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 150
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die innerlike wese van die mens
150 RafaEl sê: “Nou goed dan, dit sal ek dan ook so doen! Omdat julle nou aangeneem het dat ek ook die bouer en opsteller van die pilaar in die veld daar langs die weg na Jerusalem is, sê ek nou ook vir julle dat dit so is. Daardeur is dan ook aangetoon, dat as dit die feite is, die innerlike gees in die mens ook meester is van alle natuurkragte, wat in alle elemente heers, en dit ook moet wees, omdat dit sonder die gees wat uit God is en oral werk, gladnie sou bestaan het nie; en as hy dit onmiskenbaar is, moet ook alles volgens die ewige norme van die goddelike orde vir hom moontlik wees.
[2] Voor `n mens egter daardie vermoë verwerf of kan verwerf, moet hy hom deur die nougesette opvolg van God se wil, wat hom deur Moses en deur die profete geopenbaar is, hierdie wil van God so eie maak, dat hy daarna vry vanuit homself nie anders kan handel as wat die wil van God dit vir hom in sy hart aangee nie, - wat vir diegene wat God erken het en Hom bo alles liefhet, nie so moeilik is nie, omdat die liefde tot God hom steeds meer krag daartoe skenk namate die liefde tot God in sy hart toeneem, en in die liefde ook die liefde tot die naaste.
[3] As `n mens hom op hierdie wyse met God verenig het, is hy ook reeds vervul van God se Gees; want die liefde tot God en die vervul van Sy heilige wil is immers al die volledig werksame Gees van God in die mens, omdat sy nuwe wil nie meer die swak en onmagtige wil van die menslike vlees is nie, maar die almagtige suiwer Wil van God.
[4] Vir diegene wat hierdie wil volledig in hom het, moet dan immers ook alles moontlik wees wat hy wil; want wat hy dan wil, wil ook God in hom, - en vir God is alles tog sekerlik moontlik!
[5] Daarom moet julle jul nie so baie daaroor verwonder dat die ou profete baie dikwels groot tekens verrig het nie. Want as suiwer mense het hulle uit hulself netso min enige teken gedoen as wat julle ooit egte tekens gedoen het; maar omdat hulle deur hulle suiwer lewenswandel gereeld al van jongs af aan vol was met God se Gees, verrig hierdie almagtige Gees die groot wondertekens, en hierdie Gees vervul ook hulle harte met die lig van alle Wysheid uit God, en as hulle dan vanuit die Wysheid tot die volk spreek, was dit nie meer die woord van `n mens nie, maar die Woord van God.
[6] Omdat ek egter, soos nog enkele ander mense wat hier aanwesig is, ook so van die gees en die wil van God vervul is, moet alles gebeur wat God se wil in my wil, en niks kan hom teen my verset nie. As ek hierdie hele aarde sou wil vernietig en volledig sou wil verwoes, dan sou dit, as ek dit ernstig sou wil, en dit net so seker sou slaag as wat ek nou sal slaag, om die gunter aan die taamlike verafgeleë gebergte na vore stekende groot rots oombliklik te vernietig.
[7] Kyk daar tussen middernag en môre is die sterk vooruitstekende rots, waarvan die vernietiging niemand enige skade sal berokken nie, omdat hy vir die besitters van die berg met sy bosse tog meer nadeel as voordeel het. Ek wil, - en sien, die rots bestaan nie meer nie! Sy hele massa bevind hom nou al ongeveer duisend dagreise hiervandaan in die diepte van `n groot see!”
[8] Die fariseërs sê verbluf: “Maar ons het hom nie omhoog sien gaan en deur die lug vlieg nie!”
[9] RafaEl sê: “Julle het tog ook nie hierdie boom langsaam uit die grond sien opgroei nie! Wat God se Gees wil, geskied netsoos Hy dit wil; want tyd en ruimte tel nie by Hom nie. As Hy egter wil dat alles na mekaar in die tyd gebeur, netsoos julle dit in die natuur van die dinge van hierdie aarde sien, dan gebeur dit ook netsoos Hy dit wil; want sowel tyd as ruimte is ook dinge wat altyd en ewig voortkom uit Sy wil en uit Sy orde!
[10] Die seder groei volgens Sy wil dikwels vele honderde jare voordat sy haar grootste hoogte en omvang bereik, `n klawerplant is in `n paar dae volgroeid; as jy egter die bliksem uit `n wolk sien skiet dan het hy baie weinig tyd nodig om die aarde te bereik, en so sien julle dat alle dinge vir die Gees van God moontlik is. - Begryp julle nou iets daarvan?”
