|
Die Groot Evangelie van Johannes - Boek 7 JACOB LORBER - AFRIKAANS
Hoofstuk 69
|
Spring: |
1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 8, 9, 10, 11, 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, 21, 22, 23, 24, 25, 26, 27, 28, 29, 30, 31, 32, 33, 34, 35, 36, 37, 38, 39, 40, 41, 42, 43, 44, 45, 46, 47, 48, 49, 50, 51, 52, 53, 54, 55, 56, 57, 58, 59, 60, 61, 62, 63, 64, 65, 66, 67, 68, 69, 70, 71, 72, 73, 74, 75, 76, 77, 78, 79, 80, 81, 82, 83, 84, 85, 86, 87, 88, 89, 90, 91, 92, 93, 94, 95, 96, 97, 98, 99, 100, 101, 102, 103, 104, 105, 106, 107, 108, 109, 110, 111, 112, 113, 114, 115, 116, 117, 118, 119, 120, 121, 122, 123, 124, 125, 126, 127, 128, 129, 130, 131, 132, 133, 134, 135, 136, 137, 138, 139, 140, 141, 142, 143, 144, 145, 146, 147, 148, 149, 150, 151, 152, 153, 154, 155, 156, 157, 158, 159, 160, 161, 162, 163, 164, 165, 166, 167, 168, 169, 170, 171, 172, 173, 174, 175, 176, 177, 178, 179, 180, 181, 182, 183, 184, 185, 186, 187, 188, 189, 190, 191, 192, 193, 194, 195, 196, 197, 198, 199, 200, 201, 202, 203, 204, 205, 206, 207, 208, 209, 210, 211, 212, 213, 214, 215, 216, 217, 218, 219, 220, 221, 222, 223, 224, 225, 226, 227, 228, 229, 230. |
|
|
Die mag van die engele. Verhouding tussen gees en siel. Wedergeboorte
69 Die engel sê: “Ek het jou immers al gesê dat dit maar net deur die standvastigheid van ons wil gebeur, en dat alle materie niks anders is as die standvastige wil van die Gees van God nie, hoe verskillend die materie ook al vir jou daar mag uitsien; want die verskillende stowwe van die materie en die elemente waaruit hulle vir jou oë blyk te ontstaan het en bestaan, is ons gedagtes. Hulle vorms en kleure is die idees wat uit ons gedagtes gevorm is. Hul doelmatigheid is ons denkbeelde wat uit die idees ontwikkel is, en die bereik van `n hoër geestelike doel vir alles wat nou materie is, is ons oogmerk, waaruit die gelukkige einddoel van alle materie sal voortkom.
[2] Daarom is `n ware en werklike bestaan maar net by ons ewig onsterflike geeste aanwesig, en die bestaan van die materie is maar net iets wat suiwer deur ons tot stand kom en elke oomblik van ons afhanklik is, netsoos wat jy dit nou baie duidelik met hierdie klip moes waargeneem het. Maar jy het die wolkie nog in jou hand en kyk, ek sal dit weer met die volle vashoudendheid van my wil vervul, dan sal jy die klip van netnou weer in jou hand hê!”
[3] Die engel doen dit en in die hand van die Romein verskyn weer die ou, harde en swaar klip van voorheen.
[4] Dit maak op die Romein `n nog geweldiger indruk en hy sê aan die engel (die Romein): “Hierdie klip bly vir my `n waardevolle klip, ter herinnering aan wat hier so wonderbaarlik voorgeval het! Maar nou nog `n vraag! Kyk, in my woon tog ook `n siel, en daarin bevind hom volgens julle leer `n gees wat geheel gelykwaardig is aan die van jou! Waarom kan ek dan nie deur my gees ook doen wat jy as gees kan doen nie?”
[5] Die engel sê: “Omdat jou gees nog nie ryp is daarvoor nie en jou innerlike gees nog nie in jou siel oorgegaan het nie! Maar iets doen jou gees tog deur die standvastigheid van jou wil, wat nog vir die siel onbekend is, en dit is die bou en die tydelike instandhouding van jou liggaam. Dit kan jou siel egter nie waarneem nie, netsoos sy ook nie waarneem hoe haar liggaam gebou is nie, omdat haar innerlike, suiwer van die anderkant afkomstige boumeester haar dit nie kan onthul en laat sien nie, omdat sy, netsoos gesê, nog nie ryp is nie.
[6] Die innerlike gees werk weliswaar onafgebroke aan die so vinnig moontlike rypword en volledige vrymaak van die siel, maar hy kan en mag haar nie die minste dwang oplê nie, omdat `n siel op die wyse dan nog stofliker en onvryer sou word as wat sy ooit deur alle invloede van die buitewêreld sou geword het. Daarom word daar aan die siel in haar liggaam `n eie wil en `n eie verstand gegee om haar deur onderrig van buite af daartoe te bring dat sy haarself uit eie vrye wil steeds meer sal losmaak van al die wêreldse, en inkerend na haarself toe, die steeds suiwer wordende geestelike weë betree.
[7] Na gelang die siel die steeds suiwerder geestelike weë daadwerklik bewandel, word in gelyke mate dan ook haar innerlike, suiwer gees van die anderkant één met haar. En as sy haarself deur haar steeds suiwerder geworde verstand en deur haar daardeur ook steeds vryer geworde wil, volledig losmaak van al die wêreldse, dan is sy gelyk aan haar gees en het daarmee één geword, wat ons die geestelike wedergeboorte wil noem, en dan sal sy, wat één geword het met haar gees, ook terwyl hulle nog in die liggaam is, dieselfde kan doen wat ek nou voor jou oë kan doen, omdat my gees één is met my siel.”
|
|
|
|
|