[11] Die nog altyd baie verblufte fariseërs sê: “Ja, ja, ons begryp dit nou goed, vir sover mense met ons ou blindheid dit kan; maar die ontsaglike snelheid van uitwerking van die goddelike wil in die mens, netsoos nou in jou, sal ons wel nooit begryp nie! Die hier en daar op dieselfde oomblik, dit sal die menslike verstand nooit begryp nie, ook al is dit hoe verlig.”
[12] RafaEl sê: “Waarom dan wel nie? Kan julle jul byvoorbeeld nie nou oombliklik in gedagtes na julle wonings verplaas nie?”
[13] Een fariseër sê: “O ja, dit wel, - maar natuurlik sonder die aller geringste uitwerking!”
[14] RafaEl sê: “Seker so, omdat julle nie één is met die alles vervullende, alles deurdringende en oral werkende Gees uit God nie! Hierdie gees rus weliswaar in die binneste sentrum van julle siel, maar hy is daar nog heeltemal geïsoleerd van die algemene gees, omdat hy deur julle te geringe liefde tot God ook `n veel te geringe voeding kry. Daardeur kan die gees hom nie in die siel uitbrei en haar deurdring en hom so deur julle hele wese uitbrei nie, dit wil sê nie ruimtelik nie, maar in die sfeer van die wil, wat in hom netso goed aanwesig is as in God Self, deur Wie hy as `n onverwoesbare lewensvonkie in die hart van die siel gelê word.
[15] In die sfeer van die wil uitbrei beteken egter, dat die siel self haar wil volledig ondergeskik maak aan die erkende wil van God en hom vrywillig heeltemal deur hom laat beheer.
[16] As dit so is dat `n siel haar as te ware van buite af deur die herken en noukeurig opgevolgde wil van God tot in haar binnenste laat deurdring, dan wek sy die gees uit God, wat in die binnenste van die siel rus en sluimer. Hierdie verenig hom dan terstond met die aan hom gelyke wilsgees, wat die hele siel deurdring het en wat die eintlike gees van God is, en is dan in alles één met hom, netsoos God dit - maar dan in `n veel hoër graad - ook is en bly, as te ware netsoos die een oog één is met die ander, hoewel by `n mens die een oog ook altyd skerper en makliker sien as die ander.
[17] As die mens dit sover gebring het, dan is die gedagte waarmee hy hom selfs na die verste verwyderde oord verplaas het, geen leë gedagte sonder uitwerking nie, maar hy verplaas die hele wese van so `n volmaakte mens, wat alles tot stand kan bring, geestelik na die plek. Hy sien, hoor en verneem alles, omdat sy met die eindelose wilsgees alles deurdring en beheers, sonder om ook maar `n oomblik haar individuele selfstandigheid daardeur te verloor. Omdat sy egter alles deurdring en beheers, kan sy ook as gedagte, wat met die ware gees van God vervul is, alles binne één oomblik tot stand bring wat die volmaakte mens wil.
[18] Maar solank die mens hierdie saligste en enige ware lewenstoestand nie bereik het nie, kan hy sy gedagtes en idees slegs deur sy ledemate op die een of ander wyse onvolmaak verwesenlik, en dit maar net volgens die wette van die natuur, wat homself in die oordeel bevind. Die gedagte op sigself is egter niks anders nie as jou spieëlbeeld - sonder wese, sonder krag en sonder enige mag. Maar dit sê jy tog dat jy jou daarmee oombliklik selfs in die mees ver weg geleë plek kan bevind, ook al is dit dan, netsoos reeds uitgelê, sonder enige uitwerking.
[19] Jy sal nou goed begryp hoe dit vir my moontlik was om die rots daar van die taamlike verre gebergte los te maak en in die diepte van `n baie ver geleë see te laat sink!
[20] Ek het die teken egter nie verrig om julle vrees vir ons aan te jaag of julle te dwing tot die aanneem van `n nuwe leer, wat eintlik wel die oudste leer op aarde is nie, maar ek het die teken maar net gedoen om julle die regte weg te wys tot die verkryging van die ware en volmaakte lewenskrag uit God, waarsonder die mens in sy siel as byna volkome dood te beskou is, totdat hy op die wyse wat ek jou vertel het, volledig één geword het met die wil van God.”
|
|
|
|
